SA Graan Mei 2014 - page 23

21
May2014
Indien die rede vir die finansiële krisis meer lang termyn van aard
is, byvoorbeeld ‘n langtermyndroogte, ‘n lang tydperk van swakker
pryse of verkeerde finansiële besluitewat in die verlede geneem is,
is ‘n ander benaderingdalk nodig. Deur aansoek vir verdere oorlaat-
skuld temaak gaan heel moontlik nie die regte oplossingwees nie.
Die produsent sal weer nuut na die boerderymoet kyk om seker te
maakdat dieboerderyopdie regtepad isensomssal dit betekendat
vandiebates in kontant omgesitmoet word.
Optimaliseer jou boerdery
Dit kannet gedoenworddeur of koste tebespaar of deur inkomste te
verhoog. Indien jyweet dat die boerdery ‘n finansiële beperking het,
moet die rentabiliteit vanelkevertakkingberekenword.Daarmoet op
dievertakkingwatdiehoogste rentabiliteit verdiengefokusword.Ver-
bousoveel asmoontlikvanhierdievertakking totdatdie fondse tot jou
beskikking op is. Indien dit uitkomdat daar ‘n oppervlakte-beperking
in jou boerdery is, moet die vertakkingwat die hoogste brutomarge
verdien, op die beperkte oppervlakte verbou word. Onthou net om
ookdie risikovanelkevertakking in aanmerking teneem.
Beplan strategies
Sodra ’n boerdery in ‘n finansiële krisis is, moet daar veral nou stra-
tegies en toekomsgerig gedink word. Waar moet die boerdery oor
‘n paar jaar wees (met die klem op die volgende twaalf maandewat
oorleef moet word)? Probeer om hierdie beplanning nie alleen te
doen nie. Betrek die hele gesin en lig die arbeid ook in. Om ‘n onaf-
hanklike persoon of instansie, soos ‘n landboubesigheid, te betrek
sal verderewaarde tot so ‘nbeplanning voeg.
Sonder ‘n opgestelde planmet doelwitte, tydsraamwerke en imple-
mentering help strategiese beplanning niks nie. Maak ook jou kredi-
teure deel van jou strategiese plan en hou hul op hoogte van jou
vordering.
Stel vas hoe inkomste verhoog kanword
Ontleed die boerdery krities en stel vas of daar nie enige anderma-
nierebinnediehuidigeboerderystelsel isomdie inkomste teverhoog
nie. Kyk of tegnologie verbeter of aangepas kanword om inkomste
te verhoog of koste te verlaag. Dink veral aan presisieboerdery.
Hierdeur word gesorg dat koste op die regte plekke aangewend
word en die stap sal veroorsaak dat winste drasties verhoog word.
Soms isdit belangrikdat diehulpbronnebaiegoedondersoekword.
Probeer om die lande gekarteer te kry en skakel die laer potensiaal
gedeeltes uit of om, enpas ander praktyke toe.
Deur produkte op die regte tyd te bemark of pryse te verskans, kan
inkomste verhoog word. Dit is nie altyd so maklik nie, maar maak
gebruik van kundige persone of instansies om te bepaal wanneer
dit die beste tyd is omprodukte tebemark of te verskans. Soms kan
inkomste verseker word deur die risiko van boerdery te verskans.
Insetversekering is ‘ngoeievoorbeeldvanhoe ‘nprodusent kansorg
dat die kapitaal in syboerdery verskans bly.
Verminder uitgawes enwenddit beter aan
Die uitgaweswat aangegaanmoet word, moet so aangewendword
dat dit tot waarde vir geld, effektiwiteit en doeltreffendheid aanlei-
dinggee. Dink twee keer voor uitgawes aangegaanword. Goedkoop
koop is gewoonlik duur koop. Maak dus seker dat die insette wat
aangekoop isdiewerkmet dieeerste ronde kan afhandel. Dinkmaar
aanonkruiddoder – hoeveel kos dit nieomweer te spuit nie?
Uitgawes is nodig om inkomste te genereer.Waak dus daarteen om
nie uitgawes te verminder en terselfdertyd inkomste in te boet nie.
As daar krediet verkryword, wend die krediet soos ooreengekom is
aan. Moenie die krediet probeer rek ommeer daarmee te doen as
waarvoor dit bedoel was nie.
Vasteenoorhoofsekoste isdaardiekostewat aangegaanmoetword
of daar byvoorbeeld geplant word of nie. Kry beheer daaroor en
maak seker dat daar nieonnodigeenverskuildeuitgawes iswat jaar-
liks oorbodig aangegaanwordnie.
Dit is nie ‘n skande om hulp te soek nie. Gaan praat met finansier-
ders, voorligters en konsultante om raad in tewin en jou te help om
diespesifiekeprobleemaan tespreek.Hierdiebuitestander siendalk
geleenthedeenbedreigings in joubesigheid raakwat telkemalemis-
gekyk is. So ‘n persoon/instansie het dalk ook ‘n model wat jy kan
gebruik om jouberekening inmeer detail tedoen endít help al klaar
sommer baie.
NavraekanaanPietmanBothaby0827592991ofMichaelvanRooyen
by 018 633 1000gerigword.
TIPEBOERDERY
NA-OES
VOOROES
Besproeiing
45% - 50%
55% - 60%
Gemengdeboerdery
30% - 35%
45%
Droëland saai (mediumpotensiaal)
25% - 30%
43% - 50%
Droëland saai (hoëpotensiaal)
30% - 35%
60%
TABEL1:MAKSIMUMSKULDLAS-VERHOUDINGSNORMS.
1...,13,14,15,16,17,18,19,20,21,22 24,25,26,27,28,29,30,31,32,33,...100
Powered by FlippingBook