Previous Page  12 / 19 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 19 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႄ

met die visie om ’n veilige en effektiewe mark vir die verhandeling van afgeleide

instrumente in Suid-Afrika te wees.

Soos op 31 Desember 2015 het die volgende kontrakte op Safex verhandel:

Kontrak

Datum gelys vir verhandeling

Witmielies WM1

Maart 1996

Witmielies WM2

Julie 2000

Geelmielies YM1

Maart 1996

Geelmielies YM2

Julie 2000

Koring

November 1997

Sonneblom

Februarie 1999

Sojabone

April 2002

Vervoerdifferensiaal

Die vervoerdifferensiaal wat met die vestiging van Safex ingestel is, weerspieël

die vervoerkostekomponent wat by die prysbepaling in berekening gebring word

Dit verteenwoordig die vervoerkoste om graan vanaf verskillende lokaliteite na

Randfontein te vervoer.

Safex het Randfontein gebruik as die verwysingspunt vir die bepaling van die ver-

voerdifferensiaal, as gevolg van die groot volumes graan wat aldaar verwerk is.

Die vervoerdifferensiaal vir elke Safex-leweringspunt is dan bereken met die ver-

voerkomponent as basis en afgetrek van die Safex-prys om ’n basisprys by elke

silo te bepaal.

Aanvanklik is die vervoerdifferensiaal hoofsaaklik met verwysing na die koste van

spoorvervoer bereken, omdat die meeste graan per spoor vervoer is. Spoorver-

voer was goedkoper as padvervoer, met die gevolg dat namate die volumes graan

wat per pad vervoer is, toegeneem het, die kostekomponent dienooreenkomstig

verhoog is. Eweneens het die styging in die prys van diesel asook hoër instand-

houdingskoste aan vragmotors as gevolg van die swak toestand van paaie met

verloop van tyd tot ’n groter vervoerdifferensiaal aanleiding gegee.

Infrastruktuur

Na deregulering van die markte in 1996 en die gepaardgaande veranderings in

produksievolumes in sekere afgeleë en marginale gebiede, het verskeie van die

silo’s en spoorweginfrastruktuur wat in die beheerde tydperk gevestig is, basies

in onbruik verval, terwyl ’n groter konsentrasie van opberging in ander gebiede

ontstaan het.

Ten tye van deregulering was die opbergingskapasiteit feitlik in geheel onder be-

heer van die voormalige landboukoöperasies. Bewerings het ontstaan dat van die

opbergers hulle dominansie ten opsigte van stoorkapasiteit misbruik het om on-

mededingende praktyke toe te pas. Een van die grootste opbergers van mielies van

die tyd, Senwes, is inderdaad deur die Mededingingskommissie daarvan aange-

kla dat hulle hul dominante posisie in die voorsiening van opbergingskapasiteit

misbruik het. Met die koms van alternatiewe opbergingsfasiliteite na deregule-

ring, byvoorbeeld silosakke en graandamme, het handelaars ander opsies as slegs

die beton silo’s van die voormalige koöperasies gehad en sou dit in alle waar-

skynlikheid nie meer vir ’n silo-eienaar maklik wees om die mark vir opberging te

domineer nie.

Landboubesighede

Een van die grootste aanpassings vir produsente kort na deregulering was die

verandering in hulle verhouding met landbou-ondernemings. Vanaf die aanvang

van beheerde bemarking in Suid-Afrika in die 1930’s, het landboukoöperasies ’n

baie belangrike rol in die graanbedryf gespeel. Die koöperasies, wat deur pro-

dusente besit en beheer is, het as agente van die beheerrade, wat die enigste

wettige bemarkers van graan was, gefunksioneer. Graanprodusente het hulle