SA Graan Oktober 2014 - page 98

96
Goeie landboupraktyke vir
GRONDBOONPRODUKSIE
V
oedselveiligheid word al hoe belangriker in graanbedrywe
in ons land en grondboonprodusente moet hiervan
kennis neem. By grondbone is aflatoksiene en chemiese
residuvlakke veral ter sprake. Aflatoksiene kan lewerkanker
en in akute gevalle selfs die dood veroorsaak. Aflatoksiene se groot
gevaar is waar dit in stapelvoedsel voorkom en oor lang tydperke
onwetend ingeneemword.
Die volgende wetgewing is ter sprake: Voedselveiligheid en
Voedselhigiëne van Gereguleerde landbouvoedselprodukte van
plantoorsprong bedoel vir uitvoer (Regeringskennisgewing 707 van
13Mei 2005).
Goeie landboupraktyke en
voedselveiligheid
Soos produsente weet, moet verwerkers aan Hazard Analysis and
Critical Control Points (HACCP) regulasies voldoen vir die uitvoer
van grondbone. Bogenoemde wetgewing maak voorsiening vir
goeie landboupraktyke op plaasvlak om voedselveiligheid te
verseker. Alhoewel die wetgewing bedoel is vir uitvoer, word
verwag dat alle grondboonprodusente goeie landboupraktyke in
die toekoms sal toepas.
Die rede daarvoor is dat daar nie op plaasvlak al bepaal kan word
of die produk plaaslik of internasionaal bemark gaan word nie en
dat binnelandse voedselveiligheidsregulasies in elk geval soortge-
lykebeheer noodsaak.
Oorsig oor goeie landboupraktyke tot
op hede
Grondboonprodusente is in Oktober 2010 vrygestel van voedsel-
veiligheidsvoldoeningopplaasvlak indien verwerkerswaar lewering
plaasvind aanHACCP-regulasies voldoen.
Tydens ‘n besoek inMaart 2011 van die Food and VeteninaryOffice
van die Europese Unie, is gevind dat daar risiko’s op plaasvlak
bestaan ten opsigte van voedselveiligheid. In Julie 2012 is die
vrystelling aan produsente teruggetrek as gevolg hiervan. Tydens
dieeerste fasevandiegoeie landboupraktykeoudits in2012en2013
is bevinddat daar lae vlakke van voldoeningwas.
In Julie 2013 is ‘n tegniesewerkgroep gestigom voldoeningskriteria
op plaasvlak te ondersoek en alle oudits is opgeskort tot Septem-
ber 2013. Dit is ook in bogenoemde tegniese werkgroep waar
Graan SA in samewerking met die Grondbone Forum en ander
rolspelers bydraes gemaak het omdieouditproses te vereenvoudig.
In September 2013 is vereenvoudigde, hersiene voldoenings-
kriteria deur die Perishable Products Export Control Board (PPECB)
vrygestel endeur dieGrondbone Forumgepubliseer.
In Maart vanjaar moes die verwerkers die PPECB voorsien van die
name van produsente wat 80% van hulle voorraad lewer. ‘n Derde
van hierdie produsente is toe gekies vir fase twee van die goeie
landboupraktykeouditsmet diehersiene kriteria.
In die Grondbone Forum is besluit dat verwerkers van grondbone
die hersiene goeie landboupraktyke riglyne aan produsente sal
kommunikeer. Dit is egter so dat alle verwerkers nie aktief aan die
GrondboneForumdeelneemnie, of nogniedaarbyuitgekomhet om
produsente hieroor in te lig nie. Op dieGrondboneWegbreeksessie
tydens vanjaar se Graan SA Kongres is gevind dat min produsente
nog geweet het van die nuwe hersiene ouditprosesse asook die
tweede faseoudits.
Verwerkingsaanlegte moet ook chemiese residu toetse doen om
aan HACCP-regulasies vir uitvoere te voldoen. Daar word nie van
produsente verwagomopplaasvlakdaarvoor te toets nie. Belangrik
egter, is dat afskrifte van die gelewerde oes se toetse van die
aanleg bekomword en deur produsente op rekord gehou word vir
ouditdoeleindes.
Ouditkoste bly uit die aard van die saak die verantwoordelikheid
van die party wat geoudit word, maar daar word voorgestel dat
produsentevoorafmet verwerkersonderhandel oorwievir diekoste
van ‘ngoeie landboupraktykeoudit verantwoordelik sal wees.
Goeie landboupraktyke in ‘n neutedop
Goeie landboupraktyke behels hoofsaaklik die voorkoming en be-
perking van aflatoksiene en die naspeurbaarheid van grondboon-
produkte tot op landvlak. Rekordhouding van produksie-insette op
grondbone, soos kunsmis, chemiesemiddels asook plaagdoders en
swamdoders segebruik is ook van toepassing.
Verder word instandhoudingsrekords van spuittoerusting en die
korrekte hantering van chemikalieë en chemiese houers vereis.
Klimaat, oesgereedheid, optimum plantestand asook die droging
enberging vangrondbone speel ook ‘n rol. Ander punte vanbelang,
is die skoonmaak van waens en toerusting waarmee grondbone
geoesenvervoerword. Kwaliteit vanbesproeiingswater ensanitasie
is ook belangrik.
Goeie landboupraktyke is dus risikobestuur, sodat aflatoksiene,
kontaminasie en chemiese residuvlakke in grondboonproduksie
voorkom kanword.
Die kern van goeie landboupraktyke is dat produsente tydens ‘n
oudit moet kan bewys dat voedsel veilig en op ‘n verantwoordelike
manier geproduseerword. Puntewaaropgekonsentreermoetword,
is die aantekening van spuitprogramme en dat gifstore reg gemerk
en ten alle tyegesluit is.
Waar foute deur ‘n oudit uitgewys word, het die produsent 30 dae
om dit reg te maak. Die produsent kan dus steeds die oudit slaag
indien korrektiewe aksiegeneemwordbinnedie voorgeskrewe tyd.
Die Grondbone Forum, in samewerking met die Oliesade Advies-
komitee (OAK) en Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust (OPOT)
het ‘n baie handige gids in hierdie verband uitgegee. Die gids
is op versoek in gedrukte en elektroniese vorm beskikbaar. Dit
bevat voorbeelde wat dit vir die produsent baie maklik maak om
OP PLAASVLAK
Landboupraktyke /Grondboonproduksie / Voedselveiligheid
Bestuurspraktyke
FRANSMINNAAR
en
LEON EKSTEEN,
Grondboon Spesialiswerkgroep, Graan SA
Oktober 2014
1...,88,89,90,91,92,93,94,95,96,97 99,100,101,102,103,104,105,106,107,108,...124
Powered by FlippingBook