SA Graan Mei 2014 - page 20

Mei 2014
18
Die toekoms van
graanfinansiering inSuid-Afrika
S
tygende insetkoste, fluktuerende
graanmarkte, wisselvallige weers-
patrone, onstabiele wisselkoerse
– dit is alles deel van die uitdagen-
de wêreld van ‘n graanprodusent in Suid-
Afrika.
Finansiering vir graanprodusente is lankal
nie meer net ‘n produksierekening by die
plaaslike landboubesigheid of ‘n oortrokke
rekening by ‘n handelsbank nie. Dit is ‘n
komplekse samestelling van kort-, medium-
en langtermynfinansieringsprodukte wat
vir bedryfskapitaal, verbeterings, kapitale
toerusting, aankope en die uitbreiding van
grond aangewendmoet word.
Finansiering uit ‘nNWK-
perspektief
Uit die finansieringsinstelling se oogpunt
is landboufinansiering uniek. Anders as
kredietverlening in die persoonlike mark,
kan die besluitneming van ‘n produsent se
finansieringsaansoek nie bloot by ‘n evalu-
eringsmodel ingebou word nie. Graan-
produksie is ‘n langtermynbedryf en die
finansieringmoet ook op hierdie basis oor-
weeg word. Die produsent se vermoë om
aan te pas by die snelveranderende land-
bouomgewing is onontbeerlik.
NWK Beperk het homself die afgelope vyf
jaardaarbyaangepasomvandag indievolle
spektrum van finansieringsbehoeftes te
voorsien. Die frustrasie wat baie produsen-
teervaar, isdat sy finansieringsinstansienie
noodwendig die landboubedryf verstaan
nie en dat die besluitnemers betrokke by sy
finansieringsaansoekvervanhomverwyder
is – in sommigegevalle selfs gesigloos is.
NWK Finansiering se struktuur is van so
‘n aard dat die maatskappy uitstekende
omdraaitye vir finansieringsaansoeke kan
verseker. Elke finansieringsklant het ‘n
aangewese finansieringspesialis wat hom
persoonlik bystaanmet enige finansierings-
behoefte. Die finansieringsbestuurders is
deel van die span en dus het produsente
konstante toegang tot die besluitnemer be-
trokkebydie aansoek.
Makroboerderye
Die uitdagings vir produsente vandag is om
steeds kompeterend te bly produseer teen-
oor groter boerderyeenhede. Om ‘n gemid-
delde grootte boerderyeenheid te struk-
tureer om met makroboerderyeenhede te
kompeteer, verg aansienlike beleggings in
toerusting (kapasiteit) engrond.
Verder moet so ‘n produsent ‘n akkerbou-
en/of grondkundige wees, die graanmark-
te verstaan, ‘n finansiële bestuurder van
formaat wees en boonop ‘n bemarkingsbe-
stuurder sowel as ‘n algemene plaasbe-
stuurder wees. ‘n Maatskappy soos NWK
verskaf hierdiediensteonder eendak.
NWK Finansiering kan met kort-, medium-
en langtermynfinansieringsoplossings, te-
same met dienslewering in fasette soos
presisieboerdery, akkerbou- en grondkun-
dige advies, graanbemarking en landbou-
ekonomiese dienste, ‘n produsent in staat
stel om steeds kompeterend en wins-
gewend teproduseer.
Tipe finansiering om by
veranderende omstan-
dighede aan te pas
Die risikovangraanproduksieblybaiegroot
indiendie regte verskansingsinstrument nie
gebruik word nie. In die meeste gevalle is
produsente verplig om hulle grond te ver-
pandom toegang tot kapitaal te verkry.
NWK Beperk is reeds 105 jaar betrokke by
landbou in al sy fasette in die Noordwes
Provinsie. Hulle wil toesien dat graan-
produksie in die provinsie volhoubaar bly,
ook ter ondersteuning van NWK Beperk en
al diemaatskappy se filiale.
Tesame met die aanpassings wat die af-
gelope vyf jaar deur die maatskappy ge-
maak is met betrekking tot finansiering vir
landbouprodusente, het hulle ook by ‘n an-
der vorm van finansiering, naamlik korpo-
ratiewe boerdery, betrokke geraak met die
doel omgraan- en insetverskaffing vir NWK
Beperk te verseker.
Diemaatskappy se korporatiewe boerdery-
model – ‘n ander vorm vanmakroboerdery
wat in die maatskappy NWK Boerdery be-
dryf word – is geskoei opdie verbouing van
graan in samewerkingmet geïdentifiseerde
produsente indieNoordwesProvinsie, deur
gebruik te maak van die maatskappy se
kennis op alle boerdery-, landboukundige
enbemarkingsvlakke.
Produsente wat deelneem aan die kor-
poratiewe boerderymodel, word vooraf
geselekteer op grond van die hulpbron,
bestuursvernuf, geskiedkundige prestasie,
langtermyntoegang tot grond en beskik-
baarheid van die nodige trekkers, stro-
pers en implemente. NWK huur hierdie
produsente se grond vir ‘n ooreengekome
termynenstel dieprodusent aanaskontrak-
teur vir diebewerking vandiegrond.
Grondregstellings word onmiddellik ge-
doen waar nodig en in samewerking met
die produsent word ‘n besluit geneem oor
die doelmatigste bewerkingspraktyke.
NWK Beperk verskaf alle insetmiddele vir
afhandeling van die plant- en strooppro-
ses, op grond van die grondpotensiaal. Die
produksiekontrak word jaarliks hersien en
daar word ooreengekom op ‘n mikpuntop-
brengs. Wins word gedeel vir bo-produksie
tonne soos vooraf ooreengekom tussen
diepartye.
Voordele van die korpora-
tiewe boerderymodel vir
NWK en die produsent
Die risiko van die korporatiewe boerdery-
model wordgrootliks teruggeplaas naNWK
self. Vir die produsent beteken dit dus ‘n
grootliks gewaarborgde inkomstestroom
vir die duur van die kontrak (in terme van
huurinkomste en kontrakteursvergoeding),
terwyl daar ook die moontlikheid bestaan
dat die produsent kan deel in die opbrengs
van bo-produksie tonne. Vir NWK beteken
dit gewaarborgde graan geproduseer, so-
wel as gebruik vanNWK se spesialisdienste
en insetverskaffingdeur NWKHandel.
Graanproduksie in
Suid-Afrika
NWK Beperk sien die toekoms van graan-
produksie inSuid-Afrikaasbaie rooskleurig.
Deur betrokkenheidbykonvensionele finan-
siering sowel as die fisiese verbouing van
graan deur NWK Boerdery, wil die maat-
skappy graag ‘n bydrae lewer om graan-
produksie in geheel na ‘n hoër vlak te neem
wat betref opbrengs, effektiwiteit endiebe-
vordering vanpresisieboerderypraktykte.
FRANCOISDEKOCK,
bestuurder: Finansiering, NWK en
MICHAEL VANROOYEN
, bestuurder: NWKBoerdery
NWK
Beperk is reeds 105 jaar betrokke by landbou in al sy
fasette indieNoordwes Provinsie.
Foto: Lorraine Lourens
FOKUS
Geldsakeenversekering
Spesiale
Produk-inligting
1...,10,11,12,13,14,15,16,17,18,19 21,22,23,24,25,26,27,28,29,30,...100
Powered by FlippingBook