Previous Page  94 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 94 / 108 Next Page
Page Background

Hoewel die data nie ingesluit is nie, kan

genoemword dat grondwaterinhoude onder

beide mielies en sojabone vir die volle duur

van die groeiseisoen binne plantbeskikbare

water se grense (veldkapasiteit en per­

manente verwelkpunt) gevarieer het. Hier­

die gunstige grondwaterstatus het bygedra

tot die hoë graanopbrengste wat beide

die mielies (byvoorbeeld 11 651 kg/ha

vir Arg80K) en sojabone (byvoorbeeld

3 907 kg/ha vir Arg250K kortgroeier) gele­

wer het.

Grafiek 4a

en

Grafiek 4b

toon profiel­

waterinhoude vir twee datums vir die Ava­

lon-grond van Leeuwkuil onder Plaas28K

en Arg45K onder mielies en sonneblom. ‘n

Wisselboustelsel van mielies

sojabone en

mielies

sonneblom is gevolg.

Grafiek 4a (mielies) toon dat die grondpro-

fiel teen 2 Julie onder die hoër plantestand

(Arg45K) in die 0 mm - 600 mm-laag

reeds tot die permanente verwelkpunt uit­

gedroog was. Die Plaas28K het met ‘n

hoër waterinhoud in die bogrond geëindig,

maar het ‘n hoër graanopbrengs gelewer

(6 131 kg/ha versus 5 726 kg/ha).

In Grafiek 4b (sonneblom) kan mens sien

dat die profiel teen 2 Julie in die 0 mm -

600 mm-laag tot verwelkpunt uitgedroog

was. Die 600 mm - 1 200 mm-laag van

Arg40K het merkbaar hoër waterinhoude

vertoon – heel moontlik as gevolg van die

afwesigheid van wortels (sien Foto 2a en

Foto 2b).

Grafiek 5

toon profielwaterinhoude vir twee

datums vir die Avalon-grond van Leeuwkuil

onder Plaas350K (blou lyne) en Arg350K

(rooi lyne) onder sojabone. Teen 29 April

was profielwaterinhoude veel hoër onder

Arg350K as onder Plaas350K.

Kan dit wees dat grondkompaksie (sien

Grafiek 1) wortelgroei – en gevolglik wa­

teropname – van die sojabone onder die

Argentynse stelsel onderdruk het? Ten

spyte van aanvanklike aanvaarbare grond­

waterinhoude was die sojaboonaanplan­

tings ‘n mislukking as gevolg van latere

droogtetoestande.

Samevatting

Uit die resultate van die 2013/2014-seisoen

in drie agro-ekologiese gebiede is dit

betreklik duidelik dat grondeienskappe ‘n

belangrike rol by die keuse van die mees

gepaste bewerkingstelsel as ‘n funksie van

grondtipe en klimaat speel.

Om op te som:

In die kleigrond (Arcadia) van Good

Hope is lae brutodigthede gemeet

– wat ‘n mens van ‘n selfbewerkende

Grafiek 3: Grondwaterinhoude op 15 Januarie 2014 van gronde onder mielies en sojabone

op Manjoh Ranch (Plaas42K mielie = plaaspraktyk teen 42 000 plante/ha; Arg42K en Arg80K

mielie = Argentynse stelsel teen 42 000 en 80 000 plante/ha, Plaas250K sjkort = plaaspraktyk

sojabone kortgroeier teen 250 000 plante/ha, Arg250K sjlang = Argentynse stelsel sojabone

langgroeier teen 250 000 plante/ha).

op plaasvlak

Bewaringslandbou

Argentynse

en

plaaslike

praktyke vergelyk (Deel 4)

2: Horisontale (Arg40K, Foto 2a)

versus vertikale (Plaas40K,

Foto 2b) penwortelontwikkeling

van sonneblom op Leeuwkuil.

2a

2b

92

Julie 2018

3