SA Graan Mei 2014 - page 48

Mei 2014
46
OP PLAASVLAK
Dit kan daarom verwag word dat verbruikers en uitvoerders veral
gedurende Mei, Junie en Julie sterker behoort mee te ding om
voldoende voorrade vir die res van die bemarkingsjaar (Septem-
ber 2014 totMaart 2015) te verseker.
Die onlangse skerp prysstygings aan die einde van die vorige
bemarkingsjaar is nogvars indiegeheue. Dievraag isof verbruikers
hul aankope gaan uitstel en weer die risiko van moontlike hoër
pryse later in die bemarkingsjaar gaan loop? Suid-Afrika was
genoodsaak om, weens die onvoorsiene uitvoere van meer as
250 000 ton na Zimbabwe, 70 583 ton geelmielies sedert Maart uit
die konflikgeteisterdeSwartseestreek in te voer.
Wat kan ons uit die uitvoere gedurende
die 2013/2014-bemarkingsjaar leer?
Die hoeveelheid ou seisoen witmielies wat gedurende die
2013/2014 (Mei - April) -bemarkingsjaar uitgevoer is, was op 11April
897 706 ton.
Daar is vir die nuwe bemarkingsjaar, vanaf 1 Mei 2014 tot 30 April
volgende jaar, 1 miljoen ton witmielies beskikbaar vir uitvoerdoel-
eindes. Gedurende die vorige bemarkingsjaar is daar 375 000 ton
witmielies na die (Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland) uit-
gevoer.
DiemaandelikseuitvoerenadieBLNS-landehandhaaf ongeveerdie-
selfdehoeveelheidpermaand,maarmet ‘n toename vanaf Oktober.
Uitvoere na Mexiko het gedurende Mei (36 700 ton), Junie
(28 428 ton), Julie (46 531 ton), Augustus (39 949 ton) en die eerste
twee weke van September (38 669 ton) plaasgevind. Mielies word
vanaf die einde van September in Mexiko en die VSA gestroop en
dit is die redewaaromSuid-Afrika se uitvoere naMexikogedurende
September opgehouhet.
In totaal is 190 097 ton witmielies na Mexiko gedurende 2013/2014
uitgevoer.
Dit beteken dat soveel as moontlik diepsee mielie-uitvoere vanaf
Mei tot September moet plaasvind. Dit geld egter nie net vir
witmielies nie, maar Suid-Afrika se diepsee geelmielie-uitvoere het
gedurende September tot ‘n einde gekom. Dit stem ooreenmet die
begin vandie stroopseisoen indieNoordelikeHalfrondlande.
Suid-Afrika se grootskaalse diepsee mielie-uitvoere vir beide
wit- en geelmielies vind gedurende die vyf maande vanaf Mei tot
September plaas. Uitvoere na die BLNS-lande en ander Afrikalande
vindnormaalwegplaas sooswat diebemarkingsjaar verloop.
Mexiko semielieproduksie het in die jongsteUSDAWASDE-verslag
met 200 000 ton verhoog. Inteendeel, Mexiko het vanjaar genoeg
mielies om uit te voer en die land se uitvoervoersyfer is saammet
die verwagte uitvoere deur Rusland, Suid-Afrika, die Oekraïne en
Vietnam verhoog.
Die vraag-en aanbodsyfers het vir Mexiko egter onveranderd ge-
bly. Mexiko het gedurende die 2011/2012-bemarkingsjaar 11,17 mil-
joen ton mielies ingevoer. Gedurende 2012/2013 moes dié land
5,68miljoen tonmielies invoer.
Volgens die jongste projeksie vir 2013/2014, blyk dit dat Mexiko se
invoere (hoofsaaklik geelmielies) weer 11,5 miljoen ton kan wees.
Mexiko behoort in die 2013/2014-bemarkingsjaar 31,5 miljoen ton
mielies te verbruik en selfs ook 500 000 ton uit te voer. Die land se
mielieproduksiebehoort op 21,9miljoen ton te staan te kom.
Dit is so dat Mexiko ‘n tekort aan geelmielies ervaar, maar dit blyk
asof witmielievoorrade ná twee jaar se goeie witmielie-oeste
voldoende is. Hulle regering het in reaksie op lae binnelandse pryse
‘n invoertarief van 20%op invoereuit Suid-Afrika ingestel.
Suid-Afrika het 1 miljoen ton witmielies vir uitvoere beskikbaar.
Indien uitvoere na die BLNS-lande in berekening gebring word,
laat dit 625 000 ton witmielies oor vir uitvoere na Mexiko en ander
Afrikalande.
Die vereiste gemiddelde weeklikse uitvoertempo na ander Afrika-
lande en diepseebestemmings, soos Mexiko of Kenia, moet dus
vanaf Mei tot September ongeveer 31 250 ton per week wees om
ons uitvoerdoelwit vir witmielies te kan bereik. Die weeklikse
uitvoerdoelwit oor dieselfde tydperk is 35 000 ton per week vir
geelmielies.
Grafiek 2: Pryse vanVSAwitmielies vir lewering in Julie 2014 (Randfontein).
GRAANMARKOORSIG
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,38,39,40,41,42,43,44,45,46,47 49,50,51,52,53,54,55,56,57,58,...100
Powered by FlippingBook