DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႈ
Die verklaarde oogmerke met die Witskrif was om gelyke toetrede tot landbou
in Suid-Afrika vir alle rasse en geslagte te verseker, ’n gesonde kommersiële
boerderysektor in stand te hou en uit te brei, voedselsekerheid en die bewaring
van natuurlike hulpbronne te bevorder en vrye mededinging in die landbousektor
te verseker.
Die African National Congress (ANC), wat die ander party in die Nasionale Een-
heidsregering was, het egter ook sy eie beleidsdokument oor landbou voorgelê,
wat tot ’n groot mate op die Kassier-komitee se verslag gebaseer was met sterk
voorkeure ten gunste van ’n totale vryemarkstelsel.
WET OP BEMARKING VAN LANDBOUPRODUKTE, 1996
In 1996 is die Wet op Bemarking van Landbouprodukte, Wet 47 van 1996, (“die
1996-wet”), deur die parlement aanvaar. Dié wet, wat die Bemarkingswet van 1968
herroep het, het op 1 Januarie 1997 in werking getree.
Die Kassier-komitee se benadering van ’n bestuurde oorgang wat moes lei tot
minimum intervensie is uiteindelik in die 1996-wet oorgedra ten spyte van sterk
standpunt deur sommige rolspelers dat die totale stelsel na ’n beperkte uitfase-
ringsperiode eenvoudig geskrap moes word. Die Wet het egter in verskeie opsigte
verder gegaan as die Kassier-komitee se aanbevelings, byvoorbeeld deur die om-
standighede en voorwaardes te omskryf waaronder inmenging deur die Staat in
die bemarking van landbouprodukte wel mag plaasvind, sowel as die proses wat
daarvoor gevolg moes word.
Doelstellings
Die doelstellings van die 1996-wet was, onder andere, om die daarstelling en
afdwinging van regulatoriese maatreëls wat daarop gemik is om die bemarking
van landbouprodukte te reguleer, insluitende die instelling van heffings op land-
bouprodukte, te magtig, asook om voorsiening te maak vir die instelling van die
Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR). Die NLBR moet die effek van
deregulering monitor en ondersoeke doen na uitvoerbemarkingsinsentiewe en
tarifering. Die uitgangspunt met die Wet was om omgewenste inmenging te
voorkom eerder as om dit te magtig, anders as wat die geval met die Bemarkings-
wet van 1968 was.
Doelwitte
Die doelwitte van die 1996-wet was om die volgende te bewerkstellig:
• Verhoogde marktoegang vir al die deelnemers in die mark;
• die bevordering van effektiewe bemarking van landbouprodukte;
• optimalisering van verdienste uit die uitvoer van landbouprodukte; en
• bevordering van die lewensvatbaarheid van die landbousektor.
Die Wet bepaal uitdruklik dat statutêre maatreëls slegs toegelaat mag word indien
die Minister van Landbou tevrede is dat sodanige maatreëls een of meer van die
Wet se doelwitte direk en wesenlik sal bevorder, sonder om voedsel- en werk-
sekerheid en die handhawing van billike arbeidspraktyke wesenlik te benadeel.
Statutêre maatreëls sal ook net geïmplementeer mag word indien bewys kan word
dat dit voldoende ondersteuning van direk geaffekteerde partye geniet.
Hierdie maatreëls, tesame met verskeie ander bepalings in die 1996-wet, is in-
gevoeg in ’n poging om die besluitnemingsproses oor statutêre inmenging in die
bemarking van landbouprodukte meer deursigtig en inklusief te maak.
Nasionale Landboubemarkingsraad
Die 1996-wet maak voorsiening vir die instelling van ’n NLBR om die Minister van
Landbou op verskeie wyses en terreine te adviseer oor en by te staan met aan-
geleenthede rakende statutêre maatreëls en die landboubemarkingsbeleid.
Die NLBR, wat op 6 Januarie 1997 gestig is, se samestelling, magte en funksies
verskil aanmerklik van sy voorganger, die Nasionale Bemarkingsraad. Die NLBR se