Previous Page  3 / 19 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 19 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 3

WIE WAS

ECKART KASSIER?

Prof Eckart Kassier het die graad

Dr Agrar aan die Universiteit van

Hohenheim in Duitsland verwerf

en het die grootste gedeelte

van sy professionele loopbaan

spandeer as professor en Hoof van

die Departement van Landbou-

ekonomie van die Universiteit van

Stellenbosch.

Hy was ook die eerste

voorsitter van die Nasionale

Landboubemarkings-

raad ingevolge die Wet op

Landboubemarking van 1996.

Met verloop van tyd het ’n groot gaping tussen die produsenteprys en die ver-

bruikersprys van mielies ontstaan, wat verdere druk op die eenkanaalbemarking-

stelsel geplaas het. Kopers en produsente het toenemend begin om die stelsel

en die Mielieraad te omseil sonder om die nodige heffings aan die Mielieraad

te betaal.

Internasionaal is veral gedurende die 1980’s toenemend na liberale ekonomiese

stelsels beweeg. Voor 1990 was Suid-Afrika weens politieke redes nie werk-

lik daardeur geaffekteer nie, maar namate die politieke en ekonomiese bestel in

Suid-Afrika begin verander het, het dit toenemend ’n invloed gehad en is die druk

op die eenkanaalbemarkingstelsel verhoog.

Suid-Afrika het deelgeneem aan die Algemene Ooreenkoms oor Handel en

Tariewe (AOTH) se onderhandelings en dit was duidelik dat die landboubemar-

kingsbeleid in terme van die Bemarkingswet van 1968, wat toe gegeld het, aansien-

lik meer deursigtig moes word, veral ten opsigte van eenkanaalbemarkingskemas.

DIE VERSLAG VAN DIE KOMITEE VAN ONDERSOEK NA

DIE BEMARKINGSWET (KASSIERVERSLAG – 1992)

Op 25 Junie 1992 het die Minister van Landbou, dr Kraai van Niekerk, ‘n Komitee

van Ondersoek na die Bemarkingswet (die sogenaamde Kassier-komitee) ingestel

met die opdrag om ‘n in diepte ondersoek te doen en verslag te lewer oor die

bemarking van landbouprodukte in Suid-Afrika. Die opdrag was verder dat die

ondersoek voorstelle moes insluit oor die wyse waarop enige aanbevelings van

die Komitee geïmplementeer moes word, asook ‘n ontleding van die verwagte in-

vloed daarvan op die produsent, verbruiker en voedselsekerheid in Suid-Afrika.

Die Komitee se opdrag het ingesluit dat die verskillende skemas wat ingevolge die

bestaande Bemarkingswet gefunksioneer het, individueel ondersoek moes word,

met inagneming van die risiko’s en onstabiliteit wat die Suid-Afrikaanse klimaat vir

landbouproduksie inhou.

Die Kassier-komitee was van mening dat die Bemarkingswette van 1937 en 1968

nie daarin geslaag het om die basiese doelwit daarvan, naamlik om die bedryf te

stabiliseer ten einde doeltreffende produksie moontlik te maak, bemarkingsmarges

te verminder en die natuurlike hulpbronbasis te beskerm, bereik nie. Die Komitee

was ook van mening dat die skemas wat ingevolge die Bemarkingswet ingestel is,

nie die beste belang van al die belangegroepe in die bedryf gedien het nie.

Die Komitee se siening was dat die veranderings wat met verloop van tyd wel ten

opsigte van deregulering plaasgevind het, veel te wense oorgelaat het, veral met

verwysing na die manier waarop dit gedoen is. Die Komitee het beweer dat daardie

veranderings in der waarheid spesifiek in die koringbedryf ’n monopolie vir sekere

individue en organisasies in die hand gewerk het, sonder enige statutêre beheer

wat daarop gemik was om ordelike bemarking te bewerkstellig.

Die Kassier-komitee het verder die mening gehuldig dat die landboubemarking-

stelsel tot ’n groter mate in ’n vryemarkstelsel gevestig moet word. In sy verslag

het die Komitee van die standpunt uitgegaan dat ’n sterk, onafhanklike, deursigtige

en meer gesentraliseerde en verteenwoordigende gesag nodig was om die ge-

vestigde belange van die beheerrade wat onder die 1968-wet gefunksioneer het,

te kon ophef.

Die Komitee se belangrikste oorhoofse aanbevelings was:

• Dat ’n Landboubemarkingsraad (LBR) ingestel word wat aan die kriteria in die

voorafgaande paragraaf voldoen, met gelyke verteenwoordiging vir al die be-

trokke belangegroepe. Die hooftaak van die LBR sou aanvanklik wees om die

proses van deregulering van die verskillende beheerrade te bestuur. Daarna

moes dit getaak word om sekere statutêre ingrepe wat steeds op die wetboek

bestaan het en nuwe maatreëls wat ingestel kon word, te implementeer deur

middel van bedryfsliggame wat as deel van die LBR sou optree;

• dat die deregulering van landboubemarking ’n bestuurde proses moes wees,

eerder as ’n eenmalige afskaffing van alle beheer; en

• dat die LBR slegs in ’n adviserende hoedanigheid vir die Minister moes optree.

Prof Eckart Kassier (regs) ontvang

n er-

kenningsertifikaat tydens NAMPO se af-

sluitingskongres van mnr Japie Grobler,

Voorsitter van NAMPO.