Previous Page  4 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 4 / 23 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

Aangesien radio altyd ’n gewilde kommunikasiemedium is en vir talle boere maklik

toeganklik is, is die besluit geneem om in ’n gereelde tydgleuf genaamd “Letsema”

op die streeksgebaseerde Radio Motsweding te belê.

Die ontwikkelende boere het die formele kommunikasienetwerk gebruik om hulle

probleme met marktoegang tot kommersiële markte te bespreek. Onmiddellike

steun is gegee en pogings is aangewend om die ontwikkelende boere aan kopers

bekend te stel en te verseker dat hulle billike, markverwante pryse vir hulle produk-

te kon onderhandel. NOPO het nie enige ooreenkomste onderhandel nie, maar

eerder in ’n raadgewende hoedanigheid opgetree. Ander netwerk- en kommuni-

kasiegeleenthede vir ontwikkelende boere het mettertyd na vore gekom. NOPO

het met die Departement Landbou in Noordwes, Mpumalanga, Vrystaat en die

destydse Noordelike Provinsie (nou Limpopo) vergader. Hulle het ook die boere se

behoeftes aan insetverskaffers oorgedra om hulle oor die boere se unieke omstan-

dighede en vereistes in te lig. Sommige saadmaatskappye het byvoorbeeld saad

in kleiner verpakkings begin bemark, aangesien die standaardgrootte sakke vir die

kleiner boere te groot en te duur was.

NOPO het ook toekennings vir ’n ontwikkelende sonneblom- en grondboontjie-

produsent van die jaar bekend gestel. Die doel hiervan was om aan ontwikkelende

boere erkenning te gee vir uitnemendheid. Kriteria wat in ag geneem is vir die toe-

kenning was produksiepraktyke, betrokkenheid van die boer by studiegroepe en

ondersteuning deur die boer van medeboere in die streek (sien Tabel 3: Toekennings

wat in 1999 deur NOPO gemaak is, in Hoofstuk 9). In Mei 1999 is die toekenning vir

Ontwikkelende Grondboontjieprodusent van die Jaar tydens die toekenningsfunksie

aan mnr Edmund Tsogang van die Genesa-studiegroep toegeken. Die toekenning vir

die Ontwikkelende Sonneblomprodusent van die Jaar is aan mnr Basie Ntsimane, lid

van die Bafokeng Noord-studiegroep, gemaak.

NOPO het ’n opregte hand van vriendskap aan die nuwe oliesaadprodusente gereik.

Die reaksie op hierdie projek was groot, en dit het gou duidelik geword dat die be-

hoeftes van ontwikkelende boere die beskikbare kapasiteit ver oorskry het.

Toe die onderskeie graanprodusente-organisasies saamgesmelt het om die nuwe

Graanprodusente-organisasie te vorm, is die momentum met ontwikkeling behou

en die NOPO-ontwikkelingsmodel is voortgesit. Mnr Basie Ntsimane het van NOPO

na Graan SA verskuif, en ’n lid van Graan SA se Hoofbestuur geword.

BEMAGTIGING VAN OPKOMENDE ONTWIKKELENDE

MIELIEBOERE: NAMPO

In 1994 het NAMPO in vennootskap met die LNR-IGG en Omnia ’n program geïnisieer

om swart boere te bemagtig en hulle met kommersialisering by te staan. ’n Boekie,

“A Key to Successful Farming”, wat fundamentele aspekte van mielieproduksie soos

grond as ’n hulpbron, klimaat, gewasproduksie en bemarking bespreek, is in 1996

Mashoof van die eerste NOPO/Pula-nuusbrief.

Me Jane McPherson

Mnr Basie Ntsimane