Previous Page  4 / 19 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 4 / 19 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

KRITIEK OP DIE KASSIER-KOMITEE

Die samestelling van die Kassier-komitee het kritiek van verskeie oorde, in-

sluitende NAMPO, ontlok, veral ten opsigte van bekende vooroordele en ’n

gebrek aan in diepte kennis van die bedryf van sekere lede van die Komitee.

Met die bekendstelling van die verslag was NAMPO sowel as ander kundiges

van mening dat die verslag oppervlakkig was, dat verskeie van die Komitee

se bevindings en aanbevelings berus het op afleidings vanuit voorafopgestel-

de sienings en filosofieë, eerder as praktiese markkundigheid en dat dit nie

die invloed op die verskillende belange, soos in die opdrag vervat, behoorlik

oorweeg het nie.

Die mening is ook gehuldig dat die verslag op ’n onregverdige wyse sekere

veralgemeende stellings ten opsigte van bemarkingsrade gemaak het en eer-

der sommige van die Komiteelede se filosofiese sienings oor ’n vrye mark

weergegee het as omdie behoeftes van die bedryf te evalueer. Voorstaanders

van beheerde landboubemarking het die Komitee se stellings gekritiseer deur

daarop te wys dat nêrens in die wêreld ’n volkome vrye mark bestaan nie.

Kritici het ook daarop gewys dat verskeie in-diepte ondersoeke wat ge-

durende die laaste dekade voorafgaande die Komitee se verslag uitgevoer is,

bevind het dat die eenkanaalbemarkingstelsels vir landbouprodukte behou

moes word, hoewel erkenning gegee is dat die bestuur daarvan met verloop

van tyd by veranderde omstandighede aangepas moes word. Die laaste van

hierdie verslae, dié van die sogenaamde Brand-komitee, waarop produsente

sowel as verbruikersgroepe verteenwoordig was, is vrygestel in dieselfde

jaar as wat die Kassier-komitee aangestel is. Hierdie ondersoeke en bevin-

dinge is egter nie deur laasgenoemde komitee in aanmerking geneem nie.

Sommige van die meer algemene aanbevelings het ingesluit:

• Dat die graderingstandaarde vir mielies, koring en ander graansoorte aangepas

moes word om die voedings- en ekonomiese waarde daarvan beter te weerspieël;

• dat die bemarkingsrade vir graan ’n meer verbruikersvriendelike benadering ten

opsigte van prysbepaling moes volg;

• dat in die gevalle waar die bemarkingsrade ’n eenheidsprysingsbeleid toegepas

het, dit onmiddellik afgeskaf en vervang moet word met ’n prysvormingstelsel

wat die vergelykbare voordele beter sou weerspieël, insluitende liggings- en

kwaliteitsverskille; en

• dat statutêre eenkanaal- en prysondersteunende bemarkingskemas afgeskaf

moes word en die bestaande bemarkingsrade as private en vrywillige organisa-

sies voortbestaan.

Terselfdertyd het die Kassier-komitee gewaarsku teen die gevaar dat deregulering

moontlik kon lei tot ’n verlies aan bedryfsinligting, aangesien die beheerrade op

daardie stadium vir die voorsiening daarvan verantwoordelik was.

Die Komitee het ook gemeen dat die Staat groter verantwoordelikheid moes

neem om voedselsekerheid in Suid-Afrika te verseker. Dit behoort nie in die

landboubemarkingstelsel geïntegreer te word nie, maar moet uit die sentrale

begroting befonds word, met die nodige versekering van deursigtigheid.

Vroeg in 1993, kort nadat die Kassier-komitee se verslag vrygestel is, het Minister

Van Niekerk ’n Landboubemarkingsbeleid-evalueringskomitee (LBBEK) aangestel.

Die LBBEK se opdrag was om, met die oog op ’n bemarkingsbeleid vir verkillende

landbouprodukte, ’n raamwerk met riglyne vir toekomstige bemarkingstelsels vir

elke landbouproduk voor te stel en in samewerking met ander belanghebbendes,

insluitende die beheerrade, riglyne vir ’n implementeringsplan op te stel.

Hoewel die LBBEK uit verteenwoordigers van ’n wyd-uiteenlopende aantal be-

langegroepe saamgestel is, het dit uiteindelik daarin geslaag om ’n konsensusver-

slag aan die Minister te lewer. Die verslag het aanbeveel dat die

status quo

behou

word, maar met verminderde regulering en groter deursigtigheid.

Klankgreep: Die vrye mark is

n illusie – dit is

inderwaarheid

n gemanipuleerde mark – mnr

Crawford von Abo.

n Eksemplaar van die Kassier-komitee se

bevindinge. Dié verslag het daartoe gelei

dat mieliebemarking in Suid-Afrika finaal

verander het.

Klankgreep: Mnr Attie Swart, voormalige Ad-

junk-direkteur-generaal in die Departement van

Landbou sê mielies was die begin van die be-

weging na

n vrye mark.

Play Video
Play Video