DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄ
LANDBOUBEMARKING
TRUSTS
Dereg§lering van
en voring van
Feitlik vanaf die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910
is Suid-Afrikaanse landbou gekenmerk deur staatsinmenging
deur middel van verskeie stukke wetgewing. Uit ’n bemar-
kingsoogpunt was die belangrikste ingryping waarskynlik die
Bemarkingswet van 1937 en die gepaardgaande instelling
van beheerrade vir verskillende landbouprodukte.
Die hoofoogmerk van die 1937-wet sowel as sy opvolger, die Bemarkingswet van
1968, was om ordelike bemarking van landbouprodukte te bewerkstellig. In Hoof-
stuk 1 is beskryf hoe dit gefunksioneer het en van tyd tot tyd aangepas is, dikwels
juis as gevolg van ontevredenheid oor die gebrek aan orde en konsensus.
Vir ongeveer vyf dekades is graan in Suid-Afrika deur ’n verskeidenheid van rade
ingevolge bemarkingskemas in ’n eenkanaalbemarkingstelsel bestuur waarin die
Minister van Landbou die finale besluite geneem het, veral ten opsigte van pryse
en bemarking.
Vanaf die tagtigerjare het die druk op die eenkanaalbemarkingstelsel algaande toe-
geneem. Dit het in die 1990’s momentum gekry, veral as gevolg van pryse wat
eensydig deur die Minister vasgestel is. Daar was ook druk weens geweldige te-
korte wat in die Mielieraad se Stabilisasiefonds opgeloop het, tot so ’n mate dat
dit selfs nie eers deur NAMPO se direkte betrokkenheid van sy lede op die Mielie-
raad uitgewis kon word nie.
Klankgreep: Mnr Jannie de Villiers vertel van
produsente se reaksie op die Kassier-komitee-
verslag tydens
’
n vergadering op Bethlehem.