SA Graan Oktober 2014 - page 6

4
o
ktober is nou maar eenmaal ‘n
spesiale maand in die Suidelike
Halfrond. Dit is dalk nie die begin
van ‘n nuwe jaar nie, maar wel die
draai van die seisoen wat soveel
beloftes inhou vir dié wat die
grondbewerk.
Oeste word ryp en oestyd breek aan vir die
manne vandie suide. Vir die landbouers indie
noorde is dit planttyd. Vir ons as graanpro-
dusente het die draai van ‘n seisoen ‘n baie
spesiale invloed op ons lewens, nie net fisies
nie,maar ook in ander opsigte.
Daar is botsels wat vir ons die tekens aandui
dat die seisoen draai, die temperatuur veran-
der envir sommigeskomdie reën. Ekwil egter
vandag ietsdeel van ‘npaar botselswat ekdie
afgelope maand waargeneem het. Botsels in
ons landbou-politieseomgewing.
Die nuwe Minister van Landbou het binne
24uur positief geantwoordopdieuitnodigingomamptelikdienuwe
GraanSA-kantoor opMaclear in dieOos-Kaap te komopen. Hywas
daar en was lank voor die tyd daar. Hy het nie net ingekom, ‘n toe-
spraak gelewer enweer laat spaander nie. Hy het kom kuier,met die
produsente gesels en het drie ure by ons spandeer. Dít is ‘n nuwe
botsel! Het ek dit nie bietjie geniet toe dieminister vertel het van sy
ervaringmet syeieplaaswerker, en toesysinafgesluithet en (aspro-
dusent) gesêhet dat hyook nie syplaasmet sywerkerwil deel nie!
Diedeelnamevandiebreër samelewingaandiegronddebat is regtig
ook ‘n jong botsel wat ‘n nuwe seisoen inlui. Daar is nou ‘n groter-
wordende realisme wat ingeskop het ten opsigte van die uitvoer-
baarheid van voorstelleomproduktiewe landbougrondmetwerkers
te deel. Vars idees deur ander deelnemers het nuwe verwagtinge
geskep vanmoontlike alternatieweoplossings vir dieprobleem.
Ook sal die botsels van die ekonomiese herstel in die Noordelike
Halfrond beslis ‘n positiewe impak op die vraag na graan hê. ‘n
Groeiende middelklas en verstedeliking het ‘n positiewe uitwer-
king op die vraag na ons produkte. Ek dink almal sewens is dat die
konflik en oorlog in dieMidde-Ooste tot ‘n einde sal kom, maar die
gebeure daar gaan ongetwyfel ‘n impak op toekomstige handel in
die wêreld bring. Daar kan beslis geleenthede vir Suid-Afrikaanse
graanprodusente hieruit spruit. Hou in gedagte dat die VSA dalk
meer van hulle eie mielies vir brandstof sal wil gebruik om hul on-
afhanklikheid verder te neem. Met dieMidde-Oostewat ‘nwoestyn
is, isgroot invoerders vanmielies asookSuid-Afrikabaiegoedgeleë
omhierdiemarkte indie toekoms tebedien. Dít is nuwebotsels!
Alle botsels hou die belofte van vrug in, maar nie alle botsels dra
goeie vrugte nie. Die vorderingwat GraanSAmaak om as organisa-
sie te groei en by te dra om landbou te help transformeer en voed-
selsekerheid te bevorder, veroorsaak dikwels reaksies van mense
wat ons niks anders as jaloesie kan noem nie. Dit is soos ‘n eiertjie
van ‘n vrugtevlieg wat mense kom lê in verhoudings om die spoed
van vordering teen te werk. Baie van dié aksies dui bloot op die
soeke na eie gewin. Kom ons werk saam om die botsels te koester
en verhoudingegesond tehou sodat dit goeie vrugte kandra.
Die laaste botsel waaroor ek iets wil skryf, is nog jonk, maar dit is
beslis daar. Dit is die vordering van ons graanprodusente se ver-
houdingsmet hullewerkers. Daar is soveel pogingsvanons ledeom
die omstandighede van die werkers en hulle mense te verbeter en
hulle kundigheid en produktiwiteit op te skerp. Die artikels wat ons
die afgelope sewe maande in die
SA Graan/Grain
gepubliseer het
oor bestepraktyke, was daaropgemik om tussenons lesers (asme-
deprodusente) ideesuit te ruil oorwatter praktyke reedsaangewend
word, wat effektief is engoeie resultate lewer.
Ekwil julle aanmoedigomdit self teprobeer; helpons dandeur ook
jou beste praktyke met ander te deel deur dit vir ons aan te stuur.
Graanprodusente kan op só manier ook op hierdie terrein die weg
vorentoebaan.
Die draai van die seisoen
JANNIEDEVILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
Daar is botselswat
vir ons die tekens
aandui dat die
seisoen draai...
STANDPUNT
POINTOFVIEW
GraanSA
Oktober 2014
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...124
Powered by FlippingBook