Previous Page  88 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 88 / 108 Next Page
Page Background

Hou in gedagte

Alhoewel reënval gedurende die seisoen

‘n uiters belangrike rol in die produksie van

die seisoen speel, speel ander faktore ook

‘n rol in die seisoen se produksie en

opbrengs. Aangesien genoegsame vog

‘n uiters belangrike aspek en in meeste

gevalle ‘n beperkende hulpbron is, is dit

noodsaaklik dat dit optimaal benut moet

word en daarom die fokus daarop.

In die internasionale konteks is die poten­

siaal vir mielieproduksie deur verskeie in­

ternasionale studies op tussen 15 kg tot

20 kg graan/mm water vir die seisoen

aangedui. Dit is belangrik dat produsente

vasstel hoe hulle plaas met die algemene

potensiaal vergelyk, om gewasproduksie

sodoende te verbeter en meer doeltreffend

te maak.

Die verspreiding van die reën deur die

loop van die produksieseisoen speel ook

‘n bitter belangrike rol in die opbrengs,

terwyl die grond se waterhouvermoë,

infiltrasievermoë, dreineringsvermoë, ver­

damping (vanaf grondoppervlak) en afloop

ook krities is in die doeltreffende gebruik

en benutting van reënwater vir optimale

graanproduksie.

Ten slotte

Die inligting wat in die artikel gebruik

word, weerspieël gemiddeldes van ‘n

omgewing en verteenwoordig nie spesi­

fieke gevalle nie. Dit bly steeds ‘n gepaste

aanduiding van hoe ‘n streek se wa­

terverbruiksdoeltreffendheid min of meer

lyk. Dit is noodsaaklik dat produsente hul

eie plase teen dié gemiddeldes sal meet om

te bepaal hoe hul plase daarmee vergelyk.

Dit is nie net noodsaaklik dat produsente

hul eie produksie aan dié gemiddeldes

meet nie, maar die tendense moet ook

bereken word om vas te stel of daar

verbeterings in waterverbruiksdoeltreffend­

heid is. In die volgende gedeelte van die

reeks sal op ander gedeeltes van die land

gefokus word.

Effektiwiteit lei na doeltreffendheid

Grafiek 5: Reënval en kg graan/mm reën per seisoen in die Wesselsbron-area.

Bron: LNR-GKW en NOK

Grafiek 6: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir reënval en opbrengs per seisoen:

Wesselsbron-area.

Bron: LNR-GKW en NOK

Julie 2018

86

op plaasvlak

Bestuurspraktyke

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Adêl Mostert 2012