DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄ
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
Ontstaan en vestiging van
ont«ikkelende landbou in die
Ek het gedink “Hoekom doen iemand nie iets hieraan nie?” En
toe het ek besef ek is iemand –
Skrywer onbekend
Vroeë ontwikkelende landbou-inisiatiewe ten opsigte van graan- en oliesaadproduksie
is reeds voor die stigting van Graan SA deur landbou-organisasies soos die Nasionale
Olie- en Proteïensaadprodusente-organisasie (NOPO) en die Nasionale Mielieprodu-
sente-organisasie (NAMPO) geïmplementeer. Hulle sukses, en die duidelik behoefte
aan kennis en netwerking wat deur die boere getoon is, het Graan SA aangemoedig
om hierdie inisiatief oor te neem en op die positiewe momentum voort te bou.
Teen 2005 het Graan SA se Hoofbestuur opdrag gegee dat die bestuur dokumenta-
sie moes voorberei om aan die Kongres van 2006 voor te lê. Hulle wou die deelname
en stemreg verskans van ontwikkelende boere wat deur hulle streek na die Kongres
toe gestuur is. Die Kongres het hierdie voorstel heelhartig ondersteun, en ontwik-
kelende boere is formeel by die strukture van die organisasie ingesluit.
Die studiegroepe is hierna in vier streke gegroepeer: Noord, Suid, Oos en Wes.
Elke streek is gevra om ’n lid te benoem wat volle stemreg sou hê en hulle op
die Hoofbestuur en ander strukture in die sektor, insluitende die Ontwikkelende
Landbou-werkgroep, sou verteenwoordig. Die gees van die kongresbesluit was ’n
belangrike aanwyser deur die kommersiële boere van hulle voorneme om met
die transformasie- en grondhervormingsproses saam te werk deur by te dra tot
die ontwikkeling van boere deur die oordrag van kennis, vaardigheidsontwikkeling
en mentorskapsteun waar dit ook al nodig is.
Die Ontwikkelende Landbouprogram (OLP) van Graan SA is nou reeds meer as tien
jaar lank aan die gang, en die program verskaf tans sy dienste vanuit nege verskil-
lende streekskantore aan boere. Die pad was nie orals ewe gelyk nie, en daar was
talle uitdagings en teleurstellings tussenin, maar doelgerigtheid en passie was die
dryfveer van die produsentelede en bestuur van Graan SA, sowel as van die ontwik-
kelende landbouspan, wat mettertyd aansienlik uitgebrei is. Ongelooflike resultate
het na talle jare, duisende kilometer en hardnekkige vasberadenheid gevolg, en is
die deurlopende bron van inspirasie en motivering vir die voortgesette groei van
die program.
Reën-afhanklike graanverbouing in Suid-Afrika is lank reeds onder geweldige druk.
Die waarde van die graan het vir baie jare nie op gelyke voet met die prys van in-
sette gestyg nie, en weerspieël nie die risiko’s betrokke by hierdie soort boerdery nie.
In ’n Suid-Afrikaanse konteks is daar in elk geval ’n aantal belangrike redes waarom
dit steeds nodig is om “bemagtigde swart kommersiële boere” te ontwikkel – onder
andere die behoefte aan ’n verenigde stem sodat die werklike probleme waarvoor
boere (en dus nasionale voedselsekerheid) te staan kom, uit die weg geruim kan word.
Landbou is ’n belangrike werkgewer en die basis van talle verwante bedrywe wat ook
ten opsigte van werkskepping en die bruto nasionale produk bydra. Sover dit die lan-
delike ontwikkelingsplan en grondtransformasie-agenda van Suid-Afrika betref, is dit
belangrik dat 30% van grond in wit besit in die hande van swart boere moes wees, wat
impliseer dat 30% van insette en uitsette ook van daardie grond moet kom.
Dit is alles redes wat voortgaan om Graan SA te inspireer om die OLP se mis-
sieverklaring van vandag na te streef:
Om swart kommersiële boere met kapasiteit
Mnr Cois Harman
Mnr Gert Pretorius
Mnr Nico Vermaak, voormalige Bestuurder
van NOPO.