SA Graan Oktober 2014 - page 102

100
Blaarvoeding:
Werkdit of nie?
P
lantvoedingskundiges het nog altyd geglo deur bemesting-
stowwe aan die grond toe te dien, die enigstemanier is om
plante te voed.
Die feit dat blaarvoeding die afgelope tien jaar sterk na vore gekom
het as alternatiewe metode om plante te voed, laat ‘n mens twee
keer dink of dit die enigste metode is. Ag-Chem Africa is aan die
voorpunt met die ontwikkeling van blaarvoedings om elke gewas te
kan voorsien in sybehoefte.
Dat blaarvoeding goed werk, is daar geen twyfel oor nie, maar die
effektiwiteit daarvanworddeur verskeie faktorebeïnvloed.
Waarom spuit ek ‘n blaarvoeding?
Die besluit om jou gewas te blaarvoed word hoofsaaklik deur die
volgende faktorebepaal:
Eerstens blaarvoed ‘nmens om jouplant of gewas te onderhou,
met anderwoorde vir onderhoudsvoeding. Onderhoudsvoeding
het net eendoel voor oë endit is om fotosintese teoptimaliseer.
Die proses van fotosintese benodig sekere voedingselemente
om te kan funksioneer, daarom is blaarvoeding met hierdie
essensiële elemente sobelangrik.
Indien grondontledings enige wanbalanse of tekorte van
voedingselemente uitwys, is blaarvoeding geweldig belangrik
om hierdie akute tekorte of wanbalanse binne die plant aan te
spreek. Blaarvoeding onder hierdie toestande bied ‘n vinnige,
dog tydelikeoplossing.
Antagonisme van voedingselemente in die grondoplossing
kom baie meer voor as wat aanvanklik gedink word. Volgens
dieMulder’s Kaart is dit duidelik dat daar antagonisme sowel as
sinergisme tussen die essensiële plantvoedingselemente binne
die grondoplossing bestaan. ‘n Blaarvoeding is ‘n gerieflike
oplossing.
Die pH van gronde is sekerlik een van die belangrikste
grondparameters wat die opname van plantvoedingselemente
bepaal. Indien die grond pH te hoog of te laag (alkalies of suur)
is, word die opname van sekere plantvoedingselemente nadelig
beïnvloed.
Die manipulasie van fenologie. Blaarvoeding word met groot
suksesaangewendomdie fenologiese stadiavan seker gewasse
temanipuleer. Kykmaar nadie sukses vanureumbespuitings op
sitrus omblom-inisiasie tebevorder.
Plante se wortels neem voedingselemente, water en suurstof
op en indien daar enige probleme met die wortels, soos plant-
siektes, versuiping, verdigtegrondlaeof nematodes voorkom, is
blaarvoeding ‘ngerieflikemetodeomplante te voed.
Navorsing het bewys dat blaarvoeding opbrengsverhogings
asook verhoogdegewaskwaliteit teweegbring.
Die regte formulering vir die regte doel
Die keuse van die tipe formulering wat gebruik gaan word, word
bepaal deur die doel waarvoor die blaarvoeding aangewend word.
Metanderwoorde, isditnetonderhoudsvoedingof ‘nvoedingstekort
wat vinnigopgehefmoet word?
Daar is gewoonlik drie hoofformulerings wat gebruik word. Ag-
Chem Africa het ‘n reeks produkte in verskeie formulerings wat
geskik is vir allegewasse.
Sulfate, nitrate en chloriedes
Sulfate, nitrate en chloriedes is anorganiese soute, is wateroplos-
baar en staan ook bekend as “soute” of
straights
. Dit is gewone
wateroplosbare bemestingstowwe, bestaande uit katione en
anione, wat ook as blaarvoeding aangewend word. Hierdie groep
blaarvoedings is gewoonlik hoog in elementinhoud. Verder word
die elemente in hierdie formulerings relatief maklik opgeneem,
hoofsaaklik as gevolg van die hoë konsentrasie. Ag-Chem se reeks
vanprodukte is ondermeer dieUltra-, Easygro- enVoema-reeks.
Chelate/komplekse
Chelasie is die proses waar die ladings van veral divalent katione
geneutraliseer wordmet ‘n ander molekuul – gewoonlik aminosure
of suikersure.Dit veroorsaakdatdiebetrokke
gecheleerde katioon geen lading het nie
en baie vinniger deur die plant opgeneem
kanword.
‘n Verdere voordeel van hierdie formulering
is dat die gecheleerde katione niemet ander
aktiewe bestanddele binne die spuittenk
meng nie en dit daarom ‘n baie veilige en
verenigbare formulering maak. Ag-Chem se
reeks van produkte sluit in die Voema-, Pro
Nu-Tech- enGluco-reeks.
Oksiedes
Oksiedes as blaarvoeding het die afgelope
paar jaar sterk na vore getree, hoofsaaklik
as gevolg van die baie lae gevaar van
fitotoksisiteit en ook die hoë lading in
elemente. Oksiedes word gewoonlik gefor-
muleer as suspensiekonsentrate. Hier het
Ag-Chem die SC-reeks, wat byvoorbeeld
insluit ZincSC enSulfosoil.
Kontak gerus jou naaste Ag-Chem-ver-
spreider om aan jou die regte gewaspro-
gram en produk te kan voorskryf wat jou
kondisies en sak sal pas.
OP PLAASVLAK
Bemesting
Produk-inligting
HENNIEDUPLESSIS,
tegniese bemarkingsbestuurder, Ag-Chem
Enkele vanAg-Chem seprodukte.
Oktober 2014
1...,92,93,94,95,96,97,98,99,100,101 103,104,105,106,107,108,109,110,111,112,...124
Powered by FlippingBook