Previous Page  11 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 23 Next Page
Page Background

ႃႃ

HOOFSTUK 8

GRONDBESITREG, GEWASSE AANGEPLANT

EN GRAAN SA-KANTORE PER PROVINSIE

hand geplant om te demonstreer dat beste praktyke en beter opbrengste haalbaar is.

Daar lê geweldige waarde daarin om te sien en te glo, en op sommige plekke het ’n

verandering in boerderymetodes soos ’n veldbrand deur ’n streek getrek namate

een boer die boodskap aan sy bure oordra.

Die etos agter Graan SA se program lui:

• Boere moet bemagtig word om self te boer (kontrakteurs moenie namens

hulle boer nie).

• Waar hoegenaamd moontlik moet boere hulle eie toerusting besit en nie op

die aktiwiteite van ander diensverskaffers staatmaak nie.

• Boere met plase van alle groottes kan bygestaan word om die grond te ge-

bruik wat tot hulle beskikking is deur die mees moderne metodes van gewas-

produksie te gebruik.

• Die maatstaf van sukses is die volhoubare produksie van winsgewende

gewasse op elke hektaar (en nie die totale getal hektaar aangeplant, of die

totale getal ton geoes nie).

Om hierdie doelwitte te bereik, is befondsing verkry om die program se voetspoor

mettertyd te vergroot deur ’n streeksteenwoordigheid daar te stel.

DIE VOETSPOOR VAN GRAAN SA IN DIE LAND:

STREEKSKANTORE

Vanaf die nederige begin op Zeerust het die program sy voetspoor stelselmatig

na meer van die belangrike graanproduserende streke uitgebrei. Streekskantore

wat beman word deur ’n ontwikkelingskoördineer wat met die inheemse taal van

daardie streek vertroud is, asook ’n administratiewe assistent, is geopen. Tans is

daar kantore op Lichtenburg en Taung in Noordwes, Ladybrand in die Vrystaat,

Nelspruit (Mbombela) in Mpumalanga, Louwsburg en Dundee in KwaZulu-Natal

(wat ook dele van Mpumalanga, Kokstad en Mthatha in die Oos-Kaap bedien), en

Paarl in die Wes-Kaap.

Provinsie

Kantoor

Gewasse aangeplant Grondbesitreg

Noordwes

Lichtenburg Mielies, sojabone,

sonneblom

Alle tipes

Taung

Besproeiingsmielies,

koring, gars, katoen,

grondbone, lusern,

aartappels

Meestal staatsgrond in

die Taung-besproeiing-

skema

Vrystaat

Ladybrand Mielies, sojabone,

sonneblom, grond-

bone, droëbone

Alle tipes (baie min ge-

meenskaplike grond)

Oos-Kaap

Mthatha

Mielies, droëbone

Meestal gemeenskaplike

grond

Maclear

Mielies, droëbone

Meestal gemeenskaplike

grond – mate van PLAS

Kokstad Mielies, droëbone

Meestal gemeenskaplike

grond – mate van PLAS

KwaZulu-Natal Dundee

Mielies, droëbone

Meestal gemeenskaplike

grond – mate van PLAS

Mpumalanga Louwsburg Mielies, droëbone

Meestal gemeenskaplike

grond

Nelspruit

Mielies, droëbone,

grondbone

Meestal gemeenskaplike

grond

Wes-Kaap

Paarl

Koring, gars, hawer,

kanola

Meestal kerkgrond en

PLAS

Mnre William Matasane, kommer-

siële boer van Senekal (links) en Koos

Mthimkulu, Ontwikkelende Boer van

die Jaar vir 2011, bespreek koringsake

met mnr Jannie de Villiers, Uitvoe-

rende Hoofbestuurder van Graan SA.