92
          
        
        
          Voorts behoort slegs die volle, geregistreerde dosisse van die
        
        
          onderskeieprodukte toegedien teword soos dit aanbeveel word.
        
        
          Dit is verder ook belangrik om daarop te let dat alle geregistreer-
        
        
          de aalwurmdoders net voor en/of tydens die plant van mielies
        
        
          toegedien mag word. Geen regstellende aalwurmbeheer deur ge-
        
        
          bruik temaak van geregistreerde aalwurmdoders is dus wetlik toe-
        
        
          laatbaar nie.
        
        
          Dit was interessant dat mieliegewasse waarop daar geen aal-
        
        
          wurmdoders gebruik is tydens die afgelope seisoen nie en wat
        
        
          ingesluit was in hierdie aalwurmopname, die hoogste getalle
        
        
          knopwortel- en letselaalwurms gehadhet.
        
        
          Daar was egter ook mieliegewasse waarop geregistreerde aal-
        
        
          wurmdoders toegedien is wat steeds hoë knop- en letselaal-
        
        
          wurmgetalle getoon het. Hierdie verskynsel bevestig weer eens
        
        
          dat aalwurmdoders nie altyd effektief is nie as gevolg van ver-
        
        
          skeie faktore, byvoorbeeld omgewingstoestande, ‘n té hoë aal-
        
        
          wurmpopulasie aan die begin van die seisoen, die biologiese
        
        
          afbreking van die aktiewe bestanddeel (bestanddele) van chemiese
        
        
          aalwurmdoders wat aan dieselfde klas behoort en oor en oor op
        
        
          dieselfdegrondgebruikword, en ander.
        
        
          Produsente moet dus bewus wees hiervan en ander alternatiewe
        
        
          ook oorweegom aalwurmpesteonder beheer tehou. Dit sluit onder
        
        
          andere wisselbou in en die plant van kultivars wat swak gashere
        
        
          is vir byvoorbeeld die knopwortelaalwurmspesie wat in ‘n spesi-
        
        
          fieke land teenwoordig is. Die beheer van plantparasitiese aal-
        
        
          wurms word egter in meer detail in ‘n tweede artikel wat ook in
        
        
          hierdie uitgawe van
        
        
          
            SA Graan/Grain
          
        
        
          (bladsy 94) gepubliseer is,
        
        
          bespreek.
        
        
          Aanbevelings en voorstelle
        
        
          Dit is baie belangrik om te onthou dat die bevolkingsvlakke van
        
        
          plantparasitiese aalwurms van een plantseisoen na ‘n volgende kan
        
        
          wissel.  Tydens een seisoen kanplantparasitieseaalwurms ‘nprodu-
        
        
          sent groot skadeberokken, terwyl dit niedie volgende jaar diegeval
        
        
          hoef te wees nie. Die aalwurmgetalle wat byvoorbeeld gedurende
        
        
          hierdie opname aangeteken is, sal dus nie noodwendig dié wees
        
        
          wat indie volgende seisoen indiegrond teenwoordig sal wees nie.
        
        
          Lae wintertemperature, die teenwoordigheid van onkruid op die
        
        
          lande deur die winter asook die aanplant van wintergewasse is
        
        
          byvoorbeeld van die faktore wat die oorlewing, vermindering of
        
        
          vermeerdering van plantparasitiese aalwurms in landbougrond
        
        
          beïnvloed.
        
        
          Verskeie laboratoriums wat opgeleide personeel het en waar
        
        
          aalwurmontledings gedoen kan word, is in
        
        
          
            Tabel 2
          
        
        
          aangedui. Só ‘n
        
        
          nematoloog wat aanbevelings doen ten opsigte van beheermaat-
        
        
          reëls met betrekking tot plantparasitiese aalwurmbesmettings in
        
        
          verskeie gewasse, moet geregistreer wees by die Suid-Afrikaanse
        
        
          Raad vir NatuurwetenskaplikeProfessies (SARNAP).
        
        
          Opgeleide en ervare nematoloë behoort wel redelike akkurate voor-
        
        
          spellings en aanbevelings aan produsente in ‘n komende seisoen
        
        
          te kan doen om aalwurmprobleme die hoof te bied. Korrekte aal-
        
        
          wurmmonsterneming is egter van uiterste belang vir sulke aan-
        
        
          bevelings.
        
        
          Ter afsluiting kan dit nie genoeg benadruk word dat voortdurende
        
        
          samewerking tussen nematoloë (plaaslik en internasionaal), in-
        
        
          dustrieë (chemiese en saadmaatskappye) en produsente behoort te
        
        
          bestaan om aalwurmpeste wat mielies en ander wisselbougewas-
        
        
          se (soos aartappels, sojabone, sonneblom, grondbone, koring en
        
        
          ander) aanval enbeskadig, temonitor en vroegtydig tebeheer nie.
        
        
          Befondsingvir sulkenavorsingbehoort prioriteit tegeniet aangesien
        
        
          hierdiemikroskopiese klein organismes stilwegmielie-oeste en dié
        
        
          van ander gewasse knou.
        
        
          Vir verdere inligting ennavrae, kontakSoniaSteenkampby
        
        
          083 452 5926of
        
        
        
        
           Driekie
        
        
          Fourieby 018 293 3683of
        
        
          
            driekie.fourie@nwu.
          
        
        
          
            ac.za
          
        
        
          ; ofMarethaPretorius by 076 331 3868of
        
        
        
        
          AALWURMPESTE:
        
        
          Die sondebokkewatmielie-oeste...
        
        
          
            Figuur 1: Strekewaar diemielieopnamegedoen is.
          
        
        
          
            OP PLAASVLAK
          
        
        
          Geïntegreerdeplaagbeheer
        
        
          
            Oktober 2014