SA Graan Oktober 2014 - page 107

DieGroen-oplossing
‘n
Eksklusiewe verspreidingsooreenkoms is in plek gesit tussen
LaeveldAgrochem (verspreider) enElimKunsmis (vervaardiger)
om voortaan die unieke enkelkorrelproduk, wat bekend gaan staan
as die Groen-reeks, te versprei. Die Groen-reeks sal reeds in 2014
op die mark beskikbaar wees by jou naaste Laeveld Agrochem-
agent. Diedoelwit vandieGroen-reeks isom soveel asmoontlik van
die faktore wat by plantvoeding betrokke is, aan te spreek, om te
verseker dat die gewas optimaal kan funksioneer en presteer. Van
die faktorewat betrokke is by plantvoeding, wat onsmet dieGroen-
reekswil aanspreek, is die volgende:
Korrekte plasing van voedingstowwe
DieGroen-reeks is ‘n enkelkorrelproduk (
Foto 1
), wat beteken dat al
die voedingstowwe en die biologiese komponent in ‘n enkelkorrel
vervat word, wat die korrekte plasing van voedingstowwe verseker.
Daar is dus nie segregering van voedingstowwe met verskillende
soortgelyke gewigte of korrelgroottes nie. Jy bemes dus van punt
A na B die korrekte verhouding van voedingstowwe soos wat deur
jou aangekoop is.
Voedingstowwe onmiddellik beskikbaar
DieGroen-reeks voorsien die totale chemiese komponent wat daar-
by ingesluit is, in die onmiddellik-plantbeskikbare vorm. Energie
word dus nie onnodig vermors om voedingstowwe om te skakel na
‘n plantbeskikbare vorm nie. Sodoende is meer energie beskikbaar
wat omgesit kanword inopbrengs. As voorbeeld vandie onmiddel-
lik-plantbeskikbare voedingstowwe wat ingesluit is, word KAN
gebruik eerder as ureum, en sinksulfaat wordbo sinkoksied verkies.
Gebalanseerde voeding
Daar is ‘n hele lys van produkkombinasies om van te kies, maar die
belangrikste punt omhier te onthou, is dat ses vandie noodsaaklike
mikro-elemente ingesluit word, naamlik sink, koper, yster, man-
gaan, molibdeen en boor. Daar word dus gepoog om die uitput-
ting van die noodsaaklike mikro-elemente te voorkom, want die
sterkte van die voedselketting word bepaal deur die mees beper-
kende skakel.
Organiese komponent
Die organiese komponent gaan ten minste 20% van die produk-
formulering uitmaak. Hierdie komponent bestaan uit ‘n kombinasie
van onder meer gekomposteerde mis en vermicast. Die insluiting
van die organiese komponent is om op ‘n jaarlikse grondslag
organiese materiaal aan die grond te voorsien om te help met die
stimulering vanmikrobiologiese aktiwiteite in die sone van plasing
(meer hieroor onder biologiese komponent), die verhoging van
katioon-absorpsievermoë, voedingstofretensie, voghouvermoë en
deurlugting, omnet ‘npaar tenoem.
Biologiese komponent
Nie net word die biologiese komponent gestimuleer in die grond
nie, maar daar word ook addisionele Mycorrhiza en Trichoderma
ingesluit. Die Mycorrhiza leef in simbiose met die plantwortels
en help om die worteloppervlakte uit te brei, wat gevolglik lei tot
verhoogde kapasiteit omwater en voedingstowweop teneem.
Die bykomende voordele van Mycorrhiza is die beskikbaarstelling
van vasgelegde voedingstowwe, soos onder meer vasgelegde
fosfate. Die Trichoderma is ingesluit weens die onderdrukkende
werking op sekere grondgedraagde patogene. Die biologiese kom-
ponent dra dus daartoe by dat die gewas die effek van droog-
testremming beter kan hanteer, voedingstowwe beter kan opneem
en meer weerstand kan bied teen grondgedraagde patogene, wat
alles bydra tot groter opbrengste. Die proewe deur dr Arrie van
Vuuren illustreer die verskille tussen die drie behandelings wat op
potplantproewe vanmielies en sojabone gedoen is, soos in
Tabel 1
uitgedruk. Diebehandelings inTabel 1was soos volg:
‘nKontrolewaar geen kunsmis toegedien is nie.
‘nStandaardtoedieningmet ‘n enkelkorrel 2:3:2-kunsmis.
‘nToedieningmet dieGroen-reeks se 2:3:2-kunsmis.
In die geval van diemielies was daar met die standaard enkelkorrel
‘n toename in wortelontwikkeling van 278% bo die kontrole,
terwyl die Groen-reeks ‘n toename in wortelontwikkeling van
876% bo die kontrole gerealiseer het. Met die sojaproef was daar
’n 128%-verbetering in wortelontwikkeling bo die kontrole met die
enkelkorrel en ‘n 552%-verbetering in wortelontwikkeling bo die
kontrolemet dieGroen-reeks.
Om op te som: Met die Groen-reeks bied ons ‘n werkbare oplos-
sing vir vooruitstrewende produsente ommeer as net die ontrek-
kingsyfer van die gewas aan te spreek, deurdat die Groen-reeks
ook ‘n biologiese en organiese komponent in ‘n enkelkorrel bevat.
Ons bied jou die geleentheid om dus ‘n groter persentasie van die
opgesluitepotensiaal vannuwegenetika te kanontsluit.
Vir meer inligting, kontak jou naaste Laeveld Agrochem-agent of
hul hoofkantoor by 012 940 4398 of besoek hullewebwerf by
www.
laeveld.co.za.
105
Ocotober 2014
PROMOSIE-ARTIKEL
PHILLIPVENTER,
bemarkingsbestuurder: Plantvoeding, LaeveldAgrochem en
IZAK LE ROUX,
direkteur, ElimKunsmis (Edms) Bpk
Mielie-kontrole
geen kunsmis
10,61g/pot
Soja-kontrole
geen kunsmis
1,66g/pot
Standaard
2:3:2 (22)
40,2g/pot
Standaard
2:3:2 (22)
3,78g/pot
Groen
2:3:2 (22)
103,65g/pot
Groen
2:3:2 (22)
10,83g/pot
TABEL 1: POTHUISPROEWE MET DIE GROEN-REEKS. WORTELONT-
WIKKELING TUSSENSTANDAARDKUNSMIS ENGROEN-REEKS.
Die eerste kunsmismet
makro-elemente, mikro-
elemente, organiese en
biologiese komponente,
alles in ‘n enkelkorrel.
1:Groen-reeks enkelkorrel.
1...,97,98,99,100,101,102,103,104,105,106 108,109,110,111,112,113,114,115,116,117,...124
Powered by FlippingBook