Previous Page  5 / 19 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 5 / 19 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 3

Klankgreep: Die vestiging van Safex het binne

n

paar jaar beslag gekry – mnr Jannie de Villiers.

Op 7 Maart 1995 is ’n konsepwet ter vervanging van die 1968-Bemarkingswet ge-

publiseer. Dit was grootliks op die aanbevelings van die LBBEK-verslag gebaseer

en het hewige kritiek van teenstanders van die 1968-wet ontlok, omdat dit baie van

die beginsels van die 1968-wet behou het en na die kritici se mening steeds baie

in die guns van die produsente opgestel was. Ook is gemeen dat die Wetsontwerp

dit vir partye met gevestigde belange moontlik sou maak om die regering se beleid

te beïnvloed, terwyl statutêre inmenging in die mark steeds toegelaat is sonder

dat enige kriteria bepaal is waarvolgens sodanige inmenging oorweeg moes word.

Gedurende Julie 1995 het Minister Van Niekerk, wat op daardie stadium nog deur

die Nasionale Party (NP) in die Nasionale Eenheidsregering aangestel is, ’n Witskrif

vir Landbou bekendgestel. Dit is met inagneming van die interim Grondwet van

Suid-Afrika, asook die Regering se Heropbou- en Ontwikkelingsprogram opgestel.

Die Minister het by die bekendstelling daarvan daarop gewys dat die veranderde

politieke en sosiale bestel in die land en die gepaardgaande doelwitte, sowel as

Suid-Afrika se toetrede tot die internasionale markte, ook vir landbouprodusente

groot uitdagings sal meebring, sowel ten opsigte van die binnelandse as die inter-

nasionale markte.

Veranderings aan die mieliebemarking-

stelsel is onafwendbaar, het NAMPO se

lede tydens ’n buitengewone Kongres op

26 Augustus 1993 besef.

Aan die vooraand van 1994 het een feit vir

produsente soos ’n paal bo water gestaan,

naamlik dat niks weer dieselfde gaan wees

nie.

Mielies/Maize

1993.

Play Video