ႋ
HOOFSTUK 3
Klankgreep: Omseiling van die mieliebemar-
kingstelsel wat plaasgevind het, het erge druk
geplaas op die eenkanaalbemarkingstelsel
– mnr Cerneels Claassen.
GEVOLGE VAN DEREGULERING
Deregulering van landboubemarking het nie net die totale graanbemarkingsland-
skap in Suid-Afrika radikaal verander nie, maar ook op vele aanverwante terreine
grootskaalse veranderings teweeggebring, hetsy boerderymetodes, produksie,
finansiering, opberging, meganisasie, arbeid of navorsing en ontwikkeling.
Die eerste aanduiding van veranderings in produsente se besluite oor gewasproduksie
is in die mieliebedryf waargeneem. Alhoewel die totale area wat onder mielies verbou
was, in die eerste jare na deregulering verminder het, was dit hoofsaaklik ten opsigte
van geelmielies. Statistiek toon dat sedert deregulering produsente sowel as hande-
laars se sentiment meer ten gunste van witmielies gedraai het.
Dit sal nie ’n maklike taak wees om die uiteindelike gevolge van deregulering in
al sy fasette te probeer bepaal nie en dit val ook nie binne die bestek van hierdie
publikasie nie, maar enkele van die onmiddellike gevolge verdien tog aandag.
Die grootste verandering wat die deregulering van landboubemarking tot gevolg
gehad het, is dat pryse van landboukommoditeite nie meer gereguleer was
nie, maar deur die werking van markkragte in die vryemark bepaal is. Dit het ’n
totaal nuwe landboubemarkingsomgewing geskep teenoor die gereguleerde stel-
sel wat vir etlike dekades gegeld het. Die oorskakeling het in ’n baie kort tyd gebeur,
sonder behoorlike infasering en dus sonder behoorlike beplanning.
Met die eensklapse toetrede van nuwe graankopers en -handelaars tot die mark
het ’n nuwe risiko ontstaan as gevolg van partye tot transaksies wat nie hulle oor-
eenkomste nagekom het nie. Dit het daartoe gelei dat standaardkontrakte vir die
bemarking van graan ontwikkel is, wat groter sekerheid geskep en tot meer orde in
die mark bygedra het.
In Hoofstuk 4 word verwys na inisiatiewe deur NAMPO en later Graan SA om aan
produsente opleiding te verskaf oor die werking van die graanmarkte. ʼn Makelaars-
diens is ook gestig om deursigtigheid in die mark te bewerkstellig.
Die afskaffing van die beheerrade het ook die einde van ’n era beteken waar pro-
dusente met ’n gewaarborgde meerderheidstem in die onderskeie beheerrade
bedryfsbesluite kon rig.
Prysvorming: Graan en Oliesade
Gedurende die gereguleerde tydperk is alle bemarking van graan in Suid-
Afrika deur die beheerrade onderneem. Benewens die kollektiewe invloed
Vanaf 1 Mei 1995 het mieliebemarking ’n
heel nuwe rigting ingeslaan toe finaal van
die ou eenkanaalbemarkingstelsel na die
nuwe gedereguleerde bemarkingstelsel vir
mielies beweeg is.