SA Graan Mei 2014 - page 37

35
May2014
uitgekom het. Dit is net waar sover papier
geduldig is! Ten diepste word mense na
aan ons geraak deur die finansiële planne
en besluite wat ons na aanleiding van bo-
genoemdeprosesneem. ‘nPlanwat dusdie
unieke aard van elke familie buite rekening
laat, is gedoem totmislukking.
‘n Oplossing en aanbevelings in ‘n familie-
opsetwat gekenmerkworddeur onderlinge
vertroueen respeksal drastiesverskil van ‘n
aanbeveling waar daar byvoorbeeld konflik
enwantroue is.
Van die uitdagings is om in uitgebreide
familie-ondernemings sekuriteit te skep vir
kinders se eggenote. Gades is dikwels met
regbekommerdoor hulle versorging indien
‘n eggenoot te sterwe kom. Die rede hier-
voor isbyvoorbeelddat diemeesteboerde-
rybates in trust gehouwordenaangetroude
kindersuitgesluit is as ‘n klasbegunstigdes.
Boonopwoondiegesindikwels in ‘nhuisop
‘n plaas wat aan ‘n trust behoort. Hoe nou
gemaak as die eggenoot te sterwe kom?
Wat gebeur indien ‘n man op ‘n relatiewe
jongouderdom sterf en syweduweebesluit
om weer te trou? Indien hier onsekerheid
by die eggenote bestaan, lei dit meestal tot
konflik en spanning in ‘n familie en baat dit
die adviseur om hiervan kennis te neem.
Hy kan dan bydra tot die ontwikkeling van
sinvolleoplossingswat sekerheiden sekuri-
teit skep.
‘n Verdere kenmerk van ‘n effektiewe finan-
siële plan is dat dit ruimte laat vir alterna-
tiewe oplossings. Dit is belangrik omdat die
omgewing waarbinne ons beplan gedurig
aan die verander is. Aan die een kant ver-
andermense sebehoeftes en aandie ander
kant verander die wetgewende raamwerk
waarbinnediebeplanninggedoenword.
Byvoorbeeld: Kapitaalwinsbelasting is met
ons sedert 1 Oktober 2001. Vir die eerste
paar jaar nadat dit inwerking gestel is, was
die impak laag. Diewaardasie van landbou-
grond het voorsiening gemaak vir ‘n basis-
kostewat diekapitaalwinsbeperkhet. Innet
meer as12 jaar het diewaardevan landbou-
grond só toegeneem dat die oorspronklike
waardasie in baie gevalle al minder as 20%
vandie huidigemarkwaarde vir eiendom is.
Hierdie waardeverhoging veroorsaak dat
kapitaalwinsbelasting asook boedelbelas-
ting ‘n groter vraag na likiditeit in boedels
vereis. Maak dus seker dat jy weet wat die
vereiste aan kontant in jouboedel is.
Versekering as oplossing
om likiditeit te skep
Indien verskillende adviseursmet dieselfde
aannames en feitestel werk endit analiseer,
behoort die bepaalde behoefte baie na aan
dieselfde tewees.Wanneer dieaanbeveling
van ‘n oplossing ter sprake kom, is daar
‘n verskeidenheid opsies beskikbaar. Die
waarde van hierdie oplossing hang af van
die samestelling van die produk. Verseke-
raars bied lewensversekering op die vol-
gendebasis aan:
Termynversekering
Bied dekking vir ‘n vooraf gekose termyn
en staak by dood binne die termyn of by
die verstryking van die termyn. ‘n Voortset-
tingsopsie kan dikwels bygevoegword. Die
dekking kan dan vir ‘n verdere termyn ver-
leng word teen ‘n koste van toepassing op
die ouderdom by voortsetting. (Word aan-
beveel vir huurkope en verbande.)
Hele lewensversekering
Bied lewenslankdekking,maar onderworpe
aan sekere voorwaardes, byvoorbeeld dat
die premie vir ‘n bepaalde termyn gewaar-
borg is endiedekking lewenslank.
In die geval waar versekering nodig is om
likiditeit by dood in ‘nboedel te voorsien, is
die aangewese opsie die hele lewenspolis.
Ons moet in gedagte hou dat die meeste
vanhierdiekontrakte jou lewensversekering
waarborg by dood, maar nie noodwendig
joupremievir langer as tien jaar nie. ‘nTien-
jaar-waarborg termyn is algemeen in die
mark, maar wat beteken dit? Die verseke-
raar waarborg dat hy die lewensverseke-
ring vir tien jaar teen ‘n bepaalde tarief kan
verskaf.
Hierdie waarborg hang af van die verseke-
raar se eise-ondervinding, opbrengs op be-
leggings en die koers waarteen bestaande
kontrakte gekanselleer word. Die kontrak
sluit ook ‘nbepaling inoorwat nádieeerste
tien jaar gebeur. Die premie bly dieselfde,
of sal styg,maarmet ‘nmaksimumperk van
byvoorbeeld 25% en ‘n waarborg van nog
vyf jaar.
Die realiteit is dat lewensversekeraars op
die waarborghersieningsdatum, kragtens
die kontrak, geregtig is daarop om ‘n pre-
mie-aanpassingaf tedwing, of asalternatief
diedekking teverminder tot ‘nvlakwat deur
diepremiebefonds kanword tot enmet die
volgende hersieningsdatum. Diewaarskyn-
likheid is groot dat diemeeste versekeraars
premie-aanpassings gaan deurvoer ná die
aanvanklike waarborgtermyn verstryk. In
sekere gevallewaar die premie jaarliks toe-
neem en dekking styg, is daar ‘n kleiner
waarskynlikheiddat diepremie sal toeneem
opdiewaarborghersieningsdatum.
Terug by die vraag: Is jou versekering ‘n
waardevolle bate in jou boedel? Ons kan
net bevestigend op hierdie vraag antwoord
indien aanbevelings in ooreenstemming
is met oplossings wat ontwikkel is aan die
hand van ‘n volledige analise.
Lewensversekering is steedsdiegoedkoop-
ste manier om kapitaal in ‘n boedel waar
daar ‘n tekort is, te skep. Op ‘n ligter noot:
In21 jaar betrokkeby finansiëlebeplanning,
het ek al van baie klagtes gehoor, maar nog
nooit dat die lewenspolis wat uitbetaal, te
groot was nie!
Hierdie artikel is geskryf om die proses
waardeur ‘n professionele adviseur moet
werk te verduidelik. Kontak gerus jou eie
adviseur sodat julle saam om ‘n tafel kan
sit om jou eie behoeftes uit te sorteer om
sodoende ‘n pasgemaakte plan vir jou
saam te stel.
Navrae
Die CFP®-handelsmerk stel die internasio-
nale standaard waaraan professionele
advies gemeet word. Vir meer inligting
kan jy die webtuiste van die Financial
Planning Institute of Southern Africa be-
soek by
of stuur ‘n e-pos na
.
1...,27,28,29,30,31,32,33,34,35,36 38,39,40,41,42,43,44,45,46,47,...100
Powered by FlippingBook