SA Graan Mei 2014 - page 11

DIRKKOTZÉ,
ledebeampte en kommunikasiebeampte, Graan SA
opOttosdal gehou
D
ie Ottosdal No Till klub het op 13 en 14 Maart vanjaar, in
samewerkingmet Graan SA en dieMielietrust, ‘n baie ge-
slaagdebewaring landboukonferensi aangebied.Diekon-
ferensie isdeur ongeveer 300produsenteenander belang-
stellendes bygewoon.
Die geleentheid het ook ‘n internasionale geur gehad met by-
woning deur die adjunk-ambassadeur van Argentinië, mnr Juan
Miguel Cassissa, tesame met ‘n afvaardiging van die National
Instituteof Agricultural Technology (INTA) inArgentinië.
Nadat konferensiegangers verwelkom isdeurmnrHannesOtto (pro-
dusent vanOttosdal), is die konferensie geopen deurmnr Jannie de
Villiers (uitvoerende hoofbestuurder vanGraan SA), waarna aanbie-
dings gelewer is deur mnr Carlos Galarza van INTA oor suksesvolle
bewaringslandbou in Argentinië asook deur dr Tim LaSalle (bewa-
ringslandbounavorsingskoördineerder van die Howard Buffet Foun-
dation seplaasUkulima in Limpopo).
Nadat mnre Jack Human (pionierbewaringsprodusent van die
Wes-Kaap), George Steyn (bewaringsprodusent van Ottosdal) en
dr AndreNel (senior navorser vandie LNR-Instituut virGraangewas-
se) dieprodusente toegespreek het, is veldbesoekegebring aan ver-
skeie proefpersele wat deur Graan SA en dieMielietrust befonds is
en in samewerkingmet dieOttosdal NoTill klubgeïmplementeer is.
Die tweede dag is ingelei deurmnr Karabo Peele (voorsitter van die
Mielietrust) en is gevolg deur verskeie bewaringsprodusente, onder
andere uit die Vrystaat en Noordwes Provinsie, wat hulle suksesse
en probleme met betrekking tot bewaringslandbou met die konfe-
rensiegedeel het.
Na afloop van die groepbespreking aan die einde van die dag is
die
Landbouweekblad
-prys vir die beste spreker toegeken aan
mnr Adriaan Dreyer van SGS/NVIRO CROP vir sy aanbieding oor
grondverdigting indieOttosdal-omgewing.
Diekonferensieblykbaiegeslaagd teweesgesiendatdaar reedsvan
dieprodusentenavraaggedoenhet oor ‘nopvolgkonferensie tydens
‘n gesprekmet dr Hendrik Smith (bewaringslandboufasiliteerder by
Graan SA). Duidelik is daar ‘n groot behoefte by die produsente dat
so ‘n konferensie jaarliks aangebiedword.
9
May2014
1: Van die sprekers by die bewaringslandbou-
konferensie opOttosdal: JuanMiguel Cassissa,
Karabo Peele, Juan PabloVelez, Carlos Galarza,
Jannie de Villiers, RicardoMelchiori en dr Hen-
drikSmith.
2 en 3: Besoekers het die geleentheid gehad om
veldbesoeke tebring aan verskeieproefpersele.
4: Adriaan Dreyer ontvang sy toekenning van
MarleenSmith (
Landbouweekblad
).
1
2
4
3
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10 12,13,14,15,16,17,18,19,20,21,...100
Powered by FlippingBook