8
Terugblik en strategiese oogmerke
Review and strategic objectives
Operational review
bedryfsoorsig
Market information
The better the information possessed by market participants, the more transparent the market is and
the better the free market will function. Grain SA spends a considerable amount of time in preparing
and interpreting information so that our economists can provide an independent, objective opinion in
this regard. We do not take a stand, and information is based on free-market principles. An early-
morning and late-afternoon market report supports the timeousness of the market information that
is provided to producers in real time.
Producers are not the only party that benefits from Grain SA’s income and cost analyses for grain. The
Organisation’s production and input cost estimates are used by various role-players in the grain value
chain to make informed decisions. The grain value chain includes the following parties:
Researchers, research institutions and extension officers.
Input providers.
Financial institutions.
The Department of Agriculture, Forestry and Fisheries.
Agricultural businesses.
Insurance companies.
Grain traders.
Markinligting
Hoe beter die inligting waaroor markdeelnemers beskik, hoe deursigtiger is die mark en hoe beter
gaan die vrye mark funksioneer. Graan SA spandeer heelwat tyd aan voorbereiding en interpretasie
van inligting sodat ons ekonome ‘n onafhanklike, objektiewe opinie hieroor kan verskaf. Ons neem nie
ʼn posisie in nie en inligting word geskoei op die grondbeginsels van die vrye mark. ʼn Vroegoggend-
en laatmiddag markverslag ondersteun die tydigheid van die markinligting wat intyds aan produsente
verskaf word.
Produsente is nie die enigste party wat voordeel trek uit Graan SA se inkomste- en koste-analises vir
grane nie. Die organisasie se produksie- en insetkosteberamings word deur verskeie rolspelers in die
graanwaardeketting gebruik om ingeligte besluite te maak. Laasgenoemde sluit die volgende partye in:
Navorsers, navorsingsinstellings en voorligtingsbeamptes.
Insetverskaffers.
Finansiële instellings.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
Landboubesighede.
Versekeringsmaatskappye.
Graanhandelaars.
Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het die afgelope twee seisoene hul geloofwaardigheid
bewys. Die NOK het die toets van die tyd deurstaan, met die akkuraatheid van hul skatting oor
die afgelope seisoene.
Hoewel die Safex vervoerdifferensiaal die vermoë het om produsente te verdeel, poog Graan SA steeds om
die mark meer deursigtig te maak. In die afgelope jaar het ons die prosesse getoets om ‘n meer gebalan-
seerde koper/verkoper-platform te skep. Die JSE se besluit dat die status quo gehandhaaf word in soverre
dit die vervoerdifferensiaal aangaan, noop die bedryf om die fokus te verskuif na die basisverhandeling van
grane en hoër logistieke doeltreffendheid om groter deursigtigheid in die mark te bewerkstellig.
Uitbreiding van die vraag-kant
Ten spyte van heelwat kritiek en skeptisisme oor gebrekkige infrastruktuur in die land in terme van
vervoer en hawegeriewe, kon meer as 2 miljoen ton graan per jaar oor die afgelope drie jaar uitgevoer
word (
Grafiek 1
). Dit is ‘n pluimpie vir die handel en die operateurs wat vervoer en hawegeriewe bedryf
en dit maak ‘n integrale deel uit van voedselsekerheid.
Met Japan, Taiwan, Mexiko en Suid-Korea as die grootste kopers van Suid-Afrikaanse graan gedurende
die verslagjaar, is die plaaslike bedryf besig om strategies ‘n betroubare verskaffer van voedsel te word
vir lande wat graan invoer. Nuwegenerasie-ekonomieë wat oor ‘n groeiende middelklas beskik, is dus
die toekomstige kopers van ons produkte.
In die afgelope
jaar het ons die
prosesse getoets
om ‘n meer geba-
lanseerde koper/
verkoper-platform
te skep.
1,2,3,4,5,6,7,8,9 11,12,13,14,15,16,17,18,19,20,...168