DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႃႂ
van produsente-organisasies het produsente geen beheer of besluitnemings-
verantwoordelikheid ten opsigte van graanpryse gehad nie, terwyl die land-
boubesighede slegs as agente van die rade opgetree het vir die ontvangs,
opberging en verspreiding van die graan, asook betaling van die koopprys van
die graan aan produsente.
Met deregulering van graanbemarking in 1997 het die verantwoordelikheid vir be-
marking feitlik oornag na die produsente self geskuif, maar aangesien die beheerrade
in die gereguleerde mark al die bemarkingsaktiwiteite ten opsigte van graan hanteer
het, het die landboubesighede en produsente weinige ondervinding in die bemar-
king van graan gehad. Produsente het oor die algemeen nie oor die kennis beskik om
prysbesluite te neem nie en kon aanvanklik ook nie op die landboubesighede daar-
voor steun nie. Gevolglik het aansienlike onsekerheid oor prysbewegings bestaan by
diegene wat by die koop en verkoop van graan en oliesade in die nuwe markomge-
wing betrokke geraak het.
Sedert deregulering word die pryse van graan in Suid-Afrika hoofsaaklik beïnvloed
deur faktore soos invoer- en uitvoerpariteit, tariewe, netto binnelandse vraag, aan-
bod, voorraadvlakke, oesskattings, weersomstandighede en wisselkoerse. Die
prysstabiliteit van die gereguleerde mark het plek gemaak vir pryse wat geweldig
gefluktueer het en waaroor die produsente geen beheer gehad het nie. Die mark
SEDERT DEREGULERING KON BOERE NIE MEER
OP STAATSHULP EN VASTE PRYSE STAATMAAK NIE, MET DIE
GEVOLG DAT EKONOMIE VAN SKAAL AL MEER BELANGRIK
GEWORD HET. IN DIE GEVAL VAN KORINGPRODUKSIE
IS ’N AANSIENLIKE VERHOGING IN PRODUKTIWITEIT
WAARGENEEM, MAAR TERSELFDERTYD HET DIE AREA
WAAROP KORING VERBOU IS, AANSIENLIK AFGENEEM EN
DIE HOEVEELHEID KORING INGEVOER VINNIG TOEGENEEM.
TEEN 2007 IS SLEGS SOWAT 632 000 HA IN SUID-AFRIKA
ONDER KORING VERBOU, TEENOOR SOWAT
1 550 000 HA IN 1991.
Dié kommentaar oor die nuwe bemar-
kingstelsel het in
Mielies/Maize
van Julie
1995 verskyn.