DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႃႄ
Daarna het die proses in alle erns begin om die twee organisasies onder die vaandel
van die voorgestelde organisasie saam te voeg. Dit het besluite oor die vestiging van
die organisasie se kantoor, vestiging van ’n tydskrif, embleem, befondsing, inskakeling
van SAMPI se lede by strukture van georganiseerde landbou, ensovoorts ingesluit.
In
Die Landman
van Januarie 1977 is volledig berig oor die reëlings rakende die nuwe
organisasie. Die berig se eerste sin het gelees: “EENHEID is in die Suid-Afrikaanse
Mieliebedryf bereik!” Elke persoon wat mielies vir bemarking produseer sou op die
vergadering van 31 Januarie 1977 stemgeregtig wees en sou kon stem in die land-
drosdistrik waarin hy/sy gewoon het of waar sy/haar boerderybelange geleë was.
Met die verkiesing van 31 Januarie 1977 het dinge egter begin skeefloop. Die uitslag
daarvan was dat 190 van die afgevaardigdes verteenwoordigers van SAMPI was en
slegs 150 van SAMSO, wat beteken het dat SAMPI die meerderheidstem op die Kon-
gres sou kon uitoefen. Dit was oënskynlik nie vir SAMSO aanvaarbaar nie, aangesien
laasgenoemde daarna probeer het om te bewerkstellig dat die koöperasies ook met
stemreg op die Kongres verteenwoordig kon word. Dít was weer nie vir SAMPI aan-
vaarbaar nie, omdat SAMPI se uitgangspunt van die begin af was dat alleen die mie-
lieprodusente oor mieliesake moet besluit.
Hierdie verskille het weer eens heftige dispute tussen SAMPI en SAMSO tot gevolg
gehad, omdat SAMPI aangevoer het dat volgens die ooreenkoms tussen die par-
tye slegs produsente stemreg op die Kongres sou kry. SAMSO het volgehou met
sy weiering om te aanvaar en erken dat dit die terme van die ooreenkoms was.
Uiteindelik het dit daartoe gelei dat SAMSO eensydig besluit het om alle verdere
samesprekings met SAMPI op te skort.
SAMPI het heftig beswaar aangeteken en verskeie pogings aangewend om die
proses te red. Dit was nie suksesvol nie en SAMPI het hom by twee geleenthede op
minister Schoeman beroep om die saak te beredder. Hy was egter nie bereid om
weer betrokke te raak nie. Die onverkwiklike rusie tussen die twee organisasies het
dus voortgeduur, selfs deur middel van hofsake teen mekaar.
Heffing vir SALU
Intussen het SAMPI insette gelewer op die aanbevelings van die Kommissie van
Ondersoek na die Bemarkingswet van 1977. SAMPI het self ook aanbevelings
voorgelê oor verskeie sake rakende die samestelling en funksies van die Mielieraad
en finansiering van SALU, maar sonder enige sukses. SAMPI het, onder andere,
’n vergadering met minister Schoeman gehou oor die instelling van ’n heffing om
SALU te finansier. Die Minister het onderneem dat sodanige heffing nie ingestel
sou word alvorens eenheid in die mieliebedryf bereik is nie.
Hierdie spotprent uit Die Landman (Maart
1979) sinspeel op SAMPI wat die 1977-ver-
kiesing gewen het – wat toe op niks uit-
geloop het nie, want SAMSO wou steeds
die septer swaai, ten spyte daarvan dat
SAMPI die verkiesing gewen het en finan-
sieel onafhanklik was, terwyl SAMSO van
statutêre heffings afhanklik was.