SA Graan Mei 2014 - page 40

Mei 2014
38
Onkruiddoderweerstand
is nie ‘n eenvoudige saak nie
O
nkruiddoderweerstand is ‘n probleem waarmee produ-
senteen landboukundiges indiewinterreënvalstreekgoed
vertroud is.
Foto 1
illustreer ‘n probleem wat algemeen in die winterreën-
valstreek voorkom. Daar is egter sterk aanduidings dat dit ook in
die somerreënvalstreke begin kop uitsteek, veral in besproeiings-
gebiede.
Oor die algemeen is dit vir ‘nprodusent genoegom teweet dat daar
weerstand is teen ‘n sekeremiddel op sy plaas. Die tipeweerstand,
teikensetel of nie-teikensetel wat kan voorkom, is nie altyd so
belangrik nie. Die feit bly staan dat die onkruiddoder nie meer
effektief is nie en nuwe bestuursplanne moet rondom daardie feit
beraamword.
Dit is egter tog goed om ingelig te wees oor die verskillende tipes
weerstand wat moontlik kan voorkom, want kennis daaroor kan
sekere vrae wat ontstaan rondom tipes van weerstandstoetsing en
bestuursplannebeïnvloed.
Tipesweerstand
Onkruiddoderweerstand kan in twee hooftipes ingedeel word.
Die eerste en waarskynlik die mees algemene tipe weerstand,
is teikensetelweerstand (
target site resistance
). Dit is ook
geneties gesproke, die eenvoudigste tipe weerstand. Die meeste
onkruiddoders se meganisme van werking kom daarop neer dat ‘n
lewensbelangrike ensiemwat in die biochemiese prosesse van die
plant betrokke is, sewerkingbelemmerworddeur dieonkruiddoder.
Op ‘n molekulêre vlak slot die onkruiddoder in by die ensiem
soos twee stukkies van ‘n legkaart (sien
Figuur 1
). Die normale
lewensprosesse van die plant kan gevolglik nie plaasvind nie en dit
lei dan vroeër of later tot die afsterwing vandieplant.
Met teikensetelweerstand ondergaan die betrokke ensiem ‘n
mutasie. Die mutasie kan byvoorbeeld ‘n verandering in die vorm
van die teikensetel veroorsaak. Die “legkaartstukkies” pas niemeer
nie en die onkruiddoder kan nie meer aan die ensiem bind nie. So
ontstaanweerstand.
Hierdie tipe weerstand is ‘n totale of sterk weerstand, want al
verhoog jy die dosis tienvoudig, sal dit steeds nie werk nie – die
onkruiddodermolekuul sal nie ‘n bindplek kry aan die ensiem nie
(Sien Figuur 1). Dié tipeweerstand is dus absoluut.
Tipies word die weerstandsprofiel van so ‘n populasie onkruid
uitgedruk as die persentasie van onkruide met die mutasie. Met
ander woorde 40% weerstand impliseer 40 uit elke 100 plante sal
deur geen dosis van die onkruiddoder gedood word nie. Daar kan
meer aseen tipebindingsplekopdieselfdeensiemvoorkomwat dan
veroorsaak dat onkruid wat byvoorbeeld teen fop onkruiddoders
bestand is, soms nog vatbaar is vir dims, ten spyte vandie feit dat al
twee groepe dieselfdemeganisme vanwerking het en op dieselfde
ensiembind.
Omdat hierdiemutasies op slegs een ensiem voorkom, is dit redelik
vinnigomdit deurmiddel vanmolekulêre tegnieke tebevestig (nadat
merkers eers daarvoor ontwikkel is).
Die tweede tipe weerstand is nie-teikensetelweerstand (
non-
target site resistance
) en onder dit kom ‘n hele paar verskillende
meganismes voor. Dit kom basies daarop neer dat as gevolg van
verskillende aangepastemeganismes in ‘nweerstandige plant, daar
niegenoegonkruiddodermolekulesbydie teikenensiemeuitkomom
genoegsame skade te veroorsaak omdieplant tedoodnie.
Hierdie verlaging in die effektiwiteit van die onkruiddodermolekules
kan as gevolg van ‘n verskeidenheidmeganismes ontstaan. Sekere
aanpassings in die plant veroorsaak dalk ‘n verlaagde opname en
translokasie van die onkruiddoder in die plant. Verdere moontlike
meganismes is die sekwestrasie van die onkruiddoder (waar die
plantsel die onkruiddodermolekuul afsonder op ‘n plek waar dit
nie die plant kan beïnvloed nie) en dan waarskynlik die mees
algemene meganisme, waar verskeie tipe afbrekingsensieme die
onkruiddodermolekulesmetaboliseer tot onskadelikeneweprodukte
(op dieselfde manier waarop ‘n gewas ‘n selektiewe onkruiddoder
onskadelik stel).
Die tempo en effektiwiteit waarmee die metabolisering van die
onkruiddoder gebeur, beïnvloedbyvoorbeelddan diematewaartoe
‘nplant weerstand teenonkruiddoders kanhê.
By hierdie tipes metaboliese weerstand is daar dus verskillende
grade van weerstand in individuele plante. Sekere plante sal ‘n
normaledosis onkruiddoder oorleef,maar teen 1,5 keer dienormale
dosis afsterf, terwyl ander eers teen twee keer dienormaledosis sal
afsterf.
Nie-teikensetelweerstand word gewoonlik as ‘n swakker graad van
weerstand beskou, omdat jy sulke plante dikwels met ‘n hoër of
dubbeldosis onkruiddoder kan beheer, maar daar is ook voorbeelde
van metaboliese weerstand in plante wat tot soveel as 20 keer (en
selfs noghoër dosisse) vandieonkruiddoder konoorleef.
‘n Verskeidenheid van meganismes, wat nie noodwendig maklik
voorspelbaar isnie, kanbetrokkewees,daarom isdit tanswêreldwyd
steeds so te sê onmoontlik om ‘n vinnige molekulêre metode te
ontwikkel wat akkuraat vir die hele spektrum van bestandheid in ‘n
gegeweplant kan toets.
Wat hierdie tipe weerstand nog gevaarliker maak, is dat dit baie
maklik tot kruisweerstand (weerstand teen verskillende groepe
van onkruiddoders met verskillende meganismes van werking as
gevolg van ‘n enkele weerstandsmeganisme) of selfs veelvoudige
weerstand (weerstand teen verskillende groepe onkruiddoders as
gevolg van verskillende weerstandsmeganismes in dieselfde plant)
kan lei.
As een tipe onkruiddoder byvoorbeeld ACCase-inhibeerders deur
verhoogde konsentrasies van ‘n sekere ensiem onskadelik stel,
maar dieselfde ensiem kan ook ALS-inhibeerders onskadelik stel,
OP PLAASVLAK
Onkruiddoderweerstand /Winterreënvalstreek / Besproeiingsgebiede
Plaagbeheer
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
1...,30,31,32,33,34,35,36,37,38,39 41,42,43,44,45,46,47,48,49,50,...100
Powered by FlippingBook