SA Graan Mei 2014 - page 22

Mei 2014
20
Moeniedat ‘n ϐinansiëlekrisis jou
onkantbetrapnie
w es voorbere d e bestuu d t self
PIETMANBOTHA,
SAGraan/Grain
medewerker en
MICHAEL VANROOYEN
, bestuurder: NWKBoerdery
M
isoeste is nie ongewoon vir Suid-Afrikaanse graanpro-
dusente nie en as dit voorkom beteken dit dat moeilike
tyevir diemediumtermynvoorlê.Misoeste lei gewoonlik
tot ‘n verhoging indruk en spanning vir ‘nboerdery.
Spanningendrukkanmaklik tot verkeerdebesluiteaanleidinggeeen
daarom isditbelangrikdatprodusentemet ‘ngestruktureerdewerks-
wyse na oplossings vir hul probleme soek. Indien hierdie werks-
wyse deurgevoer word, kan dit lei tot die implementering van die
regte strategieomdieboerdery se voortbestaan te verseker.
Een manier om hierdie onnodige spanning hok te slaan, is om die
probleme vroegtydig te identifiseer en dan daarop te reageer. Dit
is baie beter om die probleme te bestuur, as om deur die probleme
bestuur te word. Ruim vir jouself tyd in om die boerdery ordentlik
te ontleed of te laat ontleed. Kyk veral na solvabiliteit, likiditeit en
rentabiliteit.
Solvabiliteit
Solvabiliteit gee ‘n aanduiding van hoe solvent die besigheid is. In-
dien die boerdery nog solvent is, sal daar altyd ‘n kanswees dat die
boerdery kan voortgaan. Gewoonlikword daar ook na die boerdery
se skuldlas verwys wanneer solvabiliteit ontleed word. Hierdie ver-
houdingswordhoofsaaklikmet inligtinguit diebalansstaat opgestel.
Maak dus seker dat diebalansstaat volledigopgestel is.
Likiditeit
Likiditeit is ‘n aanduiding van hoemaklik korttermynskuldmet kort-
termynbates afgelos kanword. Gewoonlik isdit hierwaar boerderye
se probleme lê. Weens die koste vanmediumtermynbates word dit
gewoonlik op krediet aangekoop en ná ‘n swak jaar kan die paaie-
menteniegedienswordnie.
Rentabiliteit
‘nVerdere ontledingwat gemaakmoet word, is om die toekomstige
winsgewendheidof rentabiliteit vandiebesigheid teondersoek.Hier
gaandit oor hoeveel wins daar in ‘nnormale jaar gemaak kanword.
Omhierdieontledings tekandoensal van ‘nprodusent verwagword
om ‘n volledige balansstaat asook toekomstige inkomste- en uit-
gawestaat en toekomstigebalansstaat op testel.Met hierdiebereke-
ninge is ‘n tydige kontantvloei ongetwyfeld ook ‘n vereiste. Hierdie
state kan ‘nprodusent of konsultant in staat stel om korrek tebepaal
hoe groot sy probleem is enook omdie bestemoontlike oplossings
voor te stel.
Kontantvloei
Ongelukkig hou ‘n misoes nie net probleme in vir hierdie jaar nie,
maar ook vir die komende jare. ‘n Volledig gedetailleerde beplan-
ning en kontantvloei vir die toekomsmoet ook opgestel word. Deur
laasgenoemde tedoen sal dieprodusent onmiddellik ‘ngeheelbeeld
kry vanwanneermoet wat indieboerdery gebeur enwanneermoet
wat betaalword.Diekontantvloei sal ook ‘naanduidinggeevanwan-
neer inkomsteweer verwag kanword.
As daar betalingsprobleme gaan wees, moenie wag tot op nom-
mer 99nie, gaan siendie krediteureenbeginmet planneomdiepro-
bleem aan te spreek enop te los.
Ontleed die probleem asook die oorsake
van die situasie
Dit is ook baie belangrik dat produsente die oorsaak van hul pro-
bleme moet bepaal. Is die winsgewendheid van die besigheid nie
al lankal onder druk nie (die eenheid is te klein om die gesin te on-
derhou) of is daar nie vertakkings wat gereeld verliese veroorsaak
nie?Ontleeddiewinsgewendheid vandie verskillende bedryfstakke
insluitende vaste koste en vergelyk dit met ander rolspelers in die
bedryf. Hierdie ontleding sal ook aandui wat vir hierdie boerdery
moontlik is enhoeveel skuldbetaal kanword.
In enige bedryf is daar altyd sekere norme. Reeds direk ná die oes is
daar normewaaraan voldoenmoetword. Een vandie eerste aandui-
dersvanprobleme isdie skuldlasverhoudings.
Tabel 1
gee ‘naandui-
dingvanwatdiemaksimumskuldlasvanverskillende tipesboerderye
behoort tewees. Hierdie is egter net norme en dit moet altyd saam
met rentabiliteit en likiditeit en terugbetaalvermoëgesienword.
Indien ‘n gedetailleerde begroting jaarliks opgestel is, moet daar
probeer uitgevindword hoekom dit nie gerealiseer het nie. Was die
begrotings ooroptimisties of was daar ‘n probleem in die produk-
sie- of bemarkingsproses?Daar is baie redeswaarom ‘nboerdery in
‘n finansiële krisis beland. Sommige hiervanword deur korttermyn-
probleme veroorsaak en ismakliker om te voorkomof tebestuur.
Faktoresoos ‘neenmaligedroogte, skielikeafname inkommoditeits-
pryse of die uitbreking van ‘n siekte kan daartoe aanleiding gee dat
verwagte inkomste drasties kan daal. So ‘n verlaagde inkomste kan
daartoe aanleiding gee dat ‘n produsent skielikmet oorlaatskuld sit,
wat ‘naansoekvir finansieringvirdievolgendeproduksieseisoenna-
delig kanbeïnvloed.
Dit kanookmeewerkdat ander finansiëleverpligtinge indiebetrokke
jaar ook nie nagekom kan word nie. Finansierders is gewoonlik be-
reidomprodusente in sulkeomstandighedebinneperkeby te staan
mits daar aangetoon kanwordwat gedoen gaanword om nieweer
indiemoeilikheid te komnie.
FOKUS
Geldsakeenversekering
Spesiale
1...,12,13,14,15,16,17,18,19,20,21 23,24,25,26,27,28,29,30,31,32,...100
Powered by FlippingBook