Previous Page  95 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 95 / 108 Next Page
Page Background

Grafiek 4a en Grafiek 4b: Grondwaterinhoude van gronde onder: (a) Mielies en (b) sonneblom

op Leeuwkuil (Plaas 28K en 40K = plaaspraktyk teen 28 000 plante/ha en 40 000 plante/ha,

Arg45K en 40K = Argentynse stelsel teen 45 000 plante/ha en 40 000 plante/ha).

Grafiek 5: Grondwaterinhoude van gronde onder sojabone op Leeuwkuil (Plaas350K =

plaaspraktyk teen 350 000 plante/ha, Arg350K = Argentynse stelsel teen 350 000 plante/ha).

kleigrond kan verwag. Goeie wortel­

ontwikkeling is waargeneem. Hierdie

kleigrond leen hom dus tot verminder­

de meganiese of geenbewerking en

enigeen van die plaaspraktyk of die

Argentynse stelsel sal daarom toegepas

kan word. Die Argentynse stelsel

het hoë brutodigtheid (kompaksie) in

die oppervlaklaag van die medium

en lig getekstureerde gronde ver­

oorsaak. Dit was veral opvallend hoe

sonneblomwortels

horisontaal

in

die gekompakteerde bolaag van die

sandgrond op Leeuwkuil gegroei het.

Die twee produksiepraktyke het ver­

skille in seisoenale grondwaterinhoude

veroorsaak, wat as ’n aanduiding kon

dien dat ‘n mens verskille in groei en

graanopbrengs te wagte kon wees:

Op Good Hope het ‘n hoër

graansorghumstand (Arg91K) ‘n

droër profiel as die plaaspraktyk

se 67 000-stand veroorsaak. Die

metings het ook ‘n uiters droë

ondergrond getoon, omdat die lae

seisoenale reënval nie ondergrond­

se waterreserwes aangevul het

nie. Die graanopbrengste wat be­

haal is, is dan ook veel laer as die

langtermyn-plaasopbrengs.

Manjoh Ranch se grondprofiel

onder Arg80K (80 000-stand)

was aansienlik droër, omdat veel

meer mieliegraan geproduseer is

(met gepaardgaande hoër water­

onttrekking) in vergelyking met

die plaaspraktyk se stand van

42 000 plante/ha. Die grondwater­

studie het ook getoon dat wa­

terinhoude vir die volle duur

van die groeiseisoen, onder bei­

de mielies en sojabone binne

plantbeskikbare water se grense

gevarieer het. Hierdie guns-

tige grondwaterstatus het bygedra

tot die hoë graanopbrengste wat

beide die mielies en sojabone ge­

lewer het.

Op Leeuwkuil was die bogrond van

die Argentynse stelsel onder beide

mielies en sonneblom aansienlik

droër as onder die plaaspraktyk,

terwyl die ondergrond onder eers­

genoemde stelsel merkbaar hoër

waterinhoude getoon het – heel

moontlik as gevolg van die af­

wesigheid van wortels. Ten spy­

te van die laer plantestand vir

mielies onder die plaaspraktyk, in

vergelyking met die Argentynse

stelsel, het eersgenoemde ‘n hoër

graanopbrengs gelewer. Kan die

verklaring hiervoor wees dat die

water in die ondergrond onder

die Argentynse stelsel nie benut

kon word nie?

‘n Finale opmerking: Hierdie studie het

getoon dat die twee produksiestelsels

verskillende impakte op grondeienskappe

gehad het – met gevolglike verskille in

gewasgroei en -opbrengs. In die finale

evaluering behoort hierdie inligting gebruik

te word om te besluit watter stelsel die beste

keuse vir ‘n spesifieke grondtipe en agro-

ekologiese gebied sal wees.

93

July 2018

4a

4b

5