Previous Page  6 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 23 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

word, en 22 boere is deur die Wintergraantrust en die Vrystaatse Departement

van Landbou bygestaan. Die sleuteluitdaging was steeds die winsgewendheid

van koringproduksie in die Vrystaat. Hulle ondersteuning het ook gelei tot die

daarstelling van ’n provinsiale kantoor in die Paarl om ontwikkelende boere in die

Wes-Kaap te diens.

VROEË LANDBOU-ONTWIKKELING DEUR GRAAN SA

Cois Harman is in 1999 deur Graan SA aangestel om die program te bestuur en

toepaslike vaardigheidsopleiding vir die ontwikkelende boere te organiseer. Die

eerste stap was die voortsetting van dienste aan gevestigde studiegroepe uit die

NOPO-era, en om voort te gaan om nuwe studiegroepe te stig. Demonstrasie-

landerye is gevestig sodat boere self kon sien wat die voordele van bestepraktyk-

produksie, nuwe kultivars, grondmonsterneming en bemesting asook behoor-

like onkruidbeheer is. Spesiale boeredae is vir groter groepe boere gehou sodat

hulle oor die jongste tegnieke kon leer. Studiegroepe het die grondslag gevorm

vir kommunikasie tussen die boere en die organisasie, saam met die radio-uit-

sending, wat voortgegaan het, en ’n maandelikse nuusbrief,

Pula Imvula

, wat in

Tswana, Noord-Sotho en Zulu gepubliseer is.

Die organisasie is aangespoor deur die sukses van die projekte wat bedryf is,

en die terugvoer van die boere was entoesiasties. Bewyse van projeksukses

kon reeds in beter opbrengste gemeet word, byvoorbeeld waar die gemiddel-

de sonneblomopbrengs 300 kg/ha - 500 kg/ha was, het boere reeds meer as

1 t/ha geoes, met sommige wat selfs meer as 2 t/ha gekry het. Mielie-oeste het

verbeter, met verstommende opbrengste wat behaal is as gevolg van die boere

se toepassing van hulle nuwe kennis en die gebruik van beter saadkultivars, te-

same met meer doeltreffende bemestings- en spuitprogramme.

Een so ’n boer is mnr Lazarus Mothusi van Weltevrede in Noordwes. Vandag is hy ’n

suksesvolle boer en rolmodel vir ander. Hy vertel hoe hy as ’n beginnerboer sowat

4 ton sonneblom op 15 ha geoes het en gedink het hy vaar goed. Hy beskou die dag

toe hy in 1996 met Harman kontak gemaak het as sy gelukkige dag. Harman het as

mentor opgetree en homuitgenooi omGraan SA se opleidingsessies by te woon. Hy

gee Graan SA se ontwikkelende landbou-inisiatief al die eer vir sy groei en sukses.

Teen 2002 was die Graan SA-program by 436 studiegroepe, met ’n totaal van

9 680 boere betrokke. Harman het in 2005 bedank en is in September daardie jaar

deur me Jane McPherson opgevolg.

Mnre Cois Harman (Ontwikkelingsbeampte van Graan SA) en Jub Jubelius (Hoofbe-

stuurslid van Graan SA), voor, verduidelik die voordele van die korrekte gebruik van kuns-

mis aan mnr Paul Kgori Mutloane, sy neef, Solomon Manoto en Peterson Solane.

MNR COIS HARMAN

D

it was ’n avont§ur om st§-

dieg¢oepe regoor die g¢aan-

produserende gebiede van

die land te vestig, aangesien die be-

hoefte aan opleiding onbeskr®flik

g¢oot was. Kursusse in meganika is

in samewerking met New Holland

aangebied, ter«yl g¢aankursusse in

samewerkingmet LNR-IGG ont«erž

en aangebied is. Die g¢aankursusse

het die ver›aamste aspekte van

boerder® ingesluit, by©oorbeeld

g¢ondmonster›eming, g¢ondvoor-

bereiding, bekalking, gewas- en

kultivarkeuse, produksieprakt®ke,

plaag- en onkr§idbeheer, oes en

g¢aanbemarking.

Ons het opleiding op ’n st¢eeksg¢ond-

slag benader en dit ondersteun met

gewasproef›emings wat per st¢eek

geplant is, aangesien die toestande,

g¢ond en klimaat in die st¢eke verskil.

St§dieg¢oepe was ’n baie doelt¢ef-

fendemetode omopleiding te verskaf,

maar het ook as platfor™ gedien om

ons lede met kundigheid in aanra-

king te bring. Dit het hulle in staat

gestel om onańanklik te ont«ikkel

en te g¢oei. Vanaf 2002 is provinsiale

best§urders aangestel om ont«ik-

keling te koördineer, boeredae te

organiseer, opleiding te fasiliteer en

een-tot-een-mentorskap te verskaf.

Vir my was die ver©ullendste er©a-

ring om te sien hoe boere vorder

ter«yl hulle leer.

PERSOONLIKE MEDEDELING