SA Graan Oktober 2014 - page 69

Benut
tegnologievir
effektiewe
risiko-
bestuur.
Geelbastersvir ’nsuksesvolleoeskeeropkeer.
’nPakketmetverskillendegroeiklasseen
agronomieseeienskappe lewerdiebesteopbrengs
op joubelegging.
2014/MAIZE/A/03A
®Geregistreerde handelsmerke vanPANNARBPK, © 2014PANNARBPK
GLOBALE TEGNOLOGIE
PLAASLIKE PRESTASIE
Saam boer ons
vir die toekoms
Prysverwagtinge in dieVSA
Grafiek 7
toon die prysvooruitsigte vir toekomstige pryse vir mielies,
sojabone en koring in die VSA aan. Die prys van VSA geelmielies en
voerkoring toon ‘nbaienoue korrelasieomdat beide voergrane is.
Dit is opmerklik dat koring- en mieliepryse onderskeidelik met meer
as 7% totmeer as 8% teen Julie 2015 kan styg. Dit is ten spyte vandie
groot verwagte mielie-oes in die VSA. Die verwagte prysstygings op
die JSE virmielies stemhiermeeooreen.
Die pryse van sojabone dui ook hoër prysvlakke aan en anders as
in Suid-Afrika waar sojaboon- en sonneblomsaadpryse teen laer
prysvlakke verhandel, verhandel VSA sojaboonpryse teen hoër
prysvlakke.
Let asseblief daarop dat die bespreking verwys na prysvlakke soos
dit middel-September gegeld het en gemeet teenoor prysvlakke
soos van toepassing tydens die skryf van die artikel. Die per-
sentasie hoër of laer dui aan teen watter toekomstige prysvlak-
ke kommoditeite kan verhandel. Dit is nie ‘n aanduiding dat huidige
pryseof prysvlakkegaan/kan stygof daal nie.
Die impak van die rand
Grafiek 8
toon dat die verswakking van die rand en die styging in
geelmieliepryse ‘n korrelasie van 0,95 toon. Dit is belangrik omdaarop
te let dat veranderinge in die toekomstige waarde van die rand goed
korreleer met die toekomstige waarde van geelmielies. Mieliepryse
verhandel teen uitvoerpariteit wat gekorreleerd ismet diewaarde van
die rand.
‘n Swakker rand kan die invoer van oliesade en oliesadeprodukte
ontmoedig en ‘n hoër verbruik van binnelandse oliesade aan-
spoor. Toekomstige pryse vir Suid-Afrikaanse sojabone en sonne-
blomsaad reflekteer niedie toekomstigemarkbehoeftenie.
Alhoewel Bloomberg se vooruit randwaardes op ‘n verswakking in die
rand dui, is dit steeds belangrik om op die scenario’s van Investec te
let. Volgens Investec (12 September 2014) is die volgende twee
scenario’smoontlik:
Scenario 1: Verwagte positiewe scenario
(45%-waarskynlikheid)
Die rand versterk nadat die globale monetêre beleid normaliseer en
Suid-Afrika se ekonomiese groei stadig toeneem om teen 2018 jaar
op jaar met 4% toe te neem (
Tabel 1
). Die internasionale vraag na
kommoditeiteondersteundiegroei.
Scenario 2: Swakker ekonomiese groei
scenario (45%-waarskynlikheid)
Plaaslike en internasionale monetêre beleidsfoute word gemaak
(
Tabel 2
).
Quantitative easing
(QE) afskalings word té vinnig geïm-
plementeer endie laer vraagnadie rand lei tot ‘n randverswakking.
In dié scenario kan buitensporige rentekoersverhogings waarge-
neem word. Stakings neem toe, kredietafgraderings vind plaas,
tesame met ‘n merkbare wêreldwye ekonomiese resessie. Die Suid-
Afrikaanse ekonomie stagneer, die rand depresieer en ‘n ekonomiese
resessie volg.
Volgens die vooruitkoerswaardes van Bloomberg verkeer Suid-Afrika
tans tussendie tweegenoemde scenario’s.
Ondersteunmarkte in dieOoste die
mielieprys?
Japan is die grootste geelmielie-invoerland ter wêreld. Die korrelasie
tussen die mielieprys op die Tokio beurs en die VSA v.a.b.-prys
korreleer met 0,93. Mieliepryse in Japan het sedert Julie 2014 vanaf
22 000 jen/ton begin toeneem, terwyl VSA pryse weens oesdruk se-
dert beginSeptember groter prysdalings toon (
Grafiek 9
).
67
1...,59,60,61,62,63,64,65,66,67,68 70,71,72,73,74,75,76,77,78,79,...124
Powered by FlippingBook