SA Graan Oktober 2014 - page 96

94
Beheermetodes vir diebekamping
vanaalwurms–voor- ennadele
E
rnstige aalwurmprobleme begin al hoe meer kop uitsteek
by die meerderheid van eenjarige gewasse. Dit is dus van
kardinale belang dat produsente betyds aalwurmbeheer
toepas.
Verskeie strategieë is beskikbaar vir die produsent om aalwurms
op sy lande te kan beheer. Die vernaamste hiervan is chemiese
beheer, biologiese beheer, wisselbou en die gebruik van kultivars
met aalwurmweerstand.
Die voor- ennadele van elk vanhierdie strategieë sal bespreekword
sodat produsente ingeligte besluite kan neem en beheerstrategieë
kies wat vir hom en sy grond die beste kan werk. Kombineer twee
of meer van hierdie strategieë sodat daar altyd ‘n agterdeur oop is
as die een faal. Hoemeer strategieë gekombineer word, hoe groter
is dieprodusent se kans op sukses en ‘ngoeieoes.
Chemiese beheer
Chemiese beheer sluit die gebruik van aalwurmdoders in. Die
voordeel van aalwurmdoders is dat hulle nie spesiespesifiek is nie
en dus al die plantparasiete kan doodmaak. Indien dit reg gebruik
word, kan aalwurmdoders baie effektief wees en dit het al menigte
produsent vanmisoestegered.
Die nadeel van chemiese beheer is dat feitlik alle aalwurmdoders
wat tans op die mark is, rooibandprodukte is. Dit beteken dat
hulle hoogs toksies is en skade aan mens, dier en die omgewing
kan aanrig as dit nie reg gebruik word nie. Ons onvoorspelbare
omgewingstoestande kan ook die werking van chemiese aalwurm-
doders kortwiek. Te veel reën direk ná toediening kan byvoor-
beeld die produk afwas of loog selfs voordat dit kans gekry het om
tewerk.
As chemiese beheer wel gebruik word, is dit belangrik om die
volgende in ag te neem: Die belangrikste is om seker te maak dat
die gekose produk wel op die teikengewas geregistreer is. Die
toediening van só ‘n produk moet tot op die letter uitgevoer word,
sooswat dit opdie etiket aangedui is.
Moenie oor- of onderdoseer nie. As die produsent nie al die reëls
nakom nie, sal potensiële eise nie uitbetaal word nie. Moet ook nie
dieselfde produk of produkte in dieselfde chemiese klas herhaalde-
lik gebruik nie. Dit kan lei tot biologiese afbraak waar mikro-
organismes in die grond die produk baie vinniger begin afbreek
sodat dit niedienormale ses tot agt weke aktief kanwees nie.
Chemiese beheer kan sonder probleme met wisselbou en
weerstandbiedende kultivars gebruik word. As biologiese beheer
ook by ‘n program met chemiese beheer betrek word, moet
die spuitprogram deeglik uitgewerk word om sodoende nie die
biologieseprodukteuit te kanselleer nie.
Biologiese beheer
Biologiese beheer is die gebruik van lewendige organismes om die
aalwurmsmee hok te slaan. Die voordeel verbonde aan die gebruik
van biologiese beheer is dat dit omgewingsvriendelik is enmeestal
nie toksies virmens endier behoort tewees nie.
Die nadeel verbonde aan biologiese beheer is dat dit minstens vyf
jaar neem voordat daar beduidende resultate is. Die rede hiervoor
is dat die organismes in die produk eers kans moet kry om in die
grond te vestig en aan te teel. Indien die omstandighede nie vir die
organismes optimaal is nie, sal die biologiese produk nie effektief
werk nie.
As biologiese beheer in ‘n aalwurmbeheerprogram ingesluit word,
moet daar op die volgende gelet word: Die produk bevat lewendige
organismes. Hulle moet dus op ‘n spesifieke manier gestoor word
en moenie in die son lê nie. Maak seker dat al die vereistes vir die
storing engebruik vandieproduk nagekomword.
Biologiese beheer kan baie maklik met wisselbou en weerstand-
biedende kultivars gekombineer word. Indien chemiese beheer
ook saammet biologiese beheer gebruik word, maak seker watter
organisme in die produk is. Indien die biologiese produk byvoor-
beeld ‘n fungus bevat, kan daar nie ‘n fungisied gespuit word nie
aangesien dit die organisme sal doodmaak. Werk net die chemiese
spuitprogram baie deeglik uit as dit wel met die biologiese beheer
gekombineerword.
Wisselbou
Wisselbou is en bly een van die belangrikste praktyke wat ‘n
produsent kan toepas as dit in sy gebied haalbaar is. Nie net beheer
dit siektes en plae nie, maar party gewasse kan ‘n opvolggewas
bevoordeel in terme vanopbrengste endiesmeer.Wisselbou is dus
altyd voordelig.
Die enigste nadeel aan wisselbou verbonde is dat as dit spesifiek
gebruik word om byvoorbeeld aalwurms te beheer, gaan dit oor
die kultivar, nie die gewas nie. Kultivars binne-in ‘n gewas het ver-
skeie vlakke van weerstand teen spesifieke aalwurms. As wissel-
bou dus spesifiek ingespanword om aalwurms te beheer, moet die
regte kultivar aangewendword om ‘n spesifieke aalwurm onder be-
heer te kan kry. Wisselbou kan met enigeen van die strategieë
gekombineerword.
Weerstandbiedende kultivars
As daar weerstandbiedende kultivars beskikbaar is, is dit een van
die effektiefste maniere waarop aalwurms beheer kan word. Die
prys van so ‘n kultivar verskil nie veel van dié van ander kultivars
nie. Met weerstandbiedende kultivars kan ‘n produsent dus die
aalwurmpopulasiebeheer sonder veel addisionele koste.
Die nadeel van weerstandbiedende kultivars is dat dit nie altyd
beskikbaar is nie. Indien daar wel ‘n weerstandbiedende kultivar
beskikbaar is, is dit meestal net vir ‘n spesifieke aalwurmspesie
weerstandbiedend. As ‘n produsent hierdie strategie wil insluit, is
dit belangrik dat hy presies moet weet wat in sy lande aangaan en
watter aalwurmspesiebyhomdie sondebok is.
Weerstandbiedende kultivars loop hand aan hand met wisselbou
en kan ook sonder probleme met biologiese en chemiese beheer
gekombineerword.
Vir enigenavrae, kontakgerusdrSoniaSteenkampby
083 452 5926of
.
OP PLAASVLAK
Aalwurms / Beheermetodes / Strategieë
Geïntegreerdeplaagbeheer
SONIASTEENKAMP,
LNR-Instituut vir Graangewasse
Oktober 2014
1...,86,87,88,89,90,91,92,93,94,95 97,98,99,100,101,102,103,104,105,106,...124
Powered by FlippingBook