SA Graan Mei 2014 - page 36

Mei 2014
34
Is versekering ‘nwaardevollebate
in jouboedel?
V
ersekering is heel dikwels die
onderwerp van bespreking by so-
siale geleenthede. Wat dan opval,
is die uiteenlopende standpunte
wat hieroor bestaan. Dit is ook reg so, want
dit spruit uit diehoogs persoonlike aard van
versekeringsoplossings.
Wat my verder aan die dink gesit het, is
toe ‘n goeie vriend by my wil weet hoe dit
moontlik is dat elke persoon wat hom van
advies bedien, ‘n ander aanbevelingmaak?
Die waarskynlikheid dat uiteenlopende op-
lossings vir dieselfde feitestel en doelwitte
moontlik is, is onwaarskynlik, veral as al die
stappe gevolg word om ‘n kliënt van ad-
vies te voorsien. Die toepaslike feite moet
ontleed word om behoeftes te bepaal en
daarna moet gepaste oplossings gesoek
word om daardie behoefte aan te spreek.
‘n Professionele adviseur sal gewoonlik ses
stappe volg voor daar advies aan ‘n kliënt
verskaf word.
Professionele verhouding
Die ses stappe wat ‘n adviseur behoort te
volg begin met die professionele verhou-
ding tussen kliënt en adviseur. In baie
gevalle is dit ‘n verhouding wat al oor et-
like jare ontwikkel het. Dit is van belang om
die rol van die adviseur uit te klaar ten op-
sigte van dit waarvoor hy gekwalifiseer
is om advies oor te gee en hoe hy daar-
voor betaal word. Op die oomblik is daar
twee modelle wat gebruik word, naamlik
adviseurs wat diens lewer teen ‘n fooi en
adviseurs wat kommissie verdien wanneer
hulle ‘nproduk aanbeveel as oplossing.
Indien die adviseur se diens op ‘n fooi ge-
baseer word, moet die fooistruktuur vooraf
met die kliënt ooreengekom word. In die
geval waar die adviseur ook die aanbe-
veling implementeer, deur byvoorbeeld ‘n
versekeraar se produk voor te stel, is die
belangrikste slaggat dat die aanbeveling
deur groot bedrae kommissiebeïnvloed kan
word. Die kommissie moet aan die kliënt
geopenbaar word. ‘n Adviseur met inte-
griteit sal sy aanbevelingmet ‘ngoedgedo-
kumenteerde ontleding kan staaf en ditmet
vrymoedigheidkanvoorlêaananderprofes-
sionele rolspelers indiebeplanningsproses,
soos dieouditeur enprokureur of bankiers.
Die professionele verhouding tussen advi-
seur en kliënt bringmee dat jy as kliëntme-
deverantwoordelikword vir die suksesvolle
beplanning en implementering van oplos-
sings.
Inligting en doelwitte
Vervolgens sal die adviseur die kliënt se
doelwitte bepaal. ‘n Volledige en wel-
deurdagte plan steun swaar op duidelik
gedefinieerde doelwitte wat deur volledige
inligting gerugsteun word. Inligting word
verkry uit ‘n persoonlike onderhoud sover
dit doelwitte aangaan.
Die finansiële inligtingworddie akkuraatste
weergegee in finansiële statewat op datum
is, diemees onlangse testament endan (die
een wat die meeste nagelaat word) die hu-
weliksvoorwaardekontrak. Indien daar van
‘n trust en maatskappy gebruik gemaak
word, is dit nodig dat die adviseur homself
ophoogtebring vandie inhoud vandie toe-
paslikedokumente.
‘n Finansiële plan kan in die wiele gery
word deurdat bepalings in die huweliks-
voorwaardekontrakbyvoorbeeldbuite reke-
ning gelaat word. Hierdie weglating kan tot
gevolg hê dat groot bedrae geld betaalbaar
kanwees by die ontbinding van die huwelik
ten tyde vandoodof ‘n egskeiding.
Analise en evaluering van
finansiële posisie
As die adviseur weet wat die kliënt se
doelwitte is, sal hy die kliënt se situasie be-
gin ontleed om advies te gee en oplossings
voor te stel. Inbaiegevalle sal dieontleding
dievolgende stappe insluit, naamlikdieont-
leding van bates en laste, die berekening
van boedelbelasting en kapitaalwinsbelas-
ting by dood, die ontleding van die verse-
keringsportefeulje en beleggings, oudit van
trustakte asook testament en belastingstra-
tegieë, omnet diebelangrikste tenoem.
Afhangend van die kompleksiteit van die
boedel, is dit raadsaam om die kliënt se
ouditeur, prokureur en bankier ook te be-
trek. Uit ondervinding blyk dit dat die
beplanning in heelwat groter boedels ge-
fragmenteerd is omdat die professionele
spanniemet dieselfde feitestel endoelwitte
werk nie. Om dit te voorkom kan die advi-
seur of finansiëlebeplanner onderneemom
as fasiliteerder indieproses op te tree.
Ontwikkeling van aanbe-
velings en alternatiewe
Die gedagte is dat die adviseur aanbe-
velingsmaakomdiedoelwitteaan tespreek
op grond van die inligting aan hom voor-
sien. Aanbevelings kan tipies die volgende
insluit:
Voorsiening van likiditeit in die boedel
bydooddeurmiddel van versekering
Ander risikodekking, byvoorbeeld vir
ongeskiktheid engevreesde siektes
Hersiening vandie testament
Wysiging aan trustakte – deur ‘n ge-
kwalifiseerdepersoon
Beperking van belastingaanspreeklik-
heid
Aftreebeplanning
Opvolgbeplanning
Implementering van aan-
bevelings
Die adviseur sal die kliënt vervolgens help
om die plan in werking te stel. Menige fi-
nansiële planne het al skipbreuk gelei in die
implementeringsfase. Dit is daarombelang-
rik dat dit duidelik omskryf word wie vir
wat verantwoordelik is – byvoorbeeld die
prokureur vir die wysiging aan die testa-
ment en trustakte, die ouditeur vir die im-
plementeringvanbelastingstrategieëendie
makelaar vir die versekering enbeleggings.
In gevalle waar die professionele persone
vanmeet afbetrekwordbydiebeplannings-
proses, is die aanbevelings deurgaans van
‘nhoëstandaardendraditby totdiesukses-
volle implementering vandieoplossings.
Papier is geduldig
Ons kan nou maklik onder die indruk ver-
keer dat ons ‘n erkende proses gevolg het
en dus noodwendig by die beste oplossing
JOHAN JORDAAN,
onafhanklike finansiële beplanner enCFP®Professional
FOKUS
Geldsakeenversekering
Spesiale
1...,26,27,28,29,30,31,32,33,34,35 37,38,39,40,41,42,43,44,45,46,...100
Powered by FlippingBook