Previous Page  5 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 5 / 23 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 8

gepubliseer. Die reaksie was entoesiasties en het die gretigheid van ontwikkelende

boere getoon om meer te leer en hulle vaardighede te verbeter.

Dit was duidelik dat verdere ondersteuningstrukture by studiegroepe geves-

tig moes word sodat die boere se probleme hanteer kon word. Die visie vir die

program het 1) die ontwikkeling van ’n stel bestuursriglyne oor die verskillende

gewasse, en 2) die aanbied van kursusse oor plaasbestuur ingesluit, maar die

NAMPO-personeel was onder druk om op die behoefte te reageer. Die begeerte

was daar om ontwikkelende mielieboere te help, maar die uitdaging was om

voldoende kapasiteit te kry om hierdie ontwikkelingsprojek te bestuur.

AMALGAMASIE: DIE ONTSTAAN VAN GRAAN SA SE

ONTWIKKELENDE LANDBOUPROGRAM

Transformasie was besig om in die wêreld van georganiseerde landbou plaas te

vind. Die verskillende produsente-organisasies, NAMPO, NOPO, SPO en WPO, het

in 1999 saamgesmelt om ’n enkele graanprodusente-organisasie te vorm, wat ons

as Graan SA ken. Sover dit die ontwikkelende landbou-inisiatiewe betref wat reeds

in die ou strukture geïmplementeer is, het die benadering in die nuwe organisasie

positief gebly. Boere was entoesiasties oor groter betrokkenheid by ontwikkelende

landbou-aktiwiteite, en die gekombineerde kragte van die onderskeie kommodi-

teitsgroepe het reeds aansienlike insig en kundigheid beskikbaar gehad.

Na voorleggings oor die potensiaal van ’n ontwikkelende landbouprogram in

Graan SA was ondersteuning van die onderskeie trusts – wat na die land se de-

regulering van landboubemarking gevorm is – bemoedigend, en van die begin

van Graan SA se OLP af was hierdie steun ’n noodsaaklike komponent van die

voortsetting en dinamiese uitbreiding van die program. Graan SA het steeds

die steun van die LNR-Instituut vir Graangewasse geniet en het nou ook waarde-

volle vennote in die trusts gekry.

STEUN VAN DIE TRUSTS: TOE EN NOU

Die verskillende trustfondse – die Mielietrust, Wintergraantrust, die OPOT en Sor-

ghumtrust – het almal ’n kritieke rol in die groei van Graan SA se ontwikkelende

landbouprogram gespeel en die basis verskaf vir sy sukses deur ’n stewige fonda-

sie te vorm waarop dit gebou kan word. Hulle was van die begin af betrokke, en is

vandag steeds in ’n groter of kleiner mate betrokke.

Die Mielietrust was verreweg die grootste bydraer en het ’n rol gespeel in die uit-

breiding van die program sodat dit in ’n posisie is om boere in die meeste van die

primêre graanverbouende streke van die land te ondersteun. “Alleen kan ons so min

doen; saam kan ons so baie doen.” Mnr Leon du Plessis, administrateur van die

Mielietrust, verduidelik dat die trust vennote soek wat hulle sal help om die mie-

liebedryf te dien en hulle missie te vervul om die deurlopende verbetering van die

hele mieliebedryf in Suid-Afrika te fasiliteer. As gevolg hiervan, het die Mielietrust

sedert die instelling van Graan SA se program met hulle daarop saamgewerk. Hier-

die belegging het vrugte afgewerp, aangesien die getal suksesvolle kommersiële

boere jaarliks toeneem.

Die hoofdoelstelling van die OPOT is die bevordering en ontwikkeling van die olie-

sadebedryf in Suid-Afrika. Die doelwitte was om huishoudelike en nasionale voed-

selsekerheid te hanteer, landelike welvaart te verbeter en daarop te fokus om die

individuele boer te bemagtig om onafhanklik te word. Kursusmateriaal soos ’n in-

leiding tot sonneblomproduksie, gevorderde sonneblomproduksie en bemarking,

vaardigheidsontwikkelingsaspekte soos stellings en kalibrering en ’n inleiding tot

sojaproduksie is ontwikkel, terwyl demonstrasieproefnemings beste praktyk getoon

het. Die OPOT het ook bygedra tot boeredae, asook vier bladsye in die

Pula Imvula

-

tydskrif elke kwartaal.

Die Sorghumtrust se bydrae het vir die befondsing van demonstrasieproefne-

minglanderye, boeredae, die ontwikkeling van handleidings en ’n opleidings-

kursus gesorg.

Teen 2008 het die Wintergraantrust ontwikkelende boere deur middel van die werk

van Graan SA aktief ondersteun. Hulle het gerapporteer dat vordering gesien kon