Previous Page  19 / 19
Information
Show Menu
Previous Page 19 / 19
Page Background

ႃႋ

HOOFSTUK 3

Nasionale Oesskattingskomitee (NOK)

Akkurate oesskattings is uiters belangrik in ’n vryemarkomgewing, aangesien dit

inligting voorsien wat noodsaaklik is wanneer belangrike besluite oor bemarking

en produksie geneem moet word. Ten einde hierdie behoefte te bevredig is die

NOK as deel van die dereguleringsproses gestig.

Oesskattings en vooruitskattings word afgelei van insette van die verskillende lede

van die NOK, synde die Nasionale sowel as Provinsiale Departemente van Land-

bou, die Landbounavorsingsraad en Statistieke Suid-Afrika, wat almal onafhanklik

van die handel is.

Die Oesskattingskakelkomitee, ’n amptelike komitee van die NLBR, moniteer die

oesskattingsproses van die NOK en is ’n belangrike platform vir die oplossing van

geskille en probleme rakende oesskattings. Dit is in Oktober 1998 gestig met die

fokus om toe te sien dat ’n onafhanklike en objektiewe NOK gevestig word, wat

sy rol in die industrie verstaan en aanvaar, naamlik die samestelling van akkurate,

tydige en geloofwaardige oesskattings, sowel as finalisering van die produksie-

syfers per gewas aan die einde van elke seisoen en die evaluering van die NOK

se prestasie.

TERUGBLIK

Uiteindelik het die Suid-Afrikaanse landbousektor goed by deregulering aangepas

en is die Suid-Afrikaanse produsente besig om te ontwikkel in sterk en internasio-

naal mededingende produsente, wat ’n goeie basis skep vir waardetoevoeging

laer af in die waardeketting, die lok van beleggings, uitvoerfokus en uitbreiding in

die oorwegend hoëwaarde produkte.