ႅ
HOOFSTUK 8
JANE MCPHERSON
D
ie stories wat ons oor ons
werk as deel van Graan
SA se Ont«ikkelende
Landbouprog¢am kan ver¥el, is
eindeloos. Elkeen van die span-
lede het ’n aang¢®ende verhaal
wat van die impak van hulle werk
en ver-anderde lewens get§ig.
Stories soos wanneer ’n bejaarde
produsent in die Zeer§st-dist¢ik
ver¥el hoe hy gesien het dat talle
produsente wat soetsorghum ge-
plant het, sukkel met die voëls wat
hulle gesaaides eet, en hoe hy net
biŴersorghum plant, want
“Die
biŴer is biŴer, maar dit is glad nie
so biŴer soos honger wees nie!”
.
Of wanneer jy die vonkel van ge-
noegdoening sien in die oog van ’n
produsent van die Senekal-dist¢ik
wat nou ten volle gekommersiali-
seer is, en wat beskr®f hoe hy pas,
as gevolg van sy goeie opbrengste,
’n nuwe plaas kon koop.
Of soos ’n vrou, ’n bestaansboer
in ‘n afgeleë vallei van die Oos-
Kaap, wat jou ver¥el dat sy haar
opbrengs van 0,5 t/ha tot 6 t/ha
verbeter het deur beter saad te
gebr§ik, reg te bemes en haar
r§gsakspuit te gebr§ik om beter
chemiese onkr§idbeheer toe te
pas – en nou hoef sy haar nie
meer te bekommer oor wat sy
haar kinders elke dag gaan gee
om te eet nie.
MEER SOET AS BITTER
te ontwikkel en tot huishoudelike en nasionale voedselsekerheid by te dra deur die
optimale gebruik van die natuurlike hulpbronne wat tot elke boer se beskikking is.
Fundamentele determinante is in navolging van hierdie missie as raamwerk vir vol-
houbare ontwikkeling en transformasie in die sektor neergelê.
NOPO STAAN ONTWIKKELENDE BOERE BY
Die vroeë inisiatief om ontwikkelende boere by die NOPO-strukture in te sluit, het by
die NOPO Kongres van Februarie 1997 gestalte gekry. Die gemeenskap van boere
het die besluit geneem dat hulle toegang tot die struktuur van georganiseerde land-
bou vir alle boere moontlik wou maak – ongeag kleur.
Die doelwit was uit die staanspoor om te verseker dat opkomende boere by die
Hoofbestuur sowel as die algemene kongres ingesluit word. Lidmaatskap van NOPO
was nou tot alle ontwikkelende boere se beskikking en teen 26 Maart 1997 is die
bykomende streek 10, wat aan ontwikkelende boere seggenskap en ’n stem gegee
het, by die samestelling van die uitvoerende komitee ingesluit.
Daar was talle belanghebbendes en die organisasie is deur ’n aantal belangrike
rolspelers aan die opkomende boere bekend gestel. Mnr Naas Bellingan, hoof-
bestuurslid van NOPO, het uit sy pad gegaan om met ontwikkelende boere in
Noordwes kontak te maak, en die span van die Landbounavorsingsraad, veral
dr Klaus Pakendorf, en mnre Phonnie du Toit en Johan Els, het ’n rol in die daarstel-
ling van die stigtingskomitee van streek 10 gespeel.
’n Ander belangrike rolspeler was mnr Gert Pretorius, die Voorsitter van NOPO in die
Lichtenburg-distrik, wat die inisiatief van die begin af ondersteun het en die leiding
geneem het om die motivering vir die nodige finansies vir die verskillende NOPO-
ontwikkelingsprojekte te verskaf. Dit het onder die leiding van mnr Nico Vermaak,
Bestuurder van NOPO op daardie tydstip, plaasgevind. NOPO het met ontwikke-
lende landbou begin lank voordat dit ’n tendens in landbou geword het, aangesien
dit die regte ding was om te doen. Die aksie is aangevoer deur leierboere in die
Hoofbestuur, vir wie dit ’n passie was om as mentors te dien.
Die projekbefondsing het gekom van die OPOT, met die ondersteuning van die
Oliesade-advieskomitee. Die eerste verteenwoordiger van ontwikkelende boere
op die dagbestuur van NOPO was die bekende boer uit die Rustenburg-streek,
mnr Basie Ntsimane. Ntsimane is ondersteun deur nege ander boere wat tot
die streek 10-komitee verkies is, naamlik mnre Stephen Mohappaanele, Filie M
Gaseetshubelwe, John Loeto (Taung), Joseph Appolus, David Legobate, David Miga,
Barney SJ Saudi, Harold Mathekga en BA Kgosiemang.
Teen Oktober 1997 is mnr Cois Harman, ’n taalkundige en boer, deur NOPO aange-
stel as ’n ontwikkelende landboubeampte met sy basis in Zeerust. Hy het belangrike
baanbrekerswerk gedoen met die bou van bande met ontwikkelende graanboere
en die vestiging van die eerste studiegroepe. Deur middel van hierdie strukture het
dit vir die eerste keer moontlik geword om verhoudings te bou met boere in die af-
geleë streke van Noordwes – ’n belangrike sonneblom- en sorghum-produserende
streek van die land.
Op 1 Desember 1997 het NOPO amptelik in Zeerust ’n streekskantoor geopen, wat
deur die administratiewe assistent, me Julia Ramokhua, bedryf is. Erkenning moet
gegee word aan die OPOT, wat die NOPO-projekte befonds het wat uit hierdie
kantoor geïmplementeer is, en wat bygedra het tot die instelling van ’n dinamiese
proses wat baie vinnig beduidende momentum opgetel het.
Die ontwikkelende landbou-aktiwiteite het vinnig resultate getoon. Die reikwydte
van die projekte het uitgebrei en befondsing is vir 1998/1999 verskaf. Inligtingsdae
is in samewerking met die LNR in Noordwes, Mpumalanga, die destydse Noordelike
Provinsie (nou Limpopo) en die Vrystaat gehou. In Augustus 1998 is ’n “leierpro-
dusentekursus” deur die NOPO-kantoor op Zeerust georganiseer. Dit was baie
gewild en die groot bywoningsyfer het duidelik die boere se behoefte aan oplei-
ding aangedui.
Kommunikasie en netwerke met die ontwikkelende boere is gevestig in die
vorm van ’n Tswana-nuusbrief, NOPO/
Pula
, wat elke twee maande verskyn het.