SA Graan Mei 2014 - page 43

41
May2014
OPPLAASVLAK
Plaagbeheer
RESULTAAT
INDIESELFDE
OESJAAR
GESKIKVIR
ALLEONKRUID-
SPESIES
BOOTSVELD-
TOESTANDENA
GESKIKVIR
ALLEONKRUID-
DODERS
BEWYSWEER-
STANDONGEAG
MEGANISME
TYDS-
DUUR
KOSTE
Glashuis pot-
toets – saad
Nee
Ja
Ja
Ja
Ja
Stadig
Medium
Glashuis pot-
toets
– saailinge
Ja
Slegs grasse
Ja
Ja, behalwe vir
voor-opkoms
Ja
Medium Medium
Petribakkie
– saad
Nee
Nee
Nee
Nee
Nee
Vinnig
Laag
Petribakkie
– saailinge
Ja
Nee
Nee
Nee
Ja
Vinnig
Medium
Molekulêre
toetse
Ja
Waarskynlik
Nee
Nee (tans net
vir ACCase-,
ALS- enEPSP-
inhibeerders)
Nee (net teiken-
setel)
Baie
vinnig
Medium
tot hoog
Landtoetse
Ja
Ja
Ja
Ja
Ja
Medium Laag
TABEL 1: VOOR- ENNADELE VANVERSKILLENDE TOETSMETODES.
kanplantewatnie-teikensetelweerstand teenACCase-onkruiddoders
ontwikkel, ook dan teen ALS-inhibeerders weerstandbiedend raak
sonder dat dit ooit vantevoredaaraanblootgestel was.
‘n Voorbeeld hiervan is toe produsente en landboukundiges ‘n
klompie jare gelede verstom was toe raaigras in die Suid-Kaap
weerstandbiedend teen ALS-inhibeerders (sulfonielureas) was
sonderdatdaarooit vandiebetrokkemiddelsopdieplasegespuit is.
Daar was egter weerstand teen ACCase-inhibeerders (fops
en dims) teenwoordig, heelwaarskynlik as gevolg van nie-
teikensetelweerstand. Die enigste praktiese manier om te toets vir
nie-teikensetelweerstand is dus deur middel van die tradisionele,
relatief stadigemetode van spuitproewe.
Vanuit bogenoemde is dit danduidelik dat die tipeweerstandwat in
onkruidpopulasies voorkom, kandikteer hoedaarvoor getoetsmoet
word enhoeom alternatieweonkruiddodderrotasies tebeplan.
Tipesweerstandstoetse
Tans is daar verskillendemaniere om vir weerstand te toets – hier-
onder volg vandiemeer algemenemetodes (sienook
Tabel 1
):
Glashuis pot-toetsmet saad – onkruidsaadword in potte gesaai
en die gevestigde saailinge word met onkruiddoder gespuit
(gewoonlik op twee- tot drieblaar-stadium vir na-opkoms
onkruiddoders) en dan drie tot vier weke later geassesseer vir
oorlewingof afsterwing.
Glashuis pot-toetsmet plante – oorlewende saailingeword in ‘n
land versamel (gewoonlik grasse), teruggesnoei, oorgeplant in
potte, toegelaat om te hergroei en gespuit en geassesseer vir
oorlewingof afsterwing.
Petribakkietoets met saad – saad word in onkruiddoderoplos-
sings in petribakkies ontkiem en die groei van saailinge word
gemeet ná 14dae.
Petribakkietoets met saailinge – jong saailinge (een- tot twee-
blaar) word op agarmengsels waarin onkruiddoders opgelos is
geplaas enná 14daeworddiegroei geassesseer.
Molekulêre toetse – blare van onkruide word in ‘n laboratorium
getoets vir spesifieke mutasies wat onkruiddoderweerstand
veroorsaak.
Landtoetse – oorlewende onkruide word in die land met ‘n
rugsakspuit gespuit en na drie tot vier weke geassesseer.
Alternatiewelik kan stroke net na-opkoms op onkruide gespuit
word met rugsakspuite of gemotoriseerde spuite om die
effektiwiteit vanonkruiddoders tebepaal.
Opsomming
Vanuit bostaande is dit duidelik dat die toetsmetode wat gebruik
moet word sal afhang van die vraag wat gevra word. Indien jy wil
weet of enkele onkruide teikensetelweerstand teen enige fop,
dim, ALS-inhibeerder of glifosaat het, is die molekulêre toetse wat
gedoen word ongetwyfeld die beste, want jy kry ‘n baie vinnige,
akkurate antwoord.
Die toetse word op ‘n kleinmonster blare gedoen en verteenwoor-
dig die spesifieke plant waarvandaan die blare geneem is. Dit kan
dus nie noodwendig die hele populasie op die land verteenwoordig
nie. Dit toon ook ongelukkig nie aan of daar boonop nie-teikensetel-
weerstand ook teenwoordig is nie. As jy dus ‘n meer akkurate
antwoord soek vir ‘n populasie in die landwaar daarmoontlik enige
weerstand (óf teikensetel óf nie-teikensetelweerstand) teenwoordig
is, sal een van die potspuit- of petribakkie- of landtoetsmetodes
gebruikmoet word.
Laasgenoemde metodes is heelwat stadiger, maar behoort vir
jou ‘n antwoord te gee wat beter weerspieël wat in jou land
aangaan. Landtoetse wat deur die produsent self of deur een van
die onkruiddoderverskaffers uitgevoer word, is waarskynlik die
vinnigste en goedkoopste manier om te toets, maar ongunstige
toestande en onakkurate kalibrering kan ‘n probleemwees. Dus bly
die toetse wat in glashuise uitgevoer word vir die afsienbare tyd
die mees betroubare opsie om ‘n duidelike prentjie te kry van die
weerstandsprobleemwat op ‘nplaas is.
Molekulêre en pot-toetse vir weerstandword uitgevoer by die LNR-
Kleingraaninstituut op Bethlehem. Ondersoek word tans ingestel
na die behoefte aan ‘n toetssentrum vir onkruiddoderweerstand in
dieWes-Kaap. Na gelang vanbelangstelling vir so ‘n sentrum sal dit
moontlik tot stand gebring word by die Welgevallen Proefplaas op
Stellenbosch.
Vir navrae en/of kommentaar, kontak dr PJ Pieterse by 021 808 4805
of
Onkruiddoderweerstand
is nie ‘n eenvoudige saak nie
Tabel aangepas vanaf tabel by
1...,33,34,35,36,37,38,39,40,41,42 44,45,46,47,48,49,50,51,52,53,...100
Powered by FlippingBook