Previous Page  12 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 23 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႄ

DIE GRAAN SA ONTWIKKELENDE LANDBOUPROGRAM IN SYFERS (2015)

Getal kantore

Lichtenburg, Taung, Ladybrand, Nelspruit, Louwsburg, Dundee,

Kokstad, Mthatha, Paarl

9

Studiegroepe

123

Huidige getal studiegroeplede

5 801

Demonstrasieproefnemings

53

Boeredae gehou

76

Gevorderde boere

141

Gemiddelde bewerkbare grond per studiegroeplid

198

Daar is ’n totaal van nege kantore, insluitende die koördinerende kantoor in Bloem-

fontein. Hierdie kantore is almal strategies geplaas om ’n wye gebied te diens

waar graan winsgewend geproduseer kan word, en waar ontwikkelende boere

toegang tot grond het. Hierdie kantore verskil effens ten opsigte van die werk

wat hulle doen, aangesien dit van die gebied, klimaatstoestande, vlak van boer-

dery, grondbesitregreëlings en aangeplante gewasse afhang, maar almal het ’n

spesifieke kwota werk elke jaar. Die projekte wat deur die kantore hanteer word,

sluit in die studiegroepdiens, aanplanting van demonstrasieproefnemings,

boeredae, ontwikkeling van vennootskappe, die Boer van die Jaar-kompetisie,

die ondersteuning van die gevorderde boere, asook die tref van reëlings vir

die opleidingskursusse.

Die koste van die kantore word tans (2015/2016) deur die Mielietrust en die Winter-

graantrust gedra. Die koste van ’n kantoor is in die omgewing van R1 525 000/jaar,

wat die personeelkoste vir die ontwikkelingskoördineerder asook die kantoor-

administrateur, reiskoste (gewoonlik word daar sowat 4 000 km/maand afgelê),

kantoorhuur, telefoon, selfoon en faks, huur van kantoortoerusting en die koste

van die koördineerder se oornagverblyf insluit.

Die onderskeie kantore diens elkeen effens verskillende boerekliëntebasisse, en

daarom verskil die gedetailleerde werkslading van elke kantoor van die ander s’n.

MENSE WAT MENSE OP GRONDVLAK HELP

Die ontwikkelingskoördineerders rapporteer deurlopend oor goeie vordering

met demonstrasieproefnemings wat aangeplant is, boeredae wat gehou word en

die “gevorderde boer”-program wat die pad op ’n een-tot-een-grondslag saam

met die groterskaal, meer gekommersialiseerde boere gestap het. Die benoe-

mings vir die Boer van die Jaar-kompetisie was almal uitstekende kandidate wat

aansienlik gegroei het. Trouens, volgens mnr Danie van den Berg, ontwikkelings-

koördineerder, is hulle nie werklik meer “ontwikkelende” boere nie, maar goeie

boere met goeie gewasse.

Die studiegroepe was van groot hulp, en so ook die boeredae. “Hulle maak ’n

goeie bydrae tot voedselsekerheid in hulle gebied,” het hy gesê. Mnr Tonie Loots,

destyds die ontwikkelingskoördineerder op Zeerust, het gesê dat boere begin

het om chemiese onkruidbeheer te gebruik en beter pryse vir hulle mielies kon

kry. “Dis ’n totaal ander manier van boer!” Mnr Papi Nkosi, voormalige Graan SA-

hoofbestuurslid van Bosbokrand in Mpumalanga, het die boere se waardering uit-

gespreek: “Graan SA doen wonderlike werk vir die ontwikkelende boere. Al die

boere wat deel is van die program pas hulle produksiepraktyke aan. Dit is ’n baie

verdienstelike program en dit het ’n impak op die lewens van mense.”

Ontwikkelingskoördineerder mnr Johan Kriel, wat op Ladybrand in die Vrystaat ge-

baseer is, het opgemerk dat Graan SA met ’n sneeubaleffek te make het. Die vraag

na bystand en mentorskap was groot: “As jy ’n boer kry wat 1 tot 2 ton kry en jy kan

dit tot 10 ton verhoog – dit maak ’n verskil in mense se lewens. Ons besef nie altyd

die impak wat ons maak nie – die lojaliteit en die verantwoordelikheid wat daarmee

gepaardgaan, is enorm – mense kom saam met baie probleme. Ons is toegewyd.”

Klankgreep: Die beloning daarvan om ’n ontwik-

kelingskoördineerder te wees – mnr Jerry

Mthombothe.

Play Video