Previous Page  8 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 23 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

DIS DIE AKSIE, NIE DIE VRUG VAN DIE AKSIE NIE, WAT

BELANGRIK IS. JY MOET DIE REGTE DING DOEN. DIT IS

DALK NIE BINNE JOU VERMOË NIE, DIT IS DALK NIE IN

JOU TYD DAT DAAR ENIGE VRUGTE SAL WEES NIE. MAAR

DIT BETEKEN NIE DAT JY OPHOU OM DIE REGTE DING

TE DOEN NIE. JY WEET DALK NOOIT WAT UIT JOU AKSIE

VOORTSPRUIT NIE. MAAR AS JY NIKS DOEN NIE, SAL

DAAR GEEN RESULTAAT WEES NIE.

Mahatma Gandhi

FOKUS OP VICTOR MONGOATO

Ontwikkelende Landbouprogram-werkgroep se Voorsitter sedert 2012

“Grond het slegs waarde as dit gebruik word. Ons moet seker maak dat mense

wat grond ontvang, in ’n posisie is om voedsel en vesel vir ons land te produseer.”

– Victor Mongoato

Victor het interessante insig in die terme wat gebruik word om swart boere te

beskryf: “Ons gebruik die term ‘ontwikkelende’ boer aangesien ons voel dat dit

van toepassing kan wees op enige boer wat wil ontwikkel. Ons gebruik nie die

term ‘opkomende’ boer nie. Dit klink asof ons onder iets is en daar onder moet

uitkom.” En in die geval van boere wat by die 250 Ton Klub ingesluit is, geld die

term “Nuwe Era Kommersiële boere”.

Hy het bygevoeg dat Graan SA deur die OLP daarna streef om landbou te verenig

en weg te beweeg van die verdeling van die bedryf langs rasselyne, en gesê dat

alle boere saamwerk om voedselsekerheid vir Suid-Afrika te verseker.

Victor het verder uitgebrei op die vernaamste uitdagings wat ontwikkelende

boere in die gesig staar: “Opleiding en vaardigheidsontwikkeling is noodsaak-

lik vir ontwikkelende landbou, maar opleiding alleen is nie genoeg nie. Baie

van ons boere het nie trekkers en ander nodige implemente nie, of hulle het ’n

gebrek aan produksiefinansiering. Verskillende gebiede het verskillende uit-

dagings. In die oostelike dele van die land (Mpumalanga, KwaZulu-Natal en

die Oos-Kaap) waar die reënval hoër is, is die pH van die grond byvoorbeeld

laag, en meer kalkaanvulling is nodig. In talle van die gemeenskaplike gebiede

is die landerye nie omhein nie en die gesaaides word dikwels deur vee beska-

dig. Daar is ook ’n tekort aan stropers en opbergers. Ons het groot gedeeltes

grond wat nog nie optimaal benut word nie. Dit laat ruimte vir ons boere om

uit te brei en voedsel vir die land en vir die SAOG-streek te produseer.”

Sover dit uitdagings vir ontwikkelende landbou betref, het hy twee hoofkwes-

sies beklemtoon:

• Talle instellings “boer namens” ontwikkelende boere en noem dit “ontwik-

kelende landbou”. Ons boere wil nie hê ander moet namens hulle boer

nie; hulle wil bemagtig word om dit self te doen. Waar die regering ook al

probeer het om kontrakteurs te kry om namens mense te boer, het dit mis-

luk. Ons moet in individuele boere belê en hulle help om suksesvolle boere

in eie reg te word.

• Die sogenaamde “groepboerderyprojekte” is ’n fout. Ervaring het geleer

dat dit feitlik onmoontlik is om as deel van ’n groep te boer.

Mnr Victor Mongoato