DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႊ
samestelling word uitdruklik in die 1996-wet gereël. Dit bestaan uit tien lede wat op
aanbeveling van parlementêre portefeuljekomitees deur die Minister van Landbou
aangestel word, op so ’n wyse dat dit verteenwoordigend is van ’n breë spektrum
van belangegroepe, insluitende verbruikersgroepe en opkomende boere wat voor-
heen tot ’n groot mate uitgesluit was.
Die lede van die NLBR moet oor praktiese kennis en ondervinding rakende die
landboubedryf, produksie van landbouprodukte, plaaslike en internasionale
bemarking van landbouprodukte, landbou-ekonomie en/of die produksie en be-
marking van landbouprodukte deur klein- en opkomende boere beskik.
Die NLBR het groter magte gekry as sy voorganger wie se hoofdoel was om die
Minister van Landbou van advies te bedien, wat hy in elk geval kon ignoreer. Die NLBR
beskik oor sy eie personeel (in teenstelling met die vorige bedeling waar die LBR van
gesekondeerde personeel gebruik moes maak) en sy begroting word deur die Minister
van Landbou goedgekeur, na konsultasie met die Minister van Finansies.
Indien die NLBR aanbevelings rakende statutêre maatreëls maak, hetsy die instel-
ling van nuwe maatreëls of die voortsetting, wysiging of skrapping van bestaande
maatreëls, is die Minister verplig om sy redes vir die aanvaarding, verwerping of
terugverwysing daarvan in die Staatskoerant te publiseer.
Na implementering van die 1996-wet is statutêre maatreëls ten opsigte van re-
kordhouding, registrasie en indiening van opgawes in verskeie landboubedry-
we, waaronder mielies, koring, oliesade en sorghum, ingestel. Hoewel verskeie
bedrywe heeltemal weggedoen het met statutêre maatreëls, is heffings wel na
inwerkingtreding van die Wet in ’n aantal bedrywe ingestel, insluitende die ko-
ring- en sorghumbedrywe.
Met die onttrekking van die NP aan die Nasionale Eenheidsregering is Minister
Van Niekerk, vervang met mnr Derek Hanekom, wat deur die nuwe ANC-regering
aangestel is. Die nuwe Minister van Landbou se standpunt was eenvoudig dat die
bemarkingskemas afgeskaf en die beheerrade op 1 Mei 1997 ontbind moes word.
Hy was nie bereid om te luister na NAMPO se herhaalde versoeke om die proses
van oorskakeling na ’n gedereguleerde mark oor tyd in te faseer nie.
Op 28 November 1996 het Minister Hanekom aangekondig dat daar vanaf die aan-
vang van die volgende seisoen, met ander woorde 1 Mei 1997, geen vloerprys vir
mielies sou wees nie en dat ’n vryemarkstelsel sou geld. Hy was nie eers bereid
om verteenwoordigers van NAMPO daaroor te woord te staan nie. Dit blyk dat sy
besluit moontlik beïnvloed kon wees deur sy ontevredenheid met ’n styging in die
binnelandse prys van mielies as gevolg van ’n binnelandse tekort wat na sy mening
doelbewus deur uitvoere veroorsaak is. Gevolglik moes groot veranderings in die
landboubemarkingsomgewing binne ’n baie kort tyd geïmplementeer word.
REEDS IN DIE 1930’S, MET DIE VESTIGING VAN
BEHEERDE BEMARKING, IS DIE MENING ONDER
SOMMIGE GROEPE EN INDIVIDUE GEHULDIG DAT
VERAL DIE BEPERKENDE REGISTRASIEVEREISTES VAN
DIE KORINGRAAD TOT MARKKONSENTRASIE SOU LEI.
HIERDIE SIENINGS KAN MET TERUGBLIK MOONTLIK
ONDERSTEUN WORD DEUR DIE SKULDIGBEVINDING
IN 2009 VAN MEULENAARS EN BAKKERS AAN
ONMEDEDINGENDE PRAKTYKE IN TERME VAN DIE WET
OP MEDEDINGING VAN 1998. IN DIE EEN SAAK IS VIER
BAKKERS VAN PRYSVASSTELLING BESKULDIG, TERWYL
17 MEULENAARS IN DIE ANDER SAAK DEUR
DIE MEDEDINGINGSTRIBUNAAL AAN
PRYSVASSTELLING SKULDIG BEVIND IS.
Klankgreep: Die surplusverwyderingskema
het vir twee jaar voor die vrye mark inge-
stel is,
’
n vloerprys in die mieliemark geskep
– mnr Cerneels Claassen.
Klankgreep: Die afskaffing van die Koringraad
het gevolg op die uitfasering van die eenkanaal-
stelsel – mnr Andries Beyers.