Previous Page  90 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 90 / 108 Next Page
Page Background

Argentynse

en

plaaslike

praktyke

in proewe vergelyk

Deel 3: Evaluering van sekere basiese grondeienskappe

op plaasvlak

Agronomiese praktyke / Argentynse stelsel / Verskillende streke

Bewaringslandbou

Julie 2018

88

I

n die Junie-uitgawe (Dele 1 en 2) is die

agtergrond, proefpraktyke en opbreng­

ste ten opsigte van die vergelyking van

die Argentynse geenbewerkingsprak­

tyke met plaaspraktyke in verskillende

produksiegebiede bespreek. In hierdie

artikel word gefokus op die evaluering van

sekere basiese grondeienskappe, gemeet

in die 2013/2014-seisoen, wat enersyds

‘n rol speel by die implementering van

die Argentynse en plaaspraktyke, maar

andersyds ook deur die implementering van

hierdie praktyke beïnvloed is.

In die ooreenkoms tussen Graan SA en

drie Argentynse maatskappye is besluit dat

proewe op die volgende lokaliteite oor ‘n

aantal seisoene heen uitgevoer sou word:

Settlers, in die Springbokvlakte, met ‘n

warm semi-ariede klimaat, op ‘n swaar

klei (turf)-grond;

Nigel, met ‘n koel, humiede klimaat, op ‘n

diep sandleem- tot sandkleileemgrond;

Odendaalsrus, met ‘n warm, semi-

ariede klimaat, op ‘n sand- tot sandklei­

leemgrond; en

Lichtenburg, met ‘n warm klimaat, op

‘n goed gedreineerde, diep sandklei­

leemgrond.

Die produsentemedewerkers, naamlik mnre

Willem Groothof (Good Hope, Settlers),

Tony da Costa (Manjoh Ranch, Nigel),

David Maree (Leeuwkuil, Odendaalsrus)

en Arno van Vuuren (Lichtenburg) het

ingewillig om proewe uit te voer waar

die Argentynse direkte manier van plant

in stoppelreste met nou plantrye en hoë

plantdigthede met bestaande plaasstelsels

onder verskeie gewasse vergelyk word.

Die Lichtenburg-proef is ongelukkig na

twee seisoene gestaak en word nie inge-

sluit nie.

Basiese grondfisiese

eienskappe

Die proefgronde (

Tabel 1

op bladsy 91) het

uit verskillende moedermateriale ontwikkel:

Die Arcadia uit lawa en doleriet, die Hutton

uit dolomiet en die Avalon uit eoliese sand

wat neergelê is op kleierige verweerde

materiaal wat swak dreineer.

Dit het, onder andere, meegebring dat

grondteksture grootliks tussen die proef­

lokaliteite verskil – van 52% klei tot 7% klei

vir Good Hope en Leeuwkuil, onderskeide-

lik. Die sandgronde van die noordwes-

Vrystaat is bekend vir hul geneigdheid tot

verdigting soos die toename in brutodigtheid

met gronddiepte vir die Avalon-grond van

Leeuwkuil bewys.

Dr Danie Beukes,

onafhanklike grondkundige

en

Hertz Eiselen,

AgriConsult Trust

Grafiek 1: Grondtemperatuurskommelinge op Plaas42K en Arg80K (Plaas42K = plaaspraktyk,

1 m rye, 42 000 plante/ha; Arg80K = Argentynse stelsel, 0,52 m rye, 80 000 plante/ha).

1a en 1b: Geslote blaredak van

Arg80K (Foto 1a) versus oop

blaredak van Plaas42K (Foto 1b)

(Arg80K = Argentynse stelsel,

0,52 m rye, 80 000 plante/ha;

Plaas42K = plaaspraktyk, 1 m rye,

teen 42 000 plante/ha).

1a

1b

1