SA Graan Mei 2014 - page 18

Mei 2014
16
Hoe lykdie koringsomme
virdiekomende seisoen?
I
nhierdie artikel worddiebegrotewinsgewendheidvan koringvir
die2014/2015-produksieseisoen indiewestelikeRûens-gebied in
die Wes-Kaap sowel as die koring/inset-ruilvoetverhouding van
nader bekyk.
Noodsaaklikheid van ‘n gewasbegroting
Om die effek van insetprysstygings en veranderinge in kom-
moditeitspryse op die winsgewendheid van koringverbouing te
bepaal, is Graan SA se beplanningsmodel of begroting gebruik. Let
daaropdat GraanSA se begrotingsmodel volledig is engrotendeels
alle kostewat moontlik deur produsente aangegaan kanword, in ag
neem.Diekostestruktuur vandiekoringbegroting in
Tabel 1
sluit dus
veranderlike en vaste koste in.
Wes-Kaap: Produksiekoste van
droëlandkoring (verminderde bewerking)
Tabel 1 toondie droëlandkoring (verminderde bewerking) begroting
vir die westelike Rûensgebied vir die 2014/2015-produksieseisoen.
Tydens die opstel van die begroting is verwagte pryse gebruik wat
dusnog kanverander tot enmet planttyd. Diealgemenepraktykevir
dié spesifiekeomgewing iswel in aggeneem.
‘n Gemiddelde Desember 2014 Safex-koringprys van R3 600/ton
is gebruik, wat min of meer ‘n gemiddelde prys van R2 813/ton
in die produsent se sak sal beteken ná inagneming van die
vervoerdifferensiaal, hanteringskoste, bemarkingskommissie sowel
as die lewering van verskillendegrade.
Die totaleveranderlikekostevir ‘n3 ton/haopbrengsbeloopR6075/ha
en tesamemet ‘n berekende vaste koste van R1 725/ha, beloop die
totaleproduksiekosteongeveer R7 800/ha.
Ruilvoetverhouding
Koring/ureum-ruilvoet
Grafiek
1 dui die hoeveelheid koring aan
wat benodig word om 1 ton ureum aan te
koop sedert 1990. Vir die 2014/2015-seisoen
(komende seisoen) is die Safex Desember
2014-koringkontrak (R3 600) gebruik om ‘n
produsenteprys tebereken.
Uit diegrafiek is dit duidelik (sien tendenslyn)
dat die ruilvoet dramaties sedert 1990 ver-
swak het. Dit is ook duidelik dat die koring-/
ureumruilvoet sedert die 2008/2009-seisoen,
toe kunsmispryse die hoogte ingeskiet het,
verbeter het.
Dieverwagte ruilvoetvirdiekomendeseisoen
lyk swakker in vergelyking met verlede jaar
ten spyte daarvan dat koringpryse vir die
Safex Desember 2014-kontrakprys relatief
beter is. Volgensberekeninge is2,1 tonkoring
tans nodigom 1 tonureum aan te koop.
Koring/dieselruilvoet
Dit is nie net die koring/ureumruilvoet wat swakker as verlede jaar
vertoon nie, maar ook die koring/dieselruilvoet.
Grafiek 2
dui aan
hoeveel koring benodig word om 1 000 liter diesel aan te koop. Uit
diegrafiek (tendenslyn) kangesienworddatdiekoring/dieselruilvoet
sedert 1990 verswak het en dat dit die swakste situasie nog sedert
die saamstel van die data is. Die langtermyn gemiddelde ruilvoet is
2,4 ton koring vir 1 000 liter diesel, terwyl die verwagte ruilvoet vir
die komende seisoen 4,11 ton is.
Koring/trekkerruilvoet
Grafiek 3
toon aan hoeveel koring benodig word om ‘n trekker van
tussen 70 kW en 80 kW aan te koop. Die gemiddelde koring/trekker-
ruilvoet sedert 1990 is196 tonkoring, terwyl dieverwagte ruilvoet vir
die komende seisoenmeer as die gemiddeld is en op ‘n tonnemaat
vanongeveer 204 is. Dieverswakkingvandie ruilvoet sedert verlede
jaar ishoofsaaklik asgevolgvandieverswakking indie rand teenoor
diedollarwat trekkerprysebaiehoërmaak.
Om op te som
Produsente word aangeraai om deeglik somme te maak voor hulle
met koringaanplantingsbegineneers vas te stel hoeveel dit hulleuit
die sak gaan jaagom koring teproduseer.
Koringprodusente neem besluite deur hoofsaaklik na Desem-
bermaand se kontrakpryse te kyk en beplanning daarvolgens te
maak. Sedert verlede jaar Maart, tot hierdie jaar Maart (net voor
planttyd begin), het die Desembermaand Safex-kontrakprys vir
koring vanaf rondomR3 200/ton tot rondomR3 700/tongestyg.
Dit is ‘n verhoging van sowat 15,6%, maar die toenemende
styging in insetkoste raak ‘n groot bekommernis aangesien dit die
winsgewendheid van koringproduksiebeïnvloed.
PETRU FOURIE,
ekonoom:
Bedryfsdienste, Graan SA
Grafiek 1: Hoeveelheid ton koringnodigom 1 tonureum te koop.
FOKUS
Geldsakeenversekering
Spesiale
1...,8,9,10,11,12,13,14,15,16,17 19,20,21,22,23,24,25,26,27,28,...100
Powered by FlippingBook