Previous Page  9 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 23 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 8

VIR WIE HELP GRAAN SA SE PROGRAM?

Die OLP se bestuur het vroeg besef dat daar in Afrika talle vorms van grondbesit-

stelsels is. Daar is besluit dat die boer se verwantskap met die grond waartoe hy

of sy toegang het, nie belangrik is nie. Dit was steeds toepaslik om daarna te streef

om hulle te bemagtig om die meeste te kry uit die grond waartoe hulle toegang

gehad het. Met die span wat oor ’n wye gebied op grondvlak werk, kon hulle kri-

tieke inligting oor ontwikkelende boere en hulle bedrywighede insamel en hulle

het interessante data verkry oor die programlede en hoe hulle toegang tot hulle

grond kry. (Dit is interessant om daarop te let dat die vlak van kundigheid van die

span van so ’n aard is dat belanghebbers van buite – insluitende regeringsdepar-

temente – begin het om advies of inligting/data van die Graan SA-span te vra.)

Die 2011-studiegroep se statistiek toon byvoorbeeld heelwat oor die aard van die

boerderybedrywighede en die diversiteit van toegang tot grond:

Graan SA gee nie om hoe ’n boer toegang tot grond kry, en of ’n boer vanaf

1 ha of 1 000 ha grond produseer nie. Die bedoeling is om te verseker dat opti-

male produksie verkry word deur moderne, ekonomiese en doeltreffende

boerderymetodes te gebruik. Ongeag die grootte van die plaas bly die basiese

beginsels dieselfde. Gehaltesaad, grondmonsterneming en akkurate bemesting en

behoorlike onkruidbeheer. Indien ’n persoon 1 ha het en 6 t/ha kan verkry deur te

leer hoe om ’n handplanter te gebruik, met ’n stukkie geknoopte tou om die saad te

spasieer en ’n rugsaksproeier vir onkruidbeheer, kan dit ’n groot impak maak – dit

kan boere se lewens verander. Nie almal kan toegang kry tot ’n groot hoeveelheid

hektaar nie, maar hulle kan die beste praktyke geleer word. Dit is ook die motivering

agter die proefnemings. Hulle word geplant op presies dieselfde manier as wat die

plaaslike boere plant. As hulle met die hand plant, word die proefnemings met die

Studiegroeplede

Totaal: 3 558

Grondbesit

Hektaar

Bewerkbare grond

Totale bewerkbare grond

46 954

Besit

Deur boer gebruik

17 456

Kommunale grond (PTO)

Deur boer gebruik

12 831

Dorpsgrond (munisipaal)

Deur boer gehuur

1 890

Gehuurde privaat grond

4 451

PLAS (Grondsake)

Deur boer gebruik

10 030

Weiding

Totale weiding

119 829

Besit

Deur boer gebruik

19 566

Kommunale grond (PTO)

Deur boer gebruik

85 898

Dorpsgrond (munisipaal)

Deur boer gehuur

400

Gehuurde privaat grond

1 828

PLAS (Grondsake)

Deur boer gebruik

12 138

GRAAN SA-PROGRAM

’n Basiese vertrekpunt vir die funksionering

van die Graan SA-program is:

ONTWIKKELING GAAN OOR DIE INDIVIDU

Ontwikkelende landbou gaan NIE NET oor grond nie

Ontwikkelende landbou gaan NIE NET oor masjiene nie

Ontwikkelende landbou gaan NIE NET oor markte nie

Ontwikkelende landbou gaan NIE NET oor geld nie

Ontwikkelende landbou gaan NIE NET oor vaardigheidsontwikkeling

en opleiding nie

Dit gaan oor al die bogenoemde

Ontwikkeling is ’n proses en nie ’n SPRONG nie

(Programbestuurder me Jane McPherson)