SA Graan April 2014 - page 41

Impakvan fundamentele faktoreop
landboukommoditeitsprysebekyk
l
andboukommoditeitspryse se vooruitsigte kan grootliks
deur ‘n sterk rand en internasionale kommoditeitsprysvlakke
beïnvloed word. In hierdie artikel word ‘n oorsig gegee van
die impak wat belangrike fundamentele faktore op landbou-
kommoditeitspryse kanhê.
Vooruitsig vir diewisselkoers
Die rand kan in die komende jaar na verwagting matig versterk
teenoor die ander geldeenhede, soos die dollar, euro en die
Australiesedollar (
Grafiek1
). ‘nSterker randkan tot laerbinnelandse
landboukommoditeitspryse asook laer diesel- en insetpryse lei.
Omdat die uitvoerpariteitsprys teen ‘n sterker rand laer is, kan die
mielieprys druk ervaar en koring- en sojaboonpryse kan verlaag
weens laer pryse waarteen koring, sojabone en oliekoek ingevoer
kanword.
Tussen Maart en Julie kan die rand met -2,1% versterk wat dan
betekendatmieliepryse tydens lewering in Juliedienooreenkomstig
laer kan wees. Koringinvoerpryse kan ook weens ‘n sterk rand
verlaag tot ongeveer R10,33 inDesember,wat ‘npotensiëledaling in
koringpryse van -5% kan inhou.
Die impak van ‘n sterker rand op die ander kommoditeite, soos
sorghum, sojabone en sonneblom, kan gering wees omdat die
kommoditeite vroeër asmielies gestroopword en die verwagting is
dat die naderende verkiesing tot ‘n verswakking in die rand oor die
verkiesingsperiode kan lei.
Vooruitsigte vir diemieliemark
Internasionaal
Grafiek 2
toon dat die internasionale geelmieliemark verwag dat
geelmieliepryseonder diehuidigemarkomstandighede (derdeweek
van Maart 2014) tot en met Desember, oorwegend sywaarts kan
verhandel.
In Julie verhoog die sent/boesel-prys ietwat vanaf $4,84/boesel
tot $4,89/boesel. Die hoër verwagte prys van 5 sent/boesel hou
ongeveer ‘n styging in randwaarde van net meer as R21/ton in.
Onder die huidige markomstandighede behoort die internasionale
mielieprys tot ná Julie, wanneer Suid-Afrika klaar gestroop het,
sywaarts te verhandel.
Die groter beskikbaarheid van mielies weens die stroop van nuwe
seisoenmielies kan verhoog en prysverligting aan kopers bied. Die
mate van beskikbaarheid van nuwe seisoenmielies in die Suidelike
Halfrondlande kanpryse egter enige kant toebeïnvloed.
Weerstoestande en reënvalvooruitsigte se impak is vir die volgende
periodes veral belangrik, naamlik:
Brasilië: Die eerste mielie-oes in Brasilië word vanaf die laaste
week in Februarie tot diederdeweek inApril gestroop.
WESSEL LEMMER,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en
WANDILE SIHLOBO
, ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
24Maart 2014
39
April 2014
OPPLAASVLAK
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,31,32,33,34,35,36,37,38,39,40 42,43,44,45,46,47,48,49,50,51,...92
Powered by FlippingBook