90
          
        
        
          Die sondebokkewatmielie-oeste stilweg kelder
        
        
          G
        
        
          rond- en wortelmonsters vanaf diemielielande van plaas-
        
        
          like mielieprodusente, wat die afgelope paar jaar na die
        
        
          LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) en die Noord-
        
        
          wes-Universiteit (NWU) gestuur is vir aalwurmontle-
        
        
          dings, het getoondat aalwurmprobleme algemeen enwydverspreid
        
        
          voorkom.
        
        
          Wat aalwurmsimptome inmielies betref, neem produsente gereeld
        
        
          waar dat daar kolle in mielielande is waar die plante nie optimaal
        
        
          groei nie en dikwels ook vergeel en verdwerg is (
        
        
          
            Foto 1
          
        
        
          ). Sulke
        
        
          swak kolle inmielielande is gewoonlik nie baie groot nie, maar kan
        
        
          vergroot in opeenvolgende seisoene indien geen aalwurmbeheer
        
        
          toegepaswordnie.
        
        
          Die teenwoordigheid van duidelik sigbare knoppe (
        
        
          
            Foto 2
          
        
        
          ) wat
        
        
          deur die voeding van knopwortelaalwurms veroorsaak word, is ‘n
        
        
          simptoomwat toenemendwaarneembaar isopmieliewortels tydens
        
        
          die afgelope dekade. Gekombineerd hiermee, word die voorkoms
        
        
          van abnormalewortelstelsels wat min, stomp of verdikte sywortels
        
        
          het, ook toenemendopgemerk (
        
        
          
            Foto 3
          
        
        
          ).
        
        
          Opvolggewasse wat dikwels saammet mielies in ‘n wisselboustel-
        
        
          sel ingesluit word, toon uiteraard dieselfde tendens wat betref die
        
        
          opbou van plantparasitiese aalwurmbevolkings met gevolglike
        
        
          simptome wat daarmee gepaardgaan (
        
        
          
            Foto 4
          
        
        
          en
        
        
          
            Foto
          
        
        
          
            5
          
        
        
          ). Hierdie
        
        
          waarnemings het daartoe gelei dat die LNR-IGG en NWU (in same-
        
        
          werking met Syngenta wat die projek befonds het) ‘n mielieop-
        
        
          name in ‘n groot gedeelte van die mielieproduksiegebied geloods
        
        
          het tydens die afgelope seisoen.
        
        
          Hierdie opname is in die Vrystaat (twaalf streke), Noordwes
        
        
          Provinsie (sewe streke), Noord-Kaap (drie streke) en Mpumalanga
        
        
          (13 streke) gedoen (
        
        
          
            Figuur 1
          
        
        
          ). Grond- en wortelmonsters is op
        
        
          78 mielielande tydens die blomstadium van die gewasse geneem.
        
        
          23 van die lande semielies is onder besproeiing verbou, terwyl die
        
        
          oorblywende 55droëlandewas.
        
        
          Produsente is ook gevra om ‘n vraelys in te vul, onder meer om
        
        
          uit te pluis of aalwurmdoders deur hulle gebruik is al dan nie. Die
        
        
          hoofdoel van hierdie aalwurmopname was om vas te stel watter
        
        
          aalwurmpeste asook voordelige aalwurms teenwoordig is ingronde
        
        
          vanprodusente inhierdiegebiede.
        
        
          Hierdie artikel sal egter net fokus op inligting wat versamel is
        
        
          rakende die plantparasitiese aalwurms, terwyl ‘n volgende artikel
        
        
          die invloed en rol van nie-parasitiese/voordelige aalwurms wat in
        
        
          landbougronde inSuid-Afrika voorkom, sal behandel.
        
        
          Voorkoms van plantparasitiese aalwurms
        
        
          
            Wortelmonsters
          
        
        
          Knopwortel- en letselaalwurms is dié aalwurmgroepe wat die
        
        
          meeste in wortelmonsters teenwoordig was van mielieplante wat
        
        
          in al die lande versamel is. Knopwortelaalwurms het oorheers in
        
        
          terme vanhul bevolkingsvlakke enwas verder in 71 vandie 78 lande
        
        
          teenwoordig.
        
        
          Hulle bevolkingsvlakke het gewissel vanaf 13 tot 38 479 individue
        
        
          per 50 g wortels. Laasgenoemde bevolkingsvlakke is uitermatig
        
        
          hoog en dui daarop dat die teenwoordigheid van knopwortelaal-
        
        
          wurms tot definitiewe skade kanen sal lei –nienet inmieliegewasse
        
        
          nie,maar ook inopvolg- en anderwisselbougewasse.
        
        
          Letselaalwurms het in meer lande voorgekom as knopwortelaal-
        
        
          wurm, naamlik in 77 van die 78 lande wat in hierdie opname
        
        
          ingesluit was. Hierdie groep se bevolkingsvlakke het van 4 tot
        
        
          490 individueper 5gwortels gewissel.
        
        
          Dit is opmerklik dat letselaalwurmgetalle tydens die laaste paar
        
        
          seisoene indiagnostiesegrond- enwortelmonstersvanmielieplante
        
        
          ook hoër blyk te wees. Hierdie aalwurmgroep se teenwoordigheid
        
        
          in mielies en ander wisselbougewasse behoort dus deurentyd ge-
        
        
          monitorwordom sodoende teverseker dat voorkomendemaatreëls
        
        
          geneemwordomhulle tebeheer.
        
        
          
            Grondmonsters
          
        
        
          Letselaalwurms het die hoogste bevolkingsvlakke gehad en was
        
        
          in die meeste van die grondmonsters teenwoordig. Daarteenoor
        
        
          was knopwortelaalwurms in relatief min van die grondmonsters
        
        
          teenwoordig en in relatief lae getalle, behalwe vir twee van hier-
        
        
          die lande.
        
        
          Hierdie resultate van die grondmonsters, lig weer eens ‘n aspek
        
        
          uit waarvoor produsente katvoet moet loop. Letselaalwurms word
        
        
          gewoonlikmaklik in beide grond- enwortelmonsters geïdentifiseer,
        
        
          terwyl knopwortelaalwurms ‘nperd van ‘nheel ander kleur is.
        
        
          Slegs knopwortelaalwurmeiers, tweede jeugstadia en mannetjies
        
        
          kom indiegrondvoor, terwyl geenderdeenvierde jeugstadiaasook
        
        
          wyfies in grondmonsters teenwoordig is nie. Hoewel knopwortel-
        
        
          eiers wat in grondmonsters teenwoordig is deur ‘n nematoloog
        
        
          geïdentifiseer kan word, is dit ‘n gespesialiseerde en ingewikkelde
        
        
          proses, want eiers met ‘n eerste jeugstadium daarin teenwoordig
        
        
          moet beskikbaarwees vir so ‘npositiewe identifikasieproses.
        
        
          Vervolgens kan daar ook nie voorspel word wanneer die eiers
        
        
          sal uitbroei en die infektiewe tweede jeugstadia in die grond
        
        
          teenwoordig salweesnie.Omhierdie rede kandaar nie ‘n realistiese
        
        
          prentjie gevormword as ‘n nematoloog net grondmonsters vir aal-
        
        
          wurmontledings doennie.
        
        
          Produsente moet dus onthou om altyd grond- sowel as wortel-
        
        
          monsters in te sluit vir aalwurmontledings. Die beste tyd om grond
        
        
          en wortelmonsters vir sulke ontledings te neem, is tydens die
        
        
          blomstadium van mielies. Vorige navorsing deur die LNR-IGG het
        
        
          reeds getoon dat plantparasitiese aalwurmgetalle hulle piek bereik
        
        
          indie sogenaamdegroeistadium.
        
        
          Die gebruik van aalwurmdoders
        
        
          Verskeie aalwurmdoders is in Suid-Afrika geregistreer vir gebruik
        
        
          op mieliegewasse, soos aangedui in
        
        
          
            Tabel 1
          
        
        
          . Hierdie inligting
        
        
          is onlangs opgedateer en gepubliseer in
        
        
          
            A guide to crop pest
          
        
        
          
            management inSouthAfrica
          
        
        
          (VanZyl, 2013)wat uitgegee isdeur die
        
        
          Vereniging vir Veterinêre- enGewasverenigings (AVCASA).
        
        
          Produsente kan hierdie gids, etikette van die onderskeie produkte
        
        
          en/of chemiese verteenwoordigers raadpleeg vir korrekte inligting
        
        
          rakendediedosisse sowel as toedieningsaanbevelings en -vereistes
        
        
          vir dieonderskeieprodukte.
        
        
          
            OP PLAASVLAK
          
        
        
          
            
              Aalwurm /Wortelmonsters /Grondmonsters
            
          
        
        
          Geïntegreerdeplaagbeheer
        
        
          SONIASTEENKAMP,
        
        
          LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom;
        
        
          DRIEKIE FOURIE,
        
        
          Eenheid vir Omgewings-
        
        
          wetenskappe enBestuur, Noordwes-Universiteit; en
        
        
          MARETHAPRETORIUS,
        
        
          Noordwes-Universiteit
        
        
          
            Oktober 2014