SA Graan Mei 2014 - page 46

Dieekonomievanwitmielieverbouing
indie2014/2015-bemarkingsjaar
i
n die artikel gaan kyk ons waar die grootste gedeelte van
Suid-Afrika se witmielies verbou word. Tweedens, in watter
maande die meeste witmielies gestroop en uitgevoer word.
Derdens: Is dit noodsaaklik dat die pryswat produsentemoet
realiseer ten minste gelykbreek met koste en dat voldoende
voorsiening getref word om die volgende jaar weer teen ‘n
wins te kanproduseer?
Suid-Afrikase witmielieverbruik en moontlike uitvoerbestemmings
wordook aangeraak.
WaarwordSuid-Afrika sewitmielies
geproduseer?
Die grootste gedeelte (89%) van Suid-Afrika se witmielies is die
afgelope bemarkingsjaar onder droëlandtoestande in die Vrystaat,
Mpumalanga endieNoordwes Provinsie verbou (
Tabel 1
).
Diewitmielie-opbrengs in die Vrystaat vergelykmet die opbrengste
behaal in die 2009/2010-produksieseisoen en is nagenoeg die twee-
de hoogste opbrengs vir die provinsie op rekord oor ‘n periode van
24 jaar. Die witmielie-opbrengs in die Noordwes Provinsie is die
hoogsteopbrengs op rekord vir die afgelope 24 jaar.
Teenwatter koste enmarkpryse breek die
verbouing vanwitmielies gelyk?
Internasionale markverslae meld gereeld oorsee dat pryse onder-
steun word omdat produsenteverkope afneem. Produsenteverkope
neem af omdat pryse te laag daal en produsente nie teen die lae
pryse kanproduseer nie.
Die omvang van produsenteverkope gedurende oesdruk in Mei,
Junie en Julie het ‘n direkte negatiewe impak op markpryse. Ter
wille van die volhoubaarheid vanmielieproduksie, word produsente
gemaanomnieonder totaleproduksiekoste te verkoopnie.
Dit is baie belangrik om deurlopend kennis van die kostevlak te
dra (
Tabel 2
) en sodoende te verseker dat ‘n prys behaal word wat
produksie indie volgendeproduksieseisoen kan verseker.
Die uitvoerpariteitsprysvlak van witmielies verhandel tans tussen
R2 000/ton en R2 100/ton. Die Safex-prys vir lewering in Julie
verhandel bo R2 100/ton. Indien produsente dus met hulle totale
produksie-, verskansingskoste en bemarkingkoste gelyk wil breek,
behoort mielies tydens lewering in Julie vir niks minder nie as
R2 225/ton verkoop te word nie. Let wel: Laasgenoemde bedrag
maak nie vir enigewinste voorsieningnie.
WanneerwordSuid-Afrika sewitmielies
gelewer?
Sodra produsente pryse laer as hulle totale koste (R/ton) aanvaar,
kan die volhoubare produksie van graan asook voedselsekerheid in
die lang termyn ingedrang kom.
Anders aswat die verbruikers vanmieliesmoontlik kandink, behaal
produsente nie die hoogste pryse gedurende die bemarkingsjaar
nie. Die produsentelewerings vir die 2013/2014-bemarkingsjaar
word in
Tabel 3
weergegee.
Die oorgrote meerderheid droëlandwitmielies word gedurende
Mei, Junie en Julie gelewer. Tussen 80% tot 90% van die droëland-
mielies uit die Vrystaat, Noordwes Provinsie enMpumalanga word
gedurendehierdie tydperk gelewer.
Die lewering uit hierdie drie provinsies het ook 88,8% van die
betrokke bemarkingsjare se totale lewerings van 5 497 733 ton
uitgemaak.
Wit- en geelmielies se totale lewering in die hele Suid-Afrika was
gedurende die 2013/2014-jaar (Maart tot Februarie) 11 353 971 ton.
Die hoeveelheidmielieswat gedurendeMei, Junie en Julie gelewer
is, was gesamentlik 9 255 229 ton. Hierdie syfer verteenwoordig
byna 82% van die totale Suid-Afrikaanse oes gedurende 2013/2014
(Maart tot Februarie).
Hoe lykSuid-Afrika sewitmielieverbruik?
Die witmielies wat vir menslike verbruiksdoeleindes verwerk word,
was indie 2013/2014-bemarkingsjaar nagenoeg 4,2miljoen ton.
Daar word nagenoeg 400 000 ton witmielies per maand verwerk,
waarvandiemaandeliksebehoeftevirmenslikeverbruik350000 ton
per maand is. Dit is interessant om daarop te let dat 350 000 ton
witmielies byna ooreenstemmet dieselfde hoeveelheid witmielies
wat vir die ses maande vanaf September tot Februarie in totaliteit
gelewerword.
Diewitmielieswat gedurendeAugustus gelewerword, dra grootliks
by tot Augustusmaand se totalebehoefte.
Vroeë lewerings gedurende Maart en April is byna voldoende
om gesamentlik in die verbruikersbehoefte vir April te voldoen.
Die afleiding kan dus gemaak word dat die maandelikse pro-
dusentelewerings vanaf September totMaart (sewemaande) onvol-
doende is om indiemaandelikse verbruik te voldoen.
WESSEL LEMMER,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
16April 2014
OP PLAASVLAK
Mei 2014
44
1...,36,37,38,39,40,41,42,43,44,45 47,48,49,50,51,52,53,54,55,56,...100
Powered by FlippingBook