SA Graan Oktober 2014 - page 101

Voorbereidingvir die
grondboonplantseisoen inperspektief
E
lke seisoen bring sy eie uitdagings en vir grondbone is
geen seisoen dieselfde nie. Daar is wel sekere stappe wat
dieselfdebly, veral wanneer dit bydie voorbereiding kom vir
‘n komende seisoen van aanplanting.
Die belangrikste van almal is die keuse van die land waarop
grondbone aangeplant gaan word. Menige navraag word gedoen
oor wat reg en verkeerd is en daarom is dit nodig om net weer
hersiening tedoen.
Grondbone hou van sanderige grond. Jy kan selfs waag om op ‘n
sand-leem grond te plant, maar wees versigtig dat die grond nie
toeslaan en ontkieming kan belemmer en selfs later in die seisoen
anker-penetrasie kanbemoeilik nie.
Wisselbou is die wagwoord! Waak egter teen drie-gewas-wissel-
boustelsels. Baie produsente dink dat as daar net ‘n drie-gewas-
stelsel is, waar grondbone afgewissel word met mielies en koring,
sal dit tel as ‘n voldoende wisselboustelsel. Dit is die gevaarlikste
denkwyse, aangesien hierdie tipe stelsel groot probleme veroor-
saak in die vorm van siektebeheer asook onkruidbeheerprobleme.
Die geskikste wisselboustelsel is ‘n drie tot vier jaar somergewas-
wisselboustelsel waar grondbone dus eers ná drie tot vier jaar weer
op ‘n spesifieke land aangeplant kanword.
Kennis van watter onkruiddoders die vorige seisoen op daardie
gekose landgebruik is, isook vanuiterstebelangaangesienmiddels
met langnawerkingstydperke, soosAtraziene, ‘ngroot impak het op
grondboonopbrengste.
Grondontledings is net so belangrik aangesien dit nodig is om
te weet wat in die grond aangaan. By grondbone moet in gedag-
te gehouword dat voedingstowwewat in die vorige seisoen uit die
bogrond geloog het, gebruik gaan word deur die grondbone in die
komende seisoen.
Grondbone reageer nie goed op nuutgeplaaste kunsmis nie
aangesien die wortelstelsel van so ‘n aard is dat grondbone hul
voedingstowwe vanuit die laer grondvlakke opneem. Neem ook
kennis dat indien daar vir ‘n stikstofproduserende plant stikstof
toegedien word, dit die plant negatief beïnvloed in die sin dat dit
die vorming van nitrifiserende bakterieë teenwerk en dus die plant
“lui”maak.
Slegs in gevalle waar grondontledings toon dat daar feitlik geen
beskikbare stikstof is nie, kan daar wel gekyk word na ligte stik-
stoftoedienings van 20 kg/ha. Die belangrikste aspek by grondbone
om in gedagte te hou, is die toediening van kalsium in die vorm
van gips. Dit is die ruggraat van goeie peulvorming, sterk peule
asook goeie kwaliteit pitte. Die algemene aanbeveling vir Spaanse
tipe grondbone is 400 kg/ha - 600 kg/ha, breedwerpig toegedien
met planttyd.
Die toegediende gips moet ook nie ingewerk word ná toediening
nie, aangesien die kalsium beskikbaar moet wees binne die eerste
10 cm van die bogrond waar dit direk deur die peulwand opge-
neemword.
Grondvoorbereiding is volgende op die lys. Daar word menigmale
gevra of grondbone wel binne ‘n minimumbewerkingsisteem
ingebring kan word. Die antwoord op hierdie vraag is tweeledig.
Daar isvoorstandersvanminimumbewerkingsowel as teenstanders,
maar by grondbone moet daar gekyk word na wat geskik is vir
optimaleproduksie.
Los, goed deurligte grond is noodsaaklik om ontkieming te be-
vorder en om anker-penetrasie te bewerkstellig. Aangesien grond-
bone hulle peule onder die grond maak, is dit ook belangrik dat
die grondstruktuur van so ‘n aard moet wees om die uithaal van
grondbone te akkommodeer. Harde en gekompakteerde grond wat
nie losgemaak is deur ‘n ploegaksie nie, is nie bevorderlik vir die
ontwikkeling enoeshantering vangrondbonenie.
Die aankoop van SANSOR gesertifiseerde saad is die finale stap
tot die voorbereiding vir die grondboonseisoen. Hier moet die pro-
dusent sy saad vanaf ‘n betroubare saadverskaffer aanskaf. Maak
seker dat elke sak saad SANSOR-etikette op het en hou boek van
die saadlotte wat aangekoop is. Wees ook bewus van wat die
kiemingspersentasies iswat opdie sakke aangedui is.
Om gemoedsrus te kry, kan daar aan die saadverskaffer ‘n aan-
vraag gemaak word tot ‘n afskrif van die kiemingsertifikate. Dié in-
ligting kan dus saammet die saadetikette gebêre word indien daar
navraag is aangaandediebetrokke saadlot.
Dit is ook wys om ‘n monster van die saadlot te behou vir ingeval
‘n probleem dalk opduik en bewyse gegee moet word van saad-
kwaliteit. Goeie voorbereiding bied die beste wegspringblokke vir
diegrondboonprodusent en is ‘nuiterstenoodsaaklikebeplannings-
fase waardeur die produsent sy wapens gereed kry vir die seisoen
se strydwat voorlê.
Onthou: ‘n Goeie grondboonprodusent se voetspore
lê vanplanttyd tot oestyd in sy lande.
99
October 2014
OPPLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Grondbone / Voorbereiding /Aanplanting / Beplanningsfase
LOUREINE SALOMON,
LNR-Instituut vir Graangewasse
‘nGoeiegrondboonprodusent se voetspore lê vanplanttyd tot oestyd in
sy lande.
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,91,92,93,94,95,96,97,98,99,100 102,103,104,105,106,107,108,109,110,111,...124
Powered by FlippingBook