SA Graan Oktober 2014 - page 105

‘nBlik opdie kwaliteit vandie
2012/2013-sonneblomoes
D
ie 2012/2013-oesopname is die eerste van sy soort vir
sonneblomsade en is uitgevoer deur die Suider-Afrikaan-
se Graanlaboratorium (SAGL) met die doel om kwaliteits-
data van die kommersiële sonneblomoes op ‘n nasionale
vlak te versamel. Hierdie data kan gebruik word om onder meer
tendense oor seisoene en kwaliteitsverskille tussen produksiege-
biedeuit tewys.
Vir oeskwaliteitsdoeleindes is Suid-Afrika verdeel in 36 produksie-
streke en die resultate word as gemiddeldes per streek gerappor-
teer. Die behoefte bestaan egter ook dat resultate op provinsiale
vlak gerapporteer word; die streeksamestelling volgens provinsie
is dus soos volg: Streke 1 tot 6 vorm deel van die Wes-Kaap waar
geen sonneblom verbouword nie – kanola is hier die hoofoliesaad-
kommoditeit. Streke 7 en 8 verteenwoordig dieOos-Kaap en streke
10 en 11 die Noord-Kaapse besproeiingsgebiede. Die Noordwes
Provinsiebestaanuit streke14 tot 20endieVrystaat uit streke21 tot
28. Streke 29 tot 33 is in Mpumalanga, streek 34 in Gauteng, 35 in
Limpopo en 36 inKwaZulu-Natal.
Die Vrystaat het 53% en die Noordwes Provinsie 30% bygedra
tot die totale plaaslike oes van die 557 000 ton sonneblomme wat
op 504 700 hektaar aangeplant is teen ‘n gemiddelde opbrengs van
1,10 ton/ha.
Gedurende die oesseisoen word ‘n verteenwoordigende monster
van elke lewering by die silo’s geneem volgens die bepaalde
graderingsregulasies. ‘nVerteenwoordigendemonster van elke klas
en graad per silo word verkry en na die SAGL gestuur. In totaal is
152 monsters, wat die sonneblomoes proporsioneel verteenwoor-
dig, soos gebaseer op die Oesskattingskomitee se syfers, deur die
SAGL gegradeer engeanaliseer.
103
October 2014
JOLANDANORTJÉ,
bestuurder: Laboratorium, Suider-AfrikaanseGraanlaboratorium
OPPLAASVLAK
Kwaliteit
Sonneblomoes / Kwaliteitsopname /Gradeer /Analiseer
Grafiek 1: Diegemiddeldepersentasie sifsels per provinsie.
Grafiek 2: Diegemiddeldepersentasie vreemde voorwerpeper provinsie.
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,95,96,97,98,99,100,101,102,103,104 106,107,108,109,110,111,112,113,114,115,...124
Powered by FlippingBook