Previous Page  11 / 19 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 19 Next Page
Page Background

ႃႃ

HOOFSTUK 3

DIE EERSTE

MIELIEKONTRAKTE IS

GEDURENDE DIE EERSTE

KWARTAAL VAN 1996 OP

SAFEX VERHANDEL – IN

TOTAAL 485 KONTRAKTE,

OFTEWEL 48 500 TON.

IN JULIE 2015 IS GE-

MIDDELD 1 080 JULIE

2015-MIELIEKONTRAKTE

(1 080 000 TON) EN

3 057 DESEMBER

2015-MIELIEKONTRAKTE

(3 057 000 TON) PER DAG

VERHANDEL.

het wel vir produsente die geleentheid gebied om hulle finansiële risiko’s deur ge-

bruikmaking van markinstrumente te verskans, maar gebrekkige kundigheid op dié

terrein het aanvanklik groot uitdagings geskep.

Die gebruik van markinstrumente om risiko’s te verskans was nie altyd eenvoudig

nie, veral in die koringmark waar markaandeel in ’n relatiewe klein aantal rolspelers

gevestig was, met sowat vier organisasies wat die mark feitlik totaal oorheers het.

Dit blyk egter dat produsente oor die algemeen tog redelik gou begin het om die

prysingsmeganismes wat Safex (die South African Futures Exchange) gebied het,

te benut en gedurende die 1998/1999-seisoen het ongeveer 47,1% van graanprodu-

sente reeds daarvan gebruik gemaak.

Safex

Gedurende 1994 is begin met die ontwikkeling van ’n termynmark vir beesvleis, in

Suid-Afrika met die bedoeling om dit later, wanneer dit suksesvol gefunksioneer

het, na graan uit te brei. Aangesien die Mielieraad reeds vanaf die vroeë 1980’s

die uitvoere van mielies op die Chicago Board of Trade (CBOT) teen ongunstige

prysskommelings verskans het en dus kennis van die werking van termynmarkte

gehad het, het dit aktief by die ontwikkeling van ’n termynmark vir landboukom-

moditeite betrokke geraak.

Die belangstelling hierin het in afwagting van die deregulering van die landbousek-

tor sodanig toegeneem dat die Agricultural Markets Division (AMD) in 1995 as ’n

onafhanklike afdeling van die Safex gestig is. Safex het reeds vanaf die 1980’s in

die finansiële markte gefunksioneer en het dus met die stigting van die AMD oor

die nodige kennis en administratiewe stelsels beskik, wat dit in staat gestel het om

reeds in die eerste kwartaal van 1996 die eerste mieliekontrakte te verhandel.

Op die tydstip wat die Bemarkingswet van 1968 deur die 1996-wet vervang is,

was Safex dus reeds gevestig en het sowel wit- en geelmielies as koring daarop

verhandel. Later is dit ook na ander produkte, soos graad 2 mielies, sonneblom en

sojabone uitgebrei. Aanvanklik is slegs vooruitkontrakte op Safex verhandel, maar

met verloop van tyd is die verskeidenheid van beskikbare kontrakte en markinstru-

mente uitgebrei en het Safex ontwikkel tot volwaardige termynmark. Safex het die

platvorm geword waarop die pryse van gelyste landbouprodukte in Suid-Afrika be-

paal word en kontrakte daarvoor verhandel, in teenstelling met die vorige bedeling

waar die prys deur die enigste koper en verkoper van graan bepaal is.

In 2001 het Safex deel van die Johannesburg Stock Exchange (“JSE”) geword en

het dit as die Agricultural Products Division (APD) van die JSE bekend gestaan,

Een van die eerste advertensies wat verskyn het ter bekendstelling van Safex.