Julie 2018
84
Vrystaat se doeltreffendheid bekyk
d
oeltreffendheid en effektiwiteit
en die feit dat beide belangrike
konsepte vir die hedendaagse
produsent is, is in Deel 1
van die reeks aangespreek.
Verbruiksdoeltreffendheid van
insette is van kardinale belang – en veral
wanneer die verbruiksdoeltreffendheid
van beperkende hulpbronne soos water ter
sprake is.
Die verskillende faktore wat hierin in ag
geneem moet word, is ook reeds breed
voerig bespreek. Die res van die reeks sal
op gemiddelde data uit verskillende streke
van die land fokus. Hierdie gedeelte lê
spesifieke klem op die Vrystaat.
Die berekening
Die inligting wat in die reeks artikels
gebruik word, is maandelikse reënvalsyfers
soos gemoniteer deur die verskillende
weerstasies en verskaf deur die LNR-
Grond, Klimaat en Water (LNR-GKW), asook
die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK)
se opbrengsinligting per seisoen vir die
spesifieke streek. Die seisoen is bereken
vanaf Augustus tot April met die aanname
dat 20% van die reën wat gedurende Mei
tot Julie voorkom, deel vorm van die vol
gende seisoen se plantbeskikbare water.
Reënval per seisoen = (mm reën Augustus,
jaar 1 tot April, jaar 2) + (20% x mm reën Mei
tot Julie, jaar 1)
Kg graan/ha = NOK t/ha-opbrengs x 1 000
Kg graan/mm water = kg graan/ha/reënval
per seisoen
Bothaville-area
Volgens die data wat vanaf die LNR-GKW
verkry is, is die gemiddelde jaarlikse reënval
in die Bothaville-area 454,37 mm vanaf die
2001/2002-seisoen. Na die aanpassing in
die syfers om die gemiddelde beskikbare
hoeveelheid reën te bereken deur van die
bostaande formule gebruik te maak, is die
gemiddelde reënval per seisoen ongeveer
433,85 mm.
Volgens die NOK se inligting vir die
Bothaville-omgewing is die gemiddelde
opbrengs sedert 2001/2002, 4,02 t/ha
– wat gelykstaande is aan 4 020 kg/ha. Dit
beteken dat die gemiddelde opbrengs in die
Bothaville-area ongeveer 9 kg graan/mm
reën oor hierdie tydperk is.
Grafiek 1
toon die langtermyn gemiddel
de reënval, asook kg graan/mm reën vir die
Bothaville-streek. Dit is belangrik om die
tendens oor tyd vas te stel om sodoende
te beraam of daar oor tyd ‘n verbetering in
die hoeveelheid graan per millimeter reën
geproduseer is.
Grafiek 2
illustreer die persentasie afwy-
king vanaf die gemiddeld vir beide die
reënval en die gemiddelde opbrengs.
op plaasvlak
Bestuurspraktyke
Deel 2
Luan van der Walt,
landbou-ekonoom, Graan SA,
DR Hendrik Smith,
bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA
en
Petru Fourie,
navorsingskoördineerder/produksiekoste-analis, Graan SA
lei na doelt reffendheid
Effektiwiteit
Reeks
Grafiek 1: Reënval en kg graan/mm reën per seisoen in die Bothaville-area.
Bron: LNR-GKW en NOK