Previous Page  7 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 7 / 23 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 8

Graan SA se Ontwikkelende Landbouprogram-werkgroep

Die struktuur van Graan SA is van so ’n aard dat elke fokusarea ondersteun word

deur ’n werkgroep wat uit lede van die Hoofbestuur en bestuur bestaan. Op hierdie

manier bly die Hoofbestuur ingelig oor ontwikkeling op grondvlak. Die Voorsitter

van hierdie werkgroep is die vernaamste kommunikasiekanaal van die bedryfs-

afdeling na die besluitnemingsgesag, wat die Hoofbestuur is, en omgekeerd. Toe

Graan SA in Junie 1999 gestig is, het mnr Gert Pretorius deel geword van die or-

ganisasie met die ervaring wat hy uit NOPO se ontwikkelingsaktiwiteite opgedoen

het, en met dieselfde passie vir die werk wat gedoen moes word. Hy het hierdie

posisie tot in April 2006 beklee, toe hy afgetree het en me Jenny Mathews in sy

plek verkies is – ’n pos wat sy tot met haar uittrede uit Graan SA se Hoofbestuur in

Maart 2012 beklee het.

ONDERHOUD MET JENNY MATHEWS

Deur Estie de Villiers,

SA Graan/Grain

-tydskrif, Augustus 2015

“Die opvoeder in my was baie opgewonde om van Graan SA se toegewyde

Ontwikkelende Landbouprogram met me Jane McPherson aan die hoof uit te

vind. Ek het onmiddellik aangesluit as lid van daardie werkgroep. Ek was op

soek na ‘n manier om ’n klein bydrae tot die genesing van hierdie land te lewer,

en ek het dit as ’n geleentheid gesien.

Hierdie ontmoeting het my lewe verander.

Ek het onlangs vir Jane vertel dat

sy en haar ongelooflike span mense my oë oopgemaak het vir iets werklik

wonderliks wat in grondvlaklandbou gebeur; en die boere wat ek langs die

pad ontmoet het, het my hart verander.

“Ek het soveel pragtige mense ont-

moet wat met ’n glimlag op hulle gesig lang, moeilike ure werk. Hulle sien my

hart en nie die kleur van my vel nie. My leuse is nou: ‘Dis nie die kleur van ons

vel nie, maar die kleur van ons hart wat saak maak.’”

Volgens Jenny is talle van die opkomende boere se uitdagings presies die-

selfde as vir kommersiële boere, aangesien landbou oor die algemeen uiters

stresvol is en winsgewendheid onder geweldige druk verkeer. “Boere sukkel

net om te oorleef, veral na die verskriklike 2014/2015-seisoen met sy talle mis-

oeste. Dit word vir talle opkomende boere vererger omdat hulle sukkel om

toegang tot finansiering te kry en dikwels nie besitreg van hulle grond het nie

en dus nie die grond as sekuriteit kan gebruik nie.

“Die mees toegewyde boere wat ek ontmoet het, is harde werkers wat nie

net mentorskap en opleiding nodig het nie, maar ook herkapitaliseringsbe-

fondsing om te verseker dat hulle besigheid ’n billike kans op oorlewing het.

Om bloot vir ’n man of vrou ’n stuk grond te gee, is nie ’n resep vir geslaagde

grondhervorming nie,” het sy gesê.

Me Jenny Mathews

Daar is vir alles onder die son ’n seisoen, en dit was tyd om die leierskapsvaandel

oor te dra. Die komitee het mnr Victor Mongoato as die nuwe Voorsitter gekies,

en hy is steeds die Voorsitter van die werkgroep. Ter ondersteuning van transfor-

masie in die organisasie het die Hoofbestuur hom in hierdie hoedanigheid op die

organisasie se Dagbestuur gekoöpteer.

Stigting van ’n “Stem van die Boer”-subkomitee

Die werkgroep was van mening dat daar nie genoeg verteenwoordiging van die

ontwikkelende boere was om te verseker dat genoeg insig oor die omstandighede

in die verskillende streke beskikbaar was nie. Die Hoofbestuur het reeds sy goed-

keuring gegee dat die werkgroep nog boere kan koöpteer, en ’n spesiale vergade-

ring met die gevorderde boere is tydens Graan SA se NAMPO Oesdag in 2009 belê.

Hulle het ’n subkomitee gevorm, bestaande uit nege boere wat ’n mandaat gegee

is om namens hulle as die “stem van die boer” te praat. Die eerste vergadering met

die verkose lede is op 8 September 2009 gehou.